Halllooooo

Halllooooo

Alle passwords is vergete … Sug!

Hallo

”n Vinnige hallo! Ek mis jou maar my oë is nog treurig en ek lees nie stukke nie. Ek het jou nie vergeet nie. Hou de moed de maar in – soos my ma altyd gesê het.

Sondag Kopies

Sjoe, ek was lanklaas hier. Dis baie stil hier op die Landgoed en hier gebeur nie eintlik iets nie. Terwyl ek nou my inkopies laat aflewer is die nuus nog minder. Dit pas egter my persoonlikheid en ek is heel tevrede en gelukkig.

Ek grawe nou die dag my matriek jaarboek uit en ‘n jaarboek van 1984 van my gunsteling skool. Eish… lekker herinnering kom na vore. Ek is vreeslik tevrede met my dun lyfie wat ek dadelik vir Emily my huishulp wys. Grinnik… haar reaksie was minder vleiend! Mens moes daardie jare alles doen. Jy bevraagteken geen besluit van die oppergesag nie. Daar staan ek trots by die Oop netbal spanne… daardie dogters het ek beslis ingedoen, want ek weet tot vandag toe nog niks van netbal nie… “Sorry Girls!” Die atletiek was beter, maar sport was/is nie regtig hoog op my belangstellinglys nie. Dis lekker om hierdie kinders op te soek en te kyk hoe hulle lewens verloop. Dis soms lekker om so in die verlede rond te grawe, maar tog moet mens nie dat dit jou hele lewe oorneem, want mens is veiliger in die hede.

Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie. Dankie vir die inloer. Bly glimlag… dit help nie baie, maar troos darem.

Neeeeee… ek sukkel al meer as ‘n uur om foto’s op te laai. Hierdie nuwe formaat werk net nie vir my nie …

Sondag kopies

Sjoe, ek was lanklaas hier. Ek sukkel nog maar met die formaat… dalk word ek oud of dom. Is jy al gemaklik met die nuwe formaat? Veral die oplaai van foto’s is ongemaklik. Tog kom ek deel ‘n paar grappies om jou op te kikker.

‘n Bejaarde egpaar het op ‘n bootreis gegaan en dit was baie stormagtig op see. Hulle het agter op die dek gestaan en kyk na die storm toe ‘n reuse golf die skip tref en die ou man oorboord spoel. Hulle het vir dae na hom gesoek maar kon niks kry nie en die kaptein het die vrou terug land toe gestuur.

Drie weke het verbygegaan en uiteindelik het die ou dame ‘n faks van die Kuswag af gekry wat lui: ‘Mevrou, ons is jammer om u in kennis te moet stel dat ons u man se liggaam op die seebodem opgespoor het. Ons het hom opgetrek tot op die dek en aan hom het daar ‘n oester vasgesit waarin daar ‘n pêrel met geraamde waarde van R1 000 000 was. Laat weet asseblief wat ons moet doen.’

Die ou dame het teruggefaks: ‘Stuur vir my die pêrel en laat sak weer die lokaas!’

*****

“Oupa, ek sien oupa het ook geleer om oupa se hand voor oupa se mond te hou as oupa nies” “Natuurlik my kind – hoe moet ek anders keer dat my tande op die grond val!”

*****

Die oggend met ontbyt kla die een tante van die ouetehuis dat sy nie ‘n oog kon toemaak nie omdat ‘n jong man die hele nag aan haar deur bly hamer het. “Hoekom het jy nie die deur vir hom oopgemaak nie?” vra haar vriendin. “Is jy mal? Dan sou hy mos uitgegaan het!”

Dankie vir jou inloer. Ek hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie. Ek hoop jy is gesond en dat jy elke dag iets kry om iets oor te glimlag.

Vrydag Byskrifte

Sjoe, ek was lanklaas hier. Dinge lyk nog goed hier op die Landgoed en ons is al gewoond aan die nuwe normaal. Ek het tot die week my inkopies van PnP bestel… grinnik… ek is op die oomblik heel nederig. Ek het al die jare duidelik vir die skoolkinders verduidelik dat mense nie kan weet wat in jou brein gebeur nie, jy moet deeglik verduidelik! Daar trap ek toe in my eie slagyster. Ek is baie trots op my Samsung Notes lysie. Sug, die bestelling kom in ‘n boks gepak … ek gebruik altyd sakkies en sowaar 4x 1liter jogurt. Dis amper genoeg vir die hele landgoed. Ek giggel nou nog. As ‘n mens ‘n lysie vir jouself maak sal dit net vir sekere mense sin maak. Gelukkig kan ek volgende week weer probeer.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy altyd iets sal kry om oor te glimlag.

1

2

3

4

5

6

Sondag Kopies

Die heeltemal te koud om baie te skryf en daarom moet jy tevrede wees met ‘n paar grappies:

Na sy dood het ’n vreemde gevoel Koos se vrou beetgepak. Sy het haar man gemis.

So het dit dan gekom dat Koos se vrou by ’n spirituele medium beland. Dié kon vir Koos opspoor vir ’n intieme gesprek.

“Koos, is jy gelukkig?” Wou sy weduwee angstig weet.
“Ek is baie gelukkig.” Het Koos geantwoord deur die medium.
“Gelukkiger as hier op aarde?” Vra sy verlig.
“Ja, ek is nou baie gelukkiger as wat ek was daar by jou op die aarde.” Antwoord Koos.
“Ag, Koos, vertel my meer!” Antwoord sy weduwee uitgelate. “Is die hemel so fantasties soos hulle sê?”
“Hemel!” Kom die antwoord vinnig. “Ek is nie in die hemel nie!”

*****

Dis al baie laat die nag wanneer Koos se vrou ‘n gevroetel by die voordeur hoor. Sy besef maar te goed dis Koos wat nou eers van die kroeg af kom.

Koos skrik hom boeglam toe sy vrou skielik die deur oopmaak. Hy is stormdronk en onder sy arm knyp hy ‘n hoender vas.

“OK, OK, OK!” sê Koos, “Ek sal bieg! Ek en die merrie het al vir jare ‘n verhouding!”

“Koos jy is dronk!” sê sy vrou “Dis nie ‘n merrie nie, dis ‘n hoender.”

“Sjuut!” sê Koos vir sy vrou “Ek praat nie met jou nie!”

*****

Koos het dae geoefen om sy nuwe papegaai te leer grappe vertel. Dit wou later vir Koos voorkom die voël praat nou beter as hy wat Koos is.

Koos kry toe die blink idee om ‘n paar rand te maak met sy nuwe voël by sy plaaslike watergat.

“Die is die beste grapjas papegaai in die wêreld” spog Koos by die kroeg.
Die ouens is gewoond aan Koos se bogstories en wed hom R100 sy papegaai kan nie ‘n grap vertel nie.
En kom wat wil, Koos kan niks doen om sy papegaai aan die praat te kry nie.
Koos is dikbek terug huis toe, minus R100.

“Wat de hel is dit met jou?” skel Koos vies op die voël . “Wat het van jou grappies geword. Jy sit daar asof jy nie eens kan praat nie.”

“Inderdaad Koos,” antwoord die papegaai “maar môre vat jy my weer kroeg toe, en onthou – die helfte van die R1 000 wat jy gaan wed is myne.”

*****

Ek hoop die kopies gaan darem opmaak vir die vaal grappies. Hoop jy het ‘n lekker week. Onthou om te glimlag … ek stuur al die kopies denkbeeldig aan.

Vrydag Byskrifte/titel

Ek loop altyd en vertel vir almal wat wil luister hoe lekker dit is om afgetree te wees. Gister vertel iemand dis darem eintlik lekker om te werk en ek moet met haar saamstem. ( Nie nou meer nie) Dit was darem altyd vir my lekker om skool te hou. Dit was nie sleg om soggens skool toe te gaan en die gesiggies te sien en kinders te sien groei. Uitdagings was lekker … al was die woorde: “DAAR IS NIE GELD NIE” super bekend. Goed daar was goed wat nie lekker was… speelgronddiens, eksamentoesig, ooooo en daardie busdiens wat jy kwart oor ses by die skool moet sit. Dis darem baie lekker om gelukkig in jou beroep te wees. Is/was jy?

Dankie vir die inloer/deelneem. Jy moet warm bly en die naweek geniet. Moenie vergeet om te glimlag nie.

1

2

3

4

5

6

Vrydag … Tema/opskrif

Ek doen al ‘n hele paar jaar die Vrydag Byskrifte en hoewel mense gaaf is en inloer, het die byskrifte al minder en minder geword. Dankie vir almal wat deelgeneem het, veral aan Karel wat nooit ‘n week oorgeslaan het. Vandag toets ek die waters ‘n soek ‘n treffende tema of opskrif. Ek sien uit na jou poging …

Sondag Kopies

Alles is doodstil hier op die Landgoed. Dis beslis tyd vir ‘n paar grappies.

Die toeriste kom in Hluhluwe aan in Zoeloeland en kan nie besluit oor hoe om die naam uit te spreek nie. Na ‘n groot debat besluit hulle om maar iets te gaan eet. Hulle kom toe in die restaurant aan en besluit om die kelnerin te vra: “Ag sal jy asseblief so gaaf wees om ons te vertel hoe mens julle plekkie se naam uitspreek?” “Ja seker” is die kelnerin se antwoord, “‘n Mens spreek dit so uit: Sspuuurr!”

****

‘n Man en sy vrou gaan vir berading: Vrou: ‘Dokter, ek het niks van my 15jaar-huwelik nie……’ en sy vertel van haar man se swakhede, geen liefde of aanraking of komplimente nie, en na 15 minute vra die raadgewer haar om na hom te kom. Hy druk haar styf teen hom vas, soen haar in die nek en op die mond. Die vrou gaan in ‘n trans, en die dokter sê vir die man: ‘Dit is wat jou vrou nodig het, drie maal per week. Kan jy dit doen?’ Man: ‘Wel, Dokter, ek kan haar Maandae en Woensdae hier aflaai, maar Vrydae vang ek vis.’

*****

Die dominee en die boer stry of seks op ‘n Sondag met mevrou Boer werk of plesier is.

Die volgende dag vra die boer vir Jonas wat dink hy?

Jonas dink ‘n ruk lank hard…
Toe antwoord hy:

“Baas dit moet hom die plesier wees, want as daai die werk was, die Baas het hom lankal vir my gagee om te doen!”

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie. In die moeilike tye moet jy nie vergeet om soms te glimlag. Dit sal ook verby gaan.


Vrydag Byskrifte

Ek besef dat die meeste van julle al behoorlik keelvol is vir die virus en alles wat in die media rondgegooi word. Hierdie week was/is ‘n inwoner siek en moet in die hospitaal opgeneem word. Sy moet egter eers ‘n virustoets R850 ondergaan en die mediese fonds betaal dit nie. Wanneer sy terug kom verwag die oord weer ‘n toets wat hulle ook nie betaal nie. Nou wonder ek hoeveel betaal die fonds as jy werklik in die hospitaal met die virus land? Vanoggend hoor ek dat hulle by die begrafnisondernemers die mense wat aan die virus in 3 verskillende sakke begrawe word. Wie betaal dit? Gister tydens ‘n Zoom vergadering hoor ek dat ‘n ou oom eers na sy dood met die virus gediagnoseer is. Ons sal die werklikheid in die oë moet kyk hierdie virus gaan ons baie geld kos en alles het klaar en vir altyd verander. verander.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n warm naweek. Onthou daar is altyd nog iets om oor te glimlag.

1

2
3
4
5
6