Die tyd vir wonderwerke is nog nie verby. Vanoggend loer ons in by ‘n Kersmark by ons gunsteling teeplekkie en daar kry ons al drie ‘n sms wat wys dat ons die nuwe ID-kaarte kan gaan afhaal. Presies ‘n week- in Afrika? Ongelooflik?!?

Dit gaan oor permanente poste. Poskantoor wou
a. Van sekere poste ontslae raak
b Groot gedeelte van die tydelike (kontrak) permanent aanstel
c Multi termyn salaris ooreenkoms aangaan
Dit klink nou miskien logies vir jou en my maar ek het nie meer kontakte daar om die ware storie van die aanwending vas te tel nie
Met die egskeiding van pos en telekommunikasie was hul in die bes moontlike posisie geplaas. Alle geboue wat hulle alleengebruikers van was is aan hulle oorgedra. Alle gedeelde geboue is aan hulle oorgedra met mediumtermyn huurkontrakte vir die spasie wat Telkom gebruik. Alle lening is na Telkom toe oorgepaas en was binne vyf jaar afbetaal. Alle voertuie is aan die spesiaal gevormde bestuursmaaskappy oorgedra. en lewenshuur en onderhoud kontrakte was opgestel teen tariewe wat 2% meer was as die aankoop, onderhou en bestuurskoste.
‘ n Hele paar onnosel besluite soos die verkoop van 90% van die eiendom. Die kansellasie of nie hernuwing van posvervoer kontrakte. Vervanging van meubels en toerusting op geen vaste skedule en van BEE verskaffers.
Ek wil nie waag om te voorspel wat gaan uiteindelik gebeur nie maar ek glo nie dit sluit privatisasie in nie.
Miskien moet ons maar styf duime vashou vir nog ‘n wonderwerk.
