RSS-toevoer

Monthly Archives: Junie 2018

Vrydag Byskrifte

Baie dankie vir almal se goeie wense gister. Ek sukkel nog om te lees en het nie soos in die verlede persoonlik dankie gesê nie. Baie dankie en waardeer elke boodskap.

Ek laat julle met ‘n grappie sodat jy solank darem kan glimlag. Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n mooi naweek!

Today I went to a barber’s shop for a shave. The barber asked me to put a small wooden ball in my mouth so he could get a closer shave around my cheeks.

I asked: “But what if I swallow the ball?”

He replied: “No problem sir, you just bring it back tomorrow like everybody else.”

1

33486867_2106497812963874_4592862465259208704_n

2

32267174_594959160874200_2844146627814359040_n

3

34089921_604453783258071_3575642788831690752_n

4

34711243_10156355671560070_2250012918311550976_n

5

33711472_601680526868730_7399011203873243136_n

6

DgsnH6dWAAAppj3

 

Sondag Kopies

Iemand by Eskom het ‘n vreemde sin vir humor. Vir twee Saterdae is Polokwane se krag af vir ‘n halfuur net sodra die rugby begin. Toeval? Ek wonder… waarom net vir ‘n halfuur? Die res van die week was die krag net een keer in die dag af. Ek verstaan nie eintlik die magspel nie.  Deur die krag af te skakel word die mense wat wel betaal die meeste benadeel? Ek verstaan nie hoekom hulle nie geld het vir verhogings nie. As ek nie my krag betaal nie word dit afgesit? Waarom gebeur dit nie met almal nie? Nee, ek moet my liewer nie daarin verdiep nie … ek kan niks daaraan verander.

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie vandag en dat jy boweal sal glimlag. Lekker week

34199272_2346148592278579_4993184714673094656_n

34699783_2253881618182974_5226070515910705152_n

35303840_2077295545662209_7298525547720605696_n

34062990_2249551811949288_1125696179363905536_n

35053649_2074575465934217_8004415959827742720_n

f1915e17e57c65997ed20baeab524118

34300148_2250125821891887_3968200291425189888_n

Vrydag byskrifte

Sug … as mens tegnologies geremd is, is jou lewe regtig nie maklik nie. Omdat my selfoon elke tweede dag reken daar is nie meer plek nie besluit ek op ‘n nuwe een. Ek besluit op een met 6 keer soveel plek as die oue  Kry hulp  – Laai al die ou bekendes  (Kry tot Rondo al a Turca as ringtone) Sug … ek is heel in my noppies met my kopie tot ek na die beskikbare plek kyk  – sowaar nie eers ‘n volle gb beskikbaar nie. Nee, mens kan net nie wen nie. Hulle prop die fone so vol met allerhande goed wat ek nooit gaan gebruik nie. ‘n Mens kan net nie wen nie

Dankie vir die inloer/deelneem  – ek lees nog nie blogs nie maar die kommentaar kan ek darem met die vergrootglas onder die knie kry. Hoop jy het ‘n heerlike naweek!

1

35351212_2078164225575341_2462865931223695360_n

2

34909202_2350491345177637_1481954752970358784_n

3

35415399_2178848268799249_4659904301999587328_n

4

29512430_2142709842625191_8295392337679557137_n

5

34830175_2350175391875899_5744761806304313344_n

6

34539381_2348222642071174_8977413832636891136_n

 

Sondag Kopies

Eish… daar droom ek ‘n hele skoolkonsert uit. En (skuus Lou) as jy wakker word, is tog sooooo bly dat jy nie meer konserte sonder geld hoef uit te dink nie! Tog was dit lekker en ‘n uitdaging.  Skoolkonserte is vir ouers om trots vir Jannie of Sannie te sien, om hulle te leer om in groepe saam te werk en die beste van hulle talente te maak. Ek het eers nadat ek afgetree het, besef hoe vervelig dit vir buitestaanders kan wees. Ag tyd, (en ek is skuldig) die items deur onderwysers is gewoonlik nog erger. Ook dit is suiwer sodat kinders kan besef dat onderwysers net gewone mense is. Tog is hulle gewoonlik grensloos lojaal en baie trots op Juffrou!

…. dankie tog ek hoef dit nie meer te doen nie!

Dankie vir die inloer. Die oog hou die dr. op sy tone en my hoogs gefrustreerd. Hoop jy glimlag darem nog?

35240475_2093534064195979_1351845977232769024_n

33747760_2109988649290590_5361189693121626112_n

34132861_2250131035224699_8425715611199340544_n

34594916_2348176112075827_2035029103404384256_n

35123728_1628344000603225_5938462086869811200_n

13226638_1097178883657459_3009057354119450560_n

Vrydag byskrifte!

Ek is nog baie stil, maar deel graag ‘n grappie met jou. Dankie vir die deelneem/inloer. Ek verlang na die blogs.

n Ouderling word gevra om die Sondag in die kerk ‘n paar woorde te spreek.

Hy begin om te sê :
” Geagte broers en susters!!!
Vandag wil ek met julle praat oor ‘n stukkie vleis……! DAAI stukkievleis!! Daardie stukkie vleis wat broers en susters van mekaar skei…..!!!

Dis daardie stukkie vleis wat MAN EN VROU van mekaar kan laat skei…..!!!

Dis daardie stukkie vleis wat families uit mekaar skeur so dat hulle vervreemd raak van mekaar……!!!

Dis daardie stukkie vleis wat vrouens met vrouens laat baklei, broers met broers…..!!!

Dis daardie stukkie vleis wat partykeer meer buite is as wat hy binne is…. en dan ook meer binne is as buite…..!!!

Broers en susters dit is daardie stukkie vleis wat soveel pyn en ook soveel plesier kan bring…..!!!

LIEWE BROERS EN SUSTERS, DIS DIE STUKKIE VLEIS WAAROOR EK VANDAG MET JULLE WIL PRAAT……….

DIE TONG – LIEWE BROERS EN SUSTERS! DIE TONG!”

1

32948269_443794999393259_2860087244314640384_n

2

32668019_2102304046716584_8236079417667878912_n

3

29513028_2144010292495146_1144180145761033489_n

4

34258678_2012276538844840_8645954829694271488_n

5

29542584_2142410152655160_3462335438153637892_n

6

34446806_2013893115349849_3690177459103203328_n

 

Sondag Kopies

Ek het regtig nie iets op die hart nie, maar deel graag iets vir ‘n ekstra glimlag saam met die kopies. Dankie vir die inloer.

Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel se antwoorde

* Nog ‘n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het ‘n plan uitgewerk.

* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën..
Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.

* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

* Die Egiptenare was ‘n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie ‘n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.

* Demokrates was ‘n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het….. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

33706747_2152849124744577_5379223938674982912_n

32384130_632559313803100_110358596260200448_n

33891740_10157489871777619_8841560112939139072_n

 

33664715_2152840438078779_6278666811458191360_n

33747825_2152855288077294_5675368925940940800_n

29683074_2144108675818641_5220726186849743219_n

33337105_2147791261917030_4870374583020027904_n

Vrydag byskrifte

Soos jy weet, is ek dol oor kompetisies op TV en het die hele oggend na Mej SA sit en kyk Oooooooo ek is dol oor die rokke …Sjoe ons ontwerpers hoef regtig nie terug te staan nie. Ek het ook baie gehou om al die oud-wenners te sien…. mmmmmm maar tyd het sommige van hulle ook maar goed geknyp. Ek wonder hoe dit gevoel het om na soveel jaar weer op die verhoog te verskyn.  Al negatiewe kommentaar wat ek het, is dat die aanbieders darem die sangers beter  kan klee – soveel van dik bobene het ek lanklaas gesien.

Dankie vir die deelneem/inloer. Ek kan steeds nie goed sien nie, maar hoop daar is darem ‘n oplossing in die toekoms. Vandag deel ek van die uitstekende foto’s van Juan Vera – gaan soek hom gerus op – hy is ‘n uitsonderlike fotograaf. Lekker naweek!

1

28576946_2057315274548795_2073603345008558994_n

2

31946000_2096368383976817_5669109371884273664_n

3

33848352_2108039359476386_2238929115254095872_n

4

33096404_2104602243153431_1662107727431729152_n

5

29511048_2066062120340777_13181921022202042_n

6

31949096_2096625763951079_2424474597249253376_n