RSS-toevoer

Monthly Archives: April 2018

Sondag Kopies

As mens mens stil gaan sit en kyk terug op jou lewe, en jy is pynlik eerlik, sien jy duidelik hoe sekere gebeure jou lewe in ‘n sekere rigting laat beweeg het. As ‘n mens dan dieselfde met die afgelope week doen, sien jy dieselfde patroon.  Jy sien dit wat jy gedoen het, beïnvloed ander mense en wat hulle doen en sê en anders om. Jy besef hoeveel mense omgee en hoe as jy dit waardeer. Ons het altyd die vryheid om positief te lewe. Om die hele tyd te kerm en kla en ander te beskuldig, voeg geen waarde by jou lewe nie.

Hoop jy het ‘n super naweek. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie, maar dat jy ten minste sal glimlag!

1796448_10152717013623677_755175158_n

26229944_2050210651661097_8978350079347859312_n

30656846_2122023897828412_9146692787423412224_n

26904063_1976812862349517_7017646778203838235_n

31317911_2141021402595328_3438885893346164736_n

31265260_2143174955723400_1551614964983136256_n

30727101_2128570047173797_8828962604492783616_n

 

 

Vrydag Byakrifte

Vryheid is ‘n keuse sê ons vriend Abrham en vriend Sarel beweer sy Volk is nie vry nie… Ek is lankal oor die stadium dat ek my wil ontstel oor dinge waaraan ek min kan verander. Dis dan ook dat ek die vryheid gebruik om politieke partye almal oor dieselfde kam te skeer. Die een is regtig nie beter as die ander nie. Ek verstaan nie die binnegevegte nie. Ek verstaan nie waarom hulle soveel tyd en geld bestee om hulle kollegas by te kom nie. Aan die ander kant is daar seker nog nooit ‘n groep in hierdie land gewees wat kon saamstem nie.

Geniet jou Vryheidsdag… en bowe alles, kies om gelukkig te wees. Dankie vir die deelneem/inloer. Ek hoop jy sal die naweek geniet.

1

e2ef90ece147af26eecade73d8fa9e89

2

691f25e062c8cd20975e08a15c738485

3

e18155343c6987993a17330af0d6b116

4

5a49cf4df340cf41bebfb64928cb37b2

5

837d4638dcf69da58a08aeab765a1268

6

53734d35522ec8ba145f31989e5a77dc

 

Weekly Photo Challenge: Lines

There are no lines in nature, only areas of colour, one against another.

Edouard Manet

DSCN4185

via Photo Challenge: Lines

Sondag Kopies

‘n Mens lees oor jou eie foute. Ek is nie baie presies nie en ly aan ‘n sekere mate van ADHD maar kompenseer daarvoor om vooraf te besluit wat ek gaan lees.  As mens dit lank genoeg doen kom mense dit nie meer agter nie of hulle maak uit beleefdheid nie ‘n opmerking daaroor nie.  Ons mede-bloggers is ook so ordentlik om nie heeltyd jou foute uit te wys nie. Ek lees ook so … ek lees net die woorde wat ek nodig het om die storie te volg (en so het ek soms die kat aan die spene beet). Ek hoop altyd dat ek nooit ‘n kind in my klas te nagekom het oor my eie beperkinge nie… sug.

Dankie vir die inloer Ek hoop daar is darem iets vir jou wenslysie en dat jy ook sal glimlag.

26804518_1615664615191727_4731548832900907623_n

0bdfcd442f1b97b4915a6df9a3fd4526-2

22549845_1712075448867562_1401571038390306237_n

30712772_10213721748811629_6019254539816497541_n

17904337_1341682172589974_8574989785478628261_n

10599365_10154526518040058_6738505729050367473_n

30440796_10155507460331009_8664726486772613120_n

29595202_2114711355479816_2521413202232672070_n

Vrydag Byskrifte

Eerlikheid is hoog op my lysie vir ‘n goeie lewe. As mens eerlik ‘n fout maak hoef jy nie ‘n verskoning uit te dink nie. Ek het nie veel om weg te steek nie en daarom is my FB-profiel op Public gestel. Dalk is dit dom en kan mens aangeval word en jou inligting onregmatig gebruik word. Tog voel dit of die beperking mens se vryheid aan perke lê. As blogger het ek op Mweb sowel as Litnet onder trolle deurgeloop en weet hoe dit mens se menswaardigheid geknou word.  Om egter alles toe te sluit en bang te wees vir elke ding wat met ander mense gebeur, is volgens my om jou eie lewe te beperk.

Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek en onthou om darem aan te hou glimlag.

1

30716452_1618446731611306_6990919856837099520_n

2

30715867_1618334741622505_8403361612093718528_n

3

30688649_1850947481864357_1814240975204122624_n

4

30726436_1851817451777360_6254103567074852864_n

5

30657038_1616233188499327_5935919328791625728_n

6

30707937_2028071507220140_6401450943995580748_n

 

Weekly Photo Challenge – Prolific

 

Periods of tranquility are seldom prolific of creative achievement. Mankind has to be stirred up.

Alfred North Whitehead
DSCN1341.JPG

via Photo Challenge: Prolific

Sondag Kopies

Is dit vir jou ook lekker om te gee? Hier op die Landgoed ruk die ding eintlik hande uit, want jy gee nie ‘n bordjie terug sonder iets op nie … grinnik … nou die aand het ek iemand se vurk gebruik en tuis gewas en ‘n geurige sakkie koffie daarin gehak toe ek dit terug gee. Dis vir my al te lekker om spesiale dinge uit te dink om vir ander te gee. Die waarde vir my lê nie in die geldelike waarde nie, maar in die blink gedagte wat ek dink spesiaal vir die ontvanger sal wees. Die heel lekkerste is egter om iets vir iemand te gee sodat die persoon nie weet van wie dit kom nie en as jy sien hoe die persoon dit geniet. Nou moet ek net ‘n klomp geld by die Lotto wen.

Dankie vir jou inloer. Hoop daar is iets vir jou wenslysie, maar dat jy darem iets sal sien wat jou laat glimlag. Hoop jy het ‘n vrolike week.

 

15036540_1153348428033611_3310052522831123151_n

13346832_1031933100175145_5316194414820639396_n

26815054_1520318771370981_6229960684463988993_n

29425144_2108158182801800_8781253128516272128_n

30264803_1826942433991316_2753817611539054592_n

IMG-20180409-WA0013

30222195_165263510858720_3114172832326615040_n

29511999_160573447953434_5050722382991275601_n

30221563_983674451786824_5629407175236386816_n

IMG-20180221-WA0001

 

Vrydag Byskrifte

Eish… daar sit ek opgewonde met ‘n koppie stomende koffie in die hand en wag vir die Dames 7’s se wedstryd teen Kanada. (Ek het vir een van die SA-spelers skool gehou) As ‘n mens na die omroepers luister bestaan daar net 3 spanne – Australië, New Zealand  en Kanada, maar Tinatjie sit nogtans vol verwagting en vol vertroue, want ons is mos ook nie te sleg nie. Maar (Skuus Lou) groot is die teleurstelling … ons span was nie eers naby hulle doellyn nie. 29 – 0 SNIK! Ek kan nie eers met vertroue sê ons was nie te sleg nie… sug…ons was regtig nie goed nie!

Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek! Ek hoop vandag se foto’s sal my(en jou) ten minste laat glimlag! ❤

1

29570627_896801000481734_5666293579985657700_n

2

IMG-20180409-WA0011

3

29595406_896800950481739_2811086177927163307_n

4

29598280_425698601202899_8707235056576542723_n

5

12072692_10153331265124107_7029671309813130813_n

6

tumblr_p50xaldSKv1tj8veko2_500

 

Weekly Photo Challenge: Awakening

The whole art of teaching is only the art of awakening the natural curiosity of young minds for the purpose of satisfying it afterwards.

Anatole France

DSC01560

via Photo Challenge: Awakening

Sondag kopies

Lekker eet was nog altyd ‘n stokperdjie van my. Ek sê altyd ek was nog nooit honger nie maar is altyd lus. As mens so alleen is, eet jy nie baie gesond nie en eet jy baie kitskos. Hier op die Landgoed eet ek nou elke weeksdag ‘n bord gekookte kos. My ma sou beslis daarmee saamgestem het. Naweke doen ek egter daai kitskos ding want ek hou daarvan. Elke paar besluit ons op ‘n Saterdag dis tyd vir Tjaniese  en gister was dit sulke tyd. Ek hou van rys en sal maklik 3X ‘n dag rys eet. Mmmmm dis al te lekker en soveel kos vir relatief min geld, dat mens twee keer daarvan kan eet.

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie maar bowe als dat jy sal glimlag.

417968_518012271567233_406968130_n

29792532_10156173162856704_219911485205184770_n

21369144_802703969891438_4132530192877238010_n

923424_516195851748875_338102954_n

29028048_2052317358131088_7577924418844753920_n

28379801_1215124818621198_8499033365589185799_n

untitled

28575910_2213811101966116_5362986860019014215_n

27972961_382996032178467_1794146745617335260_n