RSS-toevoer

Monthly Archives: Mei 2017

Sondag Kopies

Ek het gisteraand die ou fliek The Devil wears Prada gekyk en dit regtig geniet. Met al die slegte nuus en slegte dinge wat gebeur moet mens darem jou vermaak so kies dat dit jou darem beter laat voel, al is dit net vir ‘n oomblik.

Hier is dit koel maar nie so erg soos voorspel is nie. Ek hoop daar is iets by die kopies vir jou wenslysie en iets wat jou laat glimlag.

18581948_1337642056324242_7279891548738498108_n

16729055_1193165224124882_8723776954850852147_n

18342826_1754248011534134_602467946029018023_n 18342014_1754248038200798_3929244836008191149_n

18622335_679042602278909_4430164064534282948_n

18671207_679464325570070_3657475906700269251_n

rainbow-pencils-4

sub-buzz-19878-1471560206-2

 

 

Weekly Photo Challenge – Evanescent

DSCN5231 (2)

via Photo Challenge: Evanescent

We’re born alone, we live alone, we die alone. Only through our love and friendship can we create the illusion for the moment that we’re not alone.

Orson Welles

Tyd

b65b58d47bc222c3207ca2661d43077a

In Juniemaand se Sarie groet Koos van der Merwe vir die laaste keer na 15 jaar se skryf van die agterblad rubriek. Dis vir my ‘n persoonlike verlies. Naas Izak de Villiers was hy ‘n groot gunsteling en kon my talle kere met ‘n knop in die keel laat na die lees van sy werk. Maar (skuus Lou) die tyd loop aan.

Ek is nog al die jare ‘n tydskrifentoesias. Die oud-Mweb en Litnet bloggers sal weet dat ek ‘n getroue Huisgenootleser.  (Ja,ja ek is regtig oud en slim genoeg om die koring van die kaf te skei)  Die tydskrifding kom beslis al van kleintyd af. Daar was nie eintlik geld vir tydskrifte nie,  maar vriende het  vrygewig altyd ou tydskrifte aangegee wat dan verslind is. Familie het begin deur De Spiegel en Panorama uit Holland aan te stuur – wat ‘n groot saligheid was dit nie. Iemand het ook vir ons ‘n stapel Patryse en fotoverhale geskenk. Die tydskrifte was later geel en verflenter gelees. en later het ons vir ons papierpoppe klere daaruit gemaak. Die lekkerste was ‘n prentjie van gordyne wat die rok dan heerlik in voue laat hang het.

‘n Ander lekkerte was die Womens Weekly beslis die voorlopers van die Mills & Boons wat ook verslind is.  Daarby kom ook die Landbouweekblad wat my pa self gekoop het, en wat jy vakansies in volgorde gesit het om die vervolgverhale te lees. Ander skenkings van tydskrifte soos die Brandwag, Sarie, Rooi Rose was ook gewild.  Ek wonder of die skenkers ooit besef het hoeveel vreugde hierdie geskenke verskaf het.

Later toe mens self kon koop of ruil wat daar meer resente tydskrifte… Klasgids, Standpunte, De Kat, Lantern  en die SA Panorama kan ek onthou. Op die oomblik koop en net die Huisgenoot , Vrouekeur en die Sarie wat ek uitruil met Tannie P wat die Rooi Rose koop. Ek kan tog met volle oortuiging sê dat my lewe sonder tydskrifte beslis vaal en oninteressant sou gewees het.

Oeps, hier wou ek oor TYD skryf en verdwaal toe tussen die tydskrifte… sug…

Sondag Kopies

As mens weer sien is dit weer Sondag.  Ek hoop jy sien iets vandag vir jou wenslysie. Indien nie hoop ek daar is darem iets wat jou sal laat glimlag.

18342611_1653469231347230_8920140960080344857_n

18446531_840865282737538_8581084118040697355_n

18034286_1904737806471711_7698692598712823477_n

18342302_1375317895881762_2282648680624965495_n

3a76bf4b89a2e0413b730d16480d30a1

18056879_1634796513214502_348172444340653223_n

18342014_1754248038200798_3929244836008191149_n

 

Weekly Photo Challenge – Heritage

You don’t stumble upon your heritage. It’s there, just waiting to be explored and shared.

Robbie Robertson

Image00001

via Photo Challenge: Heritage

A people’s relationship to their heritage is the same as the relationship of a child to its mother.

John Henrik Clarke

Vrydag Byskrifte

Die winter is hier. Gelukkig is die dar lekker sonnig en nie te koud nie. Dis tyd dat ons die soppotte begin uithaal.  Ons hou styf duime vas dat die droë dele begin reën kry My keel trek sommer toe as ek dink hoe erg die droogte vir mens en dier is.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek

1

18491478_1659481364079350_6171533289728252440_o

2

18274899_1644549895572497_1502035238486960852_n

3

Piegon-On-Girl-Head-Funny-Vintage-Image

4

Kid-Riding-Tortoise-Funny-Vintage-Image

5

wtf-hilarious-vintage-old-timey-black-and-white-photos16

6

18342374_1653468418013978_1861675982237779243_n

Van alles en nog wat tjommeltjie

Vandag het ek ‘n paar dinge op die hart:

  1. Vir baie jare wat ek Afrikaans aangebied het vir laerskool kinders, het ek probeer om die taalreël so maklik moontlik te verduidelik sodat hulle dit vir ewig sal onthou. So het mens die manlik en vroulik in lyste gegee en was dit altyd ‘n lekker eksamen vraag.   Ram – ooi, bul – koei, mannetjie – wyfie Nou die dag is hierdie trotse tradisie wreed vir my omvergegooi.  Njala bul met ‘n Njala ooi… Ek het gestry dat die blou wolke op my staan, maar ek is blykbaar verkeerd…. Sug… ek haat dit om verkeerd te wees.

  2. Ek het ook al die jare gereken dat elke kind geregtig daarop is om onthou te word. Ongelukkig werk dit ook nie so nie. Ek is nou die dag genooi na ‘n twee waar daar ‘n hele paar oud-leeders van my was. Sowaar is daar toe ‘n jong vrou wat ek om die dood nie kan onthou nie. Dis sowaar of my brein leeg is. Ek het om verskoning gevra maar wonder nog vir dae waarom ek haar nie kan onthou nie…Sug… ek haat dit as ek so vergeet.

  3. Ek verloor nie graag weddenskappe en omdat ek bietjie jonger as die meeste Landgoedinwoners is, wed ek hulle graag, want my ore is so goed en heeldag besig om te luister – bang ek mis iets.  Ek wed dan maklik R20 maar hulle wil nie meer byt nie, want hulle weet hulle gaan verloor.  Gister wed ek toe ‘n vriendin oor ‘n boomsoort en sowaar daar verloor ek… Sug… Ek haat dit om te verloor.

  4. Ons nuwe eetsaal word volgende week amptelik geopen. Alles word gepoets en blink gevryf. Almal is baie dankbaar vir die weelde waarsonder ons so gesukkel het. Ek het egter nog nooit van ‘funksies’ gehou nie. Ek het doen nie ‘mense’ nie verkondig ek altyd aan almal wat wil luister.  Noudat ek afgetree het, kan niemand my meer verplig laat voel om dit by te woon en daarom het ek vriendelik laat weet ek sal dit nie bywoon nie… Sug… Die aftrede is op baie vlakke ‘n wonderlike voordeel.

Genoeg getjommel. Het jy al geglimlag vandag?

13178669_1146304842087209_8610380994763962391_n

21-Embarrassing-Photos-14

16832065_1347661831921692_5372848570894396625_n

13151988_1147127268671633_897593371842415066_n

15380557_1491605807533574_6029527846531045141_n

17457472_1864004257202018_286081721155147336_n

 

Sondag Kopies

Ai die internet en veral die interaktiewe werwe is darem regtig nie gemaak vir ouer mense wat voor die industriële revolusie gebore is nie. ‘n Tyd gelede het ek met my leser gesukkel en toe kom dinge sommer van self reg. Die afgelope twee maande het die ‘follow’ blokkie  wat altyd regs onder verskyn, verdwyn en ek het maar eers nou die dag agter gekom dat mens iemand kan ‘follow’ as hy/sy iets van jou  ‘like’. Waarom verander die programontwerpers alles so gereeld? Besef hulle nie dat my kop nie meer so vinnig werk en dat ek nie heeltyd ‘n tiener het om te help nie.

Wag laat ek ophou kerm en mopper.  Hoop jy het ‘n heerlike Moedersdag en hou tog op kerm dat elke dag moedersdag behoort te wees. Die vermoë om aan te kan pas, is tog ‘n goeie eienskap.  Ek hoop daar is ietsie tussen vandag se kopies wat jy vir ‘n moeder kan aanbied. Geniet die dag… en onthou om te glimlag.

17883938_926859150784525_9138056706156545780_n

25-Cute-and-Funny-Animal-Garden-Statues-21-630x630

14641899_1804711393141020_342415743949074879_n

16640861_1193165164124888_4312286279968515770_n

17309773_1278774368877566_2014200776227341068_n18198232_1642667982427355_923328111962356186_n

18278656_1647558455271641_449117577482541951_o

18156950_1906352362976922_4813233815910767832_n

Weekly Photo Challenge – Reflecting

DSCN7218-1

via Photo Challenge: Reflecting

As social beings we live with our eyes upon our reflection, but have no assurance of the tranquillity of the waters in which we see it.

Charles Horton Cooley

Fotografie

Na die voltooiing van my laaste fotografiekursus het my fotografie bietjie stilgestaan. Dis baie makliker as mens ‘n opdrag het om daarvolgens foto’s te neem. Die naweek het ek egter weer kans gehad om foto’s van een van my gunsteling modelle te neem en weereens besef hoe lekker dit is.  Die program waarmee ek die foto’s kleiner maak het egter ‘n nuk ontwikkel en ek moes die hele dag sukkel om die foto’s reg te draai want dit draai elke keer weer terug… sug.

Ek deel graag ‘n paar foto’s. Ek hoop jy het ‘n lekker middag!

DSCN0016 (2)

(Ek sien nou net die hond se voet is afgesny )

DSCN0064 (3)

Ek dink ek begin die teenoorstaande spieëls onder die knie te kry.

DSCN0092 (2)

DSCN0080 (2)

DSCN0048 (2)

DSCN0111 (2)