Ag nee wat , waarom moet jou aan ander se oordeel steur? Ek lees in die Huisgenoot dat ouer mense nie pienk kan dra nie of bietjie bling op die naels sit nie. Ek beweeg in ‘n redelike konserwatiewe middelklas gemeenskap en as jy my nou vra watter klere enige persoon vanmiddag met middagete aangehad het, kan ek jou nie sê nie. Ek weet wel dat Oom V ‘n dik verband om sy arm het, want hy het geval. Noudat ek daaraan dink het Tannie E ‘n pragtige piek uitrusting aan en dit lyk pragtig. Dit maak ook nie dat ek minder deernis vir hulle het nie.
Ag nee wat, waarom moet mense juis ouer mense so uitsonder. Mens trek tog maar aan dit waarin jy gemaklik voel. Mens se behoeftes het verander. Jy is nie meer elke dag in ‘n formele omgewing nie, maar ook nie eintlik die hele tyd op vakansie nie. Waarom kan jy nie jou hare kleur nie en soms ‘n interessante kleurtjie bysit nie. Dit maak tog nie van jou ‘n ander mens nie?
Ag nee wat, kom ons vergeet maar van die suurknolle en glimlag ‘n bietjie!





