Monthly Archives: Januarie 2020
Sondag Byskrifte
Eish, skielik word ons sportspanne treuriger as treurig. Oor die krieket kan jy net droewig huil en toe val die Blizbokke tot amper in die laaste plek. Waar het jy gesien dat selfs Kenia hulle wen? Om alles te kroon het ek besluit om weer ‘n slag ‘n Dream Team vir die Super Rugby in te skryf … ons het nog nie begin nie en ek het al amper klaar heel laaste klaargemaak.
Sug… dankie egter vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike week en dat jy sal onthou om te glimlag.
1
2
3
4
5
6
Vrydag Kopies
Toe ek dit klaar getik het besluit ek nou waarom nie. Drome van ‘n Sondag of Vrydag verskil seker nie baie nie. Eers kan ons die naweek in gaan met ‘n grappie:
Gatiep en Meraai breek op, maar Gatiep het darem vir Meraai ‘n gift gekoop. Meraai skeur die lint af en maak die boks oop. “Wat moet ek maak met ‘n rocket?” vra sy. Gatiep kyk vir haar en smile: “Jy soek mos space….nou gaan!”
****
Twee mans kom uitgestap by die drankwinkel. Gert sê vir sy vriend: “Koos, jy moet die karwag ‘n ‘tip’ gee!” Koos: “O ja, amper vergeet ek.” Koos draai sy venster af en sê vir die karwag: “Moenie direk in die son kyk nie, dis sleg vir jou oë.”
****
Hoe weet jy ‘n vrou gaan iets intillegent sê? As sy begin met die woorde “MY MAN HET GESê….”
Geniet jou naweek. Ek hoop jy sal darem glimlag en dat daar darem ‘n kopie vir jou ook by is.
Vrydag Byskrifte
Ek het baie respek vir karwagte. Hulle wil werk en moet in enige weer hulle werk doen. By elke winkel wat ek gereeld besoek het ek ‘n gunsteling karwag wat uit hulle pad gaan om my ‘n gerieflike parkeerplekkie te gee. Goed die R5 is ‘n gegewe, maar soms stap hulle die ekstra myl. Vanoggend kry hy my nie in die een waarin ek gewoonlik parkeer, maar klop aan my passasiervenster en wys my ‘n beter een. Tinatjie Klipkop vergeet sowaar om die venster toe te maak. Ek is al diep in my inkopies toe hy kom sê my venster is oop… ek gee my sleutels (ja,ja ek weet dis nie wat ek moes doen nie) Ek hou hom angstig dop en hy bring my sleutel veilig terug. Met al die skelms en negatiewe goed waarmee ons elke dag te doen het, is daar nog baie dinge wat positief is. Ons moet dit net raaksien.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek (met baie reën)
1
2
3
4
5
6
Sondag kopies
Ek wil nie te veel praat nie, want ons het twee heerlike dae sonder die verstikkende hitte en sonder beurtkrag. ‘n Mens moet nie te veel sê nie, want dit kan in ‘n oogwink weer verander. Wat van ‘n paar grappies:
Weens beurtkrag moet baie mense vroeg kooi toe. Oor nege maande gaan ons babas kry met die volgende name: Kers Grobler, Vroegslaap Jordaan, Generator van Zyl . . .
***
What did South Africans use before candles? Electricity
***
Sien beurtkrag werk so: as jy krag het, is dit nie jou beurt nie
***
Die Eskom effek – as al die kerse in jou huis vanself begin brand as hulle hoor ” aag verdomp”
Dankie vir jou inloer. Ek hoop daar is ietsie na jou sin. Onthou om altyd iets te kry om oor te glimlag.
Vrydag Byskrifte
Eish, hierdie beurtkrag is nie vir sissies nie. Ons dorp is in 16 dele verdeel in in ‘n siklus 4 dae het ons 3 2uur sessies van beurtkrag. Die in die dag is ok, want jy kan jouself besig hou, maar die dekselse 19:00 – 21:00 maak my wiele pap. Ek het gelukkig ‘n battery radio maar dit bly die langste 2ure ooit. Ek moet egter dalk ophou kla, want daar is gebiede/dorpe wat 4uur sessies het, of twee en ‘n half uur sessies het. Aan die ander kant het ‘n vriendin wie huis deur die munisipaliteit gemis word… sug…SUG…sug.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike nat naweek. Onthou om te glimlag.
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies
Nou die aand toe ek na die stomme mense wat in die kerk opgebondel sit, kyk, wonder ek of daar nie ‘n oplossing kan wees nie. Mense stroom na die stede met die hoop op werk en ‘n beter lewe. Diep in my hart sal ek ‘n goeie kommunis wees… Alles vir almal… ens. (Ja, Ja ek weet!!!) Toe wonder ek of mens nie alle vlugtelinge na die lande met die meeste grond moet stuur. (Ja, Ja ek weet!!!) Kyk na die volgende:
- 7 – India. …
- 6 – Australia. …
- 5 – Brazil. …
- 4 – People’s Republic of China. …
- 3 – United States of America. …
- 2 – Canada. …
- 1 – Russia. … Kyk net hulle het die meeste plek!
Dan die lande met die meeste inwoners:
1. China | 1,389,618,778 | 6. Brazil | 210,301,591 |
2. India | 1,311,559,204 | 7. Nigeria | 208,679,114 |
3. United States | 331,883,986 | 8. Bangladesh | 161,062,905 |
4. Indonesia | 264,935,824 | 9. Russia | 141,944,641 |
5. Pakistan | 210,797,836 | 10. Mexico | 127,318,112 |
Die hoeveelheid vlugteling is angswekkend:
- Syria — 6.7 million refugees. …
- Afghanistan — 2.7 million refugees. …
- South Sudan — 2.3 million refugees. …
- Myanmar – 1.1 million refugees. …
- Somalia — 900,000 refugees. …
- Sudan — 725,000 refugees. …
- Democratic Republic of the Congo — 720,300 refugees.
Dit maak my hartseer om te dink dat so baie mense swaarkry, terwyl ek so lekker met my middelklas lewe voortgaan en kerm oor klein dingetjies.
Intussen het ek darem vir jou ‘n paar kopies uitgesoek. Ek hoop daar is iets vir jou. Hoop jy sal ‘n heerlike week hê.
Vrydag byskrifte
Ons moet maar die nuwe jaar ingaan met ‘n grappie:
Op ‘n dag loop Jannie in die straat af en sien hy sy vriend, Piet, ry ‘n nuwe bakkie. Piet hou met ‘n groot glimlag langs hom stil.
“Marietjie het dit vir my gegee” sê Piet,
“Vir jou gegee? Ek het geweet sy hou van jou, maar ‘n splinter nuwe bakkie?”
“Wel, Jannie laat ek jou vertel wat gebeur het. Ons het op die plaaspad uitgery tot in die middel van nêrens. Toe trek Marietjie van die pad af, ry met die 4×4 tussen die bome in, hou stil, trek al haar klere uit en sê:
“Piet, vat vir jou wat jy wil hê!”
“Toe vat ek die bakkie.” “Piet, donner, jy’s ‘n slim ou. Marietjie se klere sou nooit vir jou gepas het nie.”
( Jan Karsten)
Hoop jy sien kans vir nog ‘n naweek. Geniet dit. en moenie ophou glimlag nie.
1
2
3
4
5
6