Dis ‘n heerlike windlose sonnige wintersdag. Ek is vandag nog meer bly (Wonder of dit taalkundig korrek is?) vir die aftrede. Mens hoef nie ‘n oomblik te kwel oor die kinders of al die administrasie wat in die vakansie moet klaar kom nie. Ek sien gister ‘n rapport van gr. 9 leerder wat my selfs nog dankbaarder maak. Elke vakonderwyser het ‘n paragraaf oor die kind se vordering geskryf – weet jy hoeveel werk is dit!
Wag kom ons kyk na vandag se kopies. Hoop jy vind iets na jou sin, of dat daar darem ‘n glimlag sal verskyn.
Goed ek erken daar is meer om oor te glimlag as om te koop … sug… die einde van die maand probleem.