Sjoe, ek was lanklaas hier. Dis baie stil hier op die Landgoed en hier gebeur nie eintlik iets nie. Terwyl ek nou my inkopies laat aflewer is die nuus nog minder. Dit pas egter my persoonlikheid en ek is heel tevrede en gelukkig.
Ek grawe nou die dag my matriek jaarboek uit en ‘n jaarboek van 1984 van my gunsteling skool. Eish… lekker herinnering kom na vore. Ek is vreeslik tevrede met my dun lyfie wat ek dadelik vir Emily my huishulp wys. Grinnik… haar reaksie was minder vleiend! Mens moes daardie jare alles doen. Jy bevraagteken geen besluit van die oppergesag nie. Daar staan ek trots by die Oop netbal spanne… daardie dogters het ek beslis ingedoen, want ek weet tot vandag toe nog niks van netbal nie… “Sorry Girls!” Die atletiek was beter, maar sport was/is nie regtig hoog op my belangstellinglys nie. Dis lekker om hierdie kinders op te soek en te kyk hoe hulle lewens verloop. Dis soms lekker om so in die verlede rond te grawe, maar tog moet mens nie dat dit jou hele lewe oorneem, want mens is veiliger in die hede.
Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie. Dankie vir die inloer. Bly glimlag… dit help nie baie, maar troos darem.











Neeeeee… ek sukkel al meer as ‘n uur om foto’s op te laai. Hierdie nuwe formaat werk net nie vir my nie …





Die “goeie” ou dae! My oudste dogter is in 1984 gebore!
Hoekom sien ons nie ‘n paar fotos uit daai dagboeke uit nie?? ๐ค๐
Dankie vir die lekker lag… ek laaik dit oor ‘n honderd om hie ‘n draai to maak… ongelukkig nie dikwils genoeg nie!
Mooi bly!
probeer hierdie:
https://www.wpbeginner.com/plugins/how-to-disable-gutenberg-and-keep-the-classic-editor-in-wordpress/
Moet nou nie selfsugtig wees en ons weerhou van de fotos nie Tina!!! Wonder of daar van de slang in de foto bo dit se vleis in de platter is? Gou van die mannetjie in sy teebad
Nuwe dinge is en bly maar n uitdaging. Sou ook graag die netbal foto wou sien.
Sug mens kan nie die klok terug draai nie.
Ja jong, dis waarom mens n brein het om alles te herleef en te kyk hoe dit lyk.
Die pienk volla asb.
So funky een is oppad!
Dankie!
I love the bench with the umbrella. ๐ The fridge full of chocolate is wickedly tempting. Happy Sunday, Tina. xxx
Ek laai dit op ‘n vragvliegtuig!
Daardie lamp met die sambreel en die bankie kan dalk hier by ons werk!
Dis oulik maar dalk bietjie hoog?
mmmm, dalk!
Daai stoelmannetjie met die kort armpies is te kostelik vir woorde, maar sal hy nie dalk ‘n bietjie mankoliek wees nie.
Hehehehe dis eintlik ‘n gewone stoel met ‘n gebreide oortreksel … dis nou vir die mense wat moeg is om gewone goed te brei!
Ek lief daardie boomhuis.
Sit net ‘n hysbakkie in?
Fantastiese keuses! – met een uitsondering, ek’s seker jy weet watter ene…
Op die ou end vra ek die yskas, ‘seblief, maar op een voorwaarde: die inhoud moet SUID-AFRIKAANSE sjokkies wees.
Dis nou interessant … dink jy ond tjokkies is lekkerder as anderland? …hehehe goedkoper? Daai yskas se inhoud is ‘n leeftyd se eetgoed!
Oulike goeters. Daai geel bed sal gaaf wees dankie. Nou plaas bietjie daai foto uit die jaarblad! Jis, jy is snoep om te wys hoe jy lyk! My kubergefundeerde beeld van jou is van ‘n baie nice mens.
Daai bed is heerlik in die sonnetjie! Goeie keuse.
Ons het mos almal maar ons geite… sug!
Lekker om weer van jou te hoor, Tina, en ek bestel sommer nou al n paar van daai smullekker platters vir my verjaarsdag in Desember.
Ek sal solank een voor die tyd bestel en jou laat weet hoe lekker dit is. Lekker week! Veilig bly!
Nee kyk, vandag is hier heeltemal te veel wat ek van hou, Tina! Die rooi scooter is ล wenner, maar so ook die pienk Volksie. Die piepklein aftree huisie sal handig te pas kom. Daardie lieflike slaapkamer ook. En die vleisbord! Nee jong, vandag wen jy my.
Ek laai alles op ‘n groot lorrie of twee!
Dankie dankie.
Hulle sal vir jou wag as jy uit die skool kom!
Jippee!!!!๐บ๐บ๐บ
๐
ik ga voor de VW Kever
Ek stuur dit op die eerste vliegtuig! Gaan dit goed? Is jy nog gesond?
ja ik ben nog gezond
jij ook toch hoop ik
Ja dankie. Ek bly tuis.
okรฉ
ik ga morgen wandelen
Geniet dit.
absoluut
ja de dierentuinen waren hier ook een 3 maanden dicht , nu open voor een beperkt aantal bezoekers
Wonderlik… hier is ons nog nie by die draaipunt nie!
komt goed