RSS-toevoer

Monthly Archives: April 2015

Glimlag…

Ek het gisternag so goor geslaap dat ek sal beter voel as jy saam met my glimlag… Hoop jy het ‘n lekker dag!

1471801_910880302268103_5031988025913775626_n11129641_555377171266852_3337391318193271129_n

11188347_910743298948470_8921266545677273420_n

image012

549270_552887968182439_7898337384901430722_n

11145116_971010566265619_7989164045399022761_n

Oudword

Die Prediker (12) sê duidelik:

Dink dan nou aan jou Grootse Skepper

in die dae van jou jonkheid,

voordat die rampspoedige dae kom,

of die jare aangebreek het wanneer jy sal sê:

“Ek het geen behae daarin nie.

Vandag is Oom G uit sy woonstel na die Sorgsentrum geskuif. Hoewel almal oooo en aaa en ‘n groot ophef van hom maak, is dit vir my ‘n hartseer dag. Hy was saam met my een van ons 5 eerste inwoners. Al sy kinders het gekom en sy meubeltjies opgelaai en die ander goed na die sentrum gedra. Ek hoop dit sal goed met hom gaan …

Mens raak net weer bewus van die feit dat mens broos raak as jy oud word.

oldmanandwomanrelations

oldacordianplayer

willknitforsex

oldmendoingnothing

oldladyoutofcontrol

oldmenfluidonknee

 

Karre – Bestuurders – ongelukke

Ek bestuur met genade reeds meer as 45 jaar sonder ‘n ernstige ongeluk.  Ek het 2 verkeerskaartjies (in ‘n beboude gebied)  vir spoed en een vir parkering gekry.

Ongelukke:

1. Ek het toe ek begin bestuur het teen ‘n paal vasgery voor die poskantoor in Heidelberg.  Ek het nooit vir iemand vertel nie want ek was te skaam.

2. Een of ander oom het my spieëltjie afgery toe hy aangery het in die baan waar hy moes afdraai. -Ek is nou nog vies vir hom.

3. ‘n Skaap het sy kar agteruit laat ry by ‘n verkeerslig en so waar daaroor gelieg.  Ek was lanklaas so moerig.

4. Ek het eendag na chemo ‘n paal nie gesien en gewoon teen hom vasgery toe ek in die parkeerplek wou kom.  Dit was voorwaar my eie stupidgeit!

Ek dink ek is ‘n redelike bestuurder  Versigtig maar seker en mense gee nie om saam met my te ry nie.  Hier is op die Landgoed nog baie mense wat ry… maar ek kyk dit net so en sal beslis nie inklim nie…

Hoe lyk dit met jou bestuursvermoë … hoeveel ongelukke?  Vertel bietjie!

34309

42541

50424

4939810614142_10154601927400015_182187118191210061_n

Vrydag Byskrifte

Sjoe, die tyd loop vinnig … dis al weer Vrydag. Dis heerlik stil hier op die Landgoed. Die werkers wat langs ons bou is gistermiddag al weg vir die naweek. Dis die lekkerste lekker.

Dankie vir die deelneem/inloer.  Ek hoop jy het die allerlekkerste lang naweek!

1

10394532_1569393896653780_1907324412330725029_n

2

10410190_1569825919943911_1495905598125137741_n

3

11129908_10153257117039700_9163603963651090298_n

4

11146221_912754978776234_4095042329162067220_n

5

11063913_449370015240450_199274299540545377_n

6

6a56cb64d6e9d13ad6e425ab8a2a04ee

Dating Naked

Soms kom ‘n mens so in jou omswerwinge op die TV op ‘n brokkie af wat jou mond laat oophang.

As ‘n mens ‘n program opgeneem het, is daar altyd so stukkie van die einde van die vorige program – wat ek gewoonlik ignoreer.  Nou die dag kom ek toe egter op die laaste stukkie van Dating Naked af en my mond hang oop… algeheel skaamteloos paradeer die mense daar rond sonder ‘n draad klere aan.

Ek is regtig maar skamerig … ek trek altyd maar in die badkamer aan en uit as ek by mense kuier.  Eish, ek dink darem nie ek sal so desperaat na ‘n maat of ekstra geld soek nie. Sal jy?

naked-dating-600

Die foto is werklik nie die ware weergawe van die program nie … die meeste deelnemers is glad nie meer so jonk en ferm nie

 

Vriendskap – Glimlag

In die laaste tyd wonder ek weer oor vriende.  Ek sien daar is mense wat groepe vriende het en hulle beweeg beslis nie op dieselfde vlak nie.  Ek verstaan nie dat mens net soms ‘n vriend kan wees nie, maar dan wat sal ek nou weet of verstaan…

old-friends

Best-Friend-Quotes

Funny-Best-Friend-Quotes

Best-and-Funny-Friendship-quote

Best-Friendship-Quotes-Funny-quotes

Best-Friends-Quotes-.

Voëls

DSCN7324

Vandag deel ek graag ‘n paar voëlfoto’s en aanhalings.

DSCN5792 (2)

Be like the bird who, pausing in her flight awhile on boughs too slight, feels them give way beneath her, and yet sings, knowing she hath wings.
Victor Hugo

DSCN3916 (2)

Onthou jy nog die een?

Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby.
En die glimlag van jonk wees verberg soms ‘n ou hartseer pyn.
En eendag sien ek Sproetjies weer en my oë staar verdwaas.
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan.

En ek sê:
“Sproetjies, jy’s pragtig”.
En sy druk saggies my hand.
En sê: “Ek wens ek kon my deur jou oë sien.”

DSCN5822 (2)

Everyone likes birds. What wild creature is more accessible to our eyes and ears, as close to us and everyone in the world, as universal as a bird?
David Attenborough

DSCN5792 (2)

Elke swart kraai dink sy eier is die witste.
– Elke mens dink sy besittings is die beste

DSCN3872 (2)

Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie… – Matteus 6:26

DSCN3863 (4)

Faith is the bird that feels the light when the dawn is still dark.
Rabindranath Tagore

DSCN7314

Glimlag

Dit reën so lekker soos dit die hele somer nie gedoen het nie. Ons het die twee dae al meer as 50mm gehad en ons is ongelooflik dankbaar.

Al wat mens in die geval mag doen is om te glimlag … hoop jou Saterdag is net so lekker

image003

image009image005

image013

image006

image016

Vrydag Byskrifte

Eish, daar vang die beurtkrag van 08:00 – 10:00 my onkant. Ek was darem al lankal op maar so tweede koffietjie sou lekker gewees het.  Die feit dat ons meer as 10mm reën gehad het, maak meer as genoeg daarvoor op.

Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop die naweek is net soos jy dit bestel het. (ek is nuuskierig oor die week se foto’s … dis dalk nie so maklik nie?)

1

10959518_641355982661318_933948444272052605_n

2

11026306_955625167790929_1361941748180605096_n

3

11038377_956404617712984_4705131967668085901_n

4

11140399_916332458412204_6510504785868203887_n

5

11118831_952930318060414_9199231446993344734_n

6

11151032_955651054455007_3225747941086021177_n

Veilig

Hoe veilig is veiliheidskomplekse?

Ons woon nou al ‘n jaar en 4 maande hier en daar was al al 3 inbrake. Daar is ‘n muur met elektriese draad om. Die hek word beman en daar is wagte wat die perseel patrolleer – en daar is al meer ingebreek as in die onderdorp waar ek gewoon het vir baie jare.

Sug… mens betaal daarvoor.

Thief-Like-a-Boss_c_91197

master-thief_c_3700243