So van kopies gepraat … my bed is seker meer as 25 jaar oud en dit begin tyd raak dat ek dink aan ‘n nuwe. Eish, en is die keuse groot. Met die idee dat dit seker my sterfplek kan wees, wil ek darem dit dit gemaklik moontlik maak. (Giggel senuweeagtig… ) In die sorgsentrum is daar hospitaalbeddens, maar my behoefte is groter. Nou kyk ek na die elektroniese beddens. Daar is baie om van te kies, maar kos natuurlik baie. Hulle kom met of sonder matrasse wat die natuurlik nog duurder maak. Omdat ek betower word deur alle elektroniese goed, is die soek ‘n heerlike plesier. Die een wat ek in die oog het, het tot ‘n vibreer funksie en 5 verskillende verstellings. Ek sal maar eers kyk hoe lyk die effense verhoging en die belasting, maar ek brand van begeerte. Hoe lyk dit met jou bed? Nog tevrede? Wat sou jy oorweeg as jy ‘n nuwe koop?
Dankie vir die inloer. Hoop daar is ietsie vir jou wenslysie die week. Dalk moet ek beddens by volgende week se kopies voeg. Onthou om te glimlag.
Vir die virus wat op pad is.