RSS-toevoer

Monthly Archives: Augustus 2015

Sondag Kopies

As mens aftree bestaan die meeste van jou nagtelike aktiwiteite uit TV kyk, lees en soms gaan jy uit om ‘n paar nagfoto’s te neem. Jy gaan nie eintlik  ‘UIT’ nie , daarom was gisteraand toe ons buurvroue besluit om bietjie Tjainiieees wegneem te gaan koop ‘n ware uitstappie.  Sowaar daar is ‘n lewe snags daarbuite.  Die gewoonlik bekende rustige PnP wemel van die mensdom. Kindertjies hol  en die mense koop dat dit klap.  Selfs Comrade Malema in ‘n groen hempie met sy veiligheidswag wat die trollies stoot dwaal daar rond.  Sjoe – miskien beteken dit Tinatjie moet bietjie meer uitkom?

Hoop daar is ietsie vir jou om te koop die week. Indien sal ‘n glimlag darem ook al help.

68073-large-216703

155331_398638253540482_1325797285_n

11000657_826107494125539_6189084886412356831_n

11880533_906565656089902_8104835673561475670_n

safe_imageKOC392TL

11952998_936162093114879_4312340619407082316_n

Vrydag Byskrifte

Iemand het ‘n ernstige verwronge idee van my belangstellings – ek kry die week die volgende scam epos:

Your RSA Email has won R1.5M and a trip to England to watch the 2015 Rugby World Championship Games with E-Ticket ENG/RWC/SA/SBK/09/2015. Contact; phnath.rwc@gmail.com or 00447937388001. T’s and C’s apply!

Sal ek no0u spesiaal Engeland toe vlieg om te gaan rugby kyk. Nee dankie al huur julle vir my ‘n Gupta straler!

Intussen het ons die heerlikste lente dae in die Bosveld. Ek hoop jy het ‘n lekker naweek.  Dankie vir die inloer /deelneem – jy kikker altyd my naweek op.

1

11181345_10153295660428089_7529881943032809527_n2

11143568_10205870954726326_3066426499079055801_n3

11891073_10152959234606949_475935149125223138_n4

11880624_1084441358232971_4501206353625096189_n5

11889551_934453656619056_5565465305301629180_n6

11951299_1158657547530212_2042363051684112060_n

Klippie in die skoen

Die van julle wat my ken weet dat ek reeds vanaf 2006 blog en dat dit bedoel was as ‘n ernstige onderwys blog oor dinge wat mens/ons in die onderwys moet verander. Daarvan het nie veel gekom nie.  Die naam sou wees – ‘n Klippie in die skoen en ek en ‘n vriendin het vir ‘n oefenlopie Grappies op ‘n stokkie geskep min wetende dat mens dit nie kan verander nie.  Ek is egter bly dit het so uitgedraai – die Klippies in die skoen is darem net te erg negatief.

Vandag het ek egter regtig ‘n paar ware klippies in my skoen:

  1. Het jy die nuwe CELL C advertensie gesien. Goeie genugtig is dit nou nie onsmaaklik nie? Ek kan nie verstaan dat mense betaal vir sulke swak advertensies nie.  In vergelyking met Telkom se oulike babatjie advertensie steek dit darem sleg af.  Ek wonder wie is hulle teikenmark?
  2. Ons is besig om te verdrink in verpakkingsmateriaal. Ek koop graag bran muffins en die goed is sowaar driedubbel verpak. Waarom die doen die verskaffers dit. Dit stoot net die prys op en doen net niks vir die omgewing nie.
  3. Ek verstaan nie mense wat reken hulle is beter gemaak as ander nie. Mense gaan ‘n groot verrassing in die hemel kry… dis nou as die haat en nydigheid jou daar gaan kry.
  4. Ons het ‘n baie oulike verpleegsuster verloor… ons is regtig jammer. Die lewe gaan egter aan en ons gun haar ‘n beter betrekking maar dis sleg vir ons.

Nee, wag voor ek ook heeltemal negatief word, wat van ‘n glimlag:

10257352_10152456706500827_5386589075537123132_n

10390034_644857588951876_3364660116414739637_n

10411332_10152456704195827_6972963626340482856_n

11888130_513253562163503_1267272849913074035_n

11822434_881112251958396_6137437227808065931_n

11863257_903518019727999_3138999225736139259_n

Sondag Kopies

Bewolk met ‘n fris luggie hier in die Bosveld!

Hoop daar is ietsie op die lysie wat jy kan aanskaf of ten minste oor kan glimlag.

10518645_639526289510523_5680776223883885100_n

11258458_964952966884580_3387458014983249067_n

11217526_10153557509085070_7342113178998519443_n

11887936_964652843581259_6395863602863995251_n

11905802_1085221098154997_8646176602663093896_n

11008571_702023863260765_7231811428962117505_n

11899939_1077129788964128_6361299331466029200_n

Het jy geweet?

Hoop hier is te lere en ten minste dat dit jou sal laat glimlag.

Mens moet dalk ‘n plan maak… kan mens dit ruil vir brood?

11891007_966346066745270_7322686730258799738_n

Laat mens dink nê… Het hulle ‘n goeie werk daarvan gemaak?  Waarom het hulle die ander lande uitgestof? Frankryk Portugal en Nederland?  Was hulle dalk bereid om oorlog te maak?

11921695_967505313296012_1260627111268431240_n

Grinnik… wonder of hy onderhoud betaal het!

11826040_958324417547435_8827987767549093396_n

Ek ken mense wat verwant is aan krappe.

11216792_962062517173625_8744300480545611327_n

11870645_964449476934929_2896860032484486788_n

Vrydag Byskrifte

Dis die heerlikste dae hier in die Bosveld. Of dit so sal bly is natuurlik ‘n ander saak.

Hoop jy het ‘n lekker naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.

1

11138068_883217678414520_7185637747581403697_n

2

11866300_1150200608375906_6594714212081410972_n

3

11822643_1072665346077239_4629645523946197033_n

4

11846568_887740434628911_8819689479076465452_n

5

11898647_1618063358453500_4791155255281395884_n

6

11813484_881531995249755_3075677877069090440_n

Kompetisies

Ek het al vertel ek hou van realiteitsprogramme, maar is nie blind vir die tekortkominge nie.  Musiekkompetisies is rakleeftyd is vir my verby en ek kyk nie meer Idols of The Voice nie.  Ek geniet egter British got Talent – hoofsaaklik oor die verskeidenheid.

396729_443117295736104_1427739936_n 579209_443115242402976_213092860_n

Daar is egter ‘n paar vrae waarmee jy my dalk kan help:

  1. Hoeveel tel persoonlik smaak?  Dit lyk nie of die beoordelaars ‘n lys van vereistes het nie.
  2. Waarom word sulke verspotte goed altyd ingesluit? Is ek so verdroog dat dit net nie vir my snaaks is nie. Dit neem tog die plek van meer verdienstelike deelnemers.
  3. Hoe vergelyk ‘n mens uiteenlopende items? Persoonlike smaak?
  4. Ek is seker daar is letterlik duisende mense wat nie eers uitgesaai word nie, hoe word die swak inskrywings gekies  (dis die jaar nie so erg nie – maar om mense te verneder is net nie vir my snaaks nie)

Goed as jy nie kyk nie en jy het nie ‘n mening hieroor kan jy gerus maar glimlag

1544322_643394829098152_1031557996252878544_n

1560605_641756142595354_4218221121036591291_n

10802026_640651456039156_4099101593082667736_n

11216704_1071135716237386_3904389134877328725_n

11885287_417654891760652_5022499240971100943_n

11836625_10206991814731239_8579874466672124767_n

 

Sondag Kopies

As iemand ‘n lekker resep het vir water in my suikerbekkie-bottel (ek het dit present gekry) sal ek regtig baie bly wees. Daar was ‘n mengsel wat saam met die bottel gekom het maar ek weet nie waar mens nog daarvan koop nie.

Ek hoop daar is iets wat jou aandag trek by die kopies, maar dat jy darem sal glimlag ook? Lekker dag!

1184882_622071134494088_1994595874_n

11863485_1073791759297931_9083097556539125812_n

11535785_10153035031502198_981894594338290962_n

11215108_1072667429410364_8938587963683844035_n

11745624_1059966014013839_6412620430884222538_n

11825050_1068186056525168_784710916350095650_n

Vrydag Byskrifte

Oooo dis die heerlikste dag buite EN die bouers is die naweek af. Dis doodstil en ongelooflik salig.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jou naweek is net so lekker.

1

1513693_1640383382875895_4235844051395442424_n2

11015775_801773746609992_205545975142950357_n3

11050106_10204220867633573_8357586002381891327_n4

f427d8195d10c8e9e340bebc1ec246b45

XwczwUPdk6

11400986_10205508517085729_7562876082741748333_n

Van alles en nog wat!

Eish … die dekselse Firefox. Skryf ‘n hele blog en daar gooi dit alles weg behalwe die opskrif. Die lewe is dare onregverdig.

Nou sal ek maar net glimlag.

20408_1280223121992575_695335140920589771_n

10291223_10152496140079826_4601963588704408510_n

11825932_1639635966283970_8926266111034769574_n

11760266_10154590891716959_73371082661367705_nend-of-a-relationship