Ek het oorweeg om nie die foto te plaas nie, want die organiseerders het my foto uitgelaat en ek het dae lank gesukkel om die kommentaar te bekom. Die laaste verskoning was dat die program stadig aflaai en daarom sal ek moet wag tot die foto bygevoeg kan word. Dis nou nog nie by die ander nie en… wel… ek hou nie my asem op nie. Die opdrag was om ‘n foto wat ‘Eenvoud’ uitbeeld.
“Die fotograaf het goed gedoen om die windpomp nie sentraal te plaas nie, en die horisonlyn lekker laag te hou. Dis jammer mens kan nie die onderkant van die windpomp sien nie, wat veroorsaak dat dit effens in die lug hang.Om een of ander rede is daar links en regs onder wit hoekies (asof die foto op ‘n stadium gecrop is vanaf ‘n wit oppervlak) Die wit steel dadelik mens se aandag. Mens sou graag nog meer kontras in die foto wou sien.”
Die volgende week moes ons kommentaar op foto’s wat vir ons mooi is/was by die fotoskool doen, en as gereeld blogger is dit nou nie eintlik vir my moeilik nie.