Tweede Sondag wat ek niks het om te berig, want dis stil op die Landgoed. ‘n Grappie of twee kan jou dalk opbeur.
Pieter: “Jan, het jy gehoor Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?”
Jan: “Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?”
Pieter: “Nee. Hy het net ’n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.”
*****
Die toeris vra: “Do you know psychology, methodology or geology”
Gatiep sê: “Nei my broer! I don’t know any of those big words”
Toeris: “you sure don’t know anything my friend”
Skielik stamp die boot ‘n rots en kry ‘n lekkasie en begin om te sink!
Gatiep vra: “Do you know swimology or escapology away from the crocodology!!!”
Toeris: “What the hell do you mean”
Gatiep: ” Well today you are going to see your poepology just before you versuipology and then vrekology”????
*****
‘n Jong regsstudent druip sy eksamen en besluit om met sy briljante Professor te gaan praat daaroor.
Student: “Prof verstaan u als omtrent hierdie vak?”.
Prof: “Ek sou so dink, anders sou ek sekerlik nie n professor gewees het nie, sou ek?”.
Student:” Aanvaarbaar Prof. aangesien u so baie weet wil ek ‘n ooreenkoms met u aangaan, kan ek u ‘n vraag vra en as u korrek antwoord,
dan sal ek my punte aanvaar nes dit is, maar as u nie korrek kan antwoord nie, dan is dit u plig om my n “A” te gee”.
Prof: “Hmmmmm goed.Wat is die vraag?”.
Student: “Wat is wettig maar nie logies nie, logies maar nie wettig nie en ook nie logies of wettig nie?”.
Die prof dink so al wat hy kan, maar kry nie n antwoord nie.
Hy gee toe maar vir die student n “A” en die student is hoog in sy noppies toe hy daar uitstap. Die professor het die hele dag steeds gedink en gewroeg oor die vraag en besluit toe
om n klompie van sy mees briljante studente bymekaar te kry en vir hulle die vraag te vra. Skaars het hy die vraag gevra of almal steek hul hande in die lug en die prof, met rooi wange van verleentheid, besluit om een van sy gunsteling studente geleentheid te gee om die vraag te beantwoord.
“Dis eintlik maklik Prof. u is 75 jaar oud en getroud met n 30 jarige vrou – Dis wettig maar nie logies nie”.
“U vrou het ‘n skelm affair met n 22 jarige student – Dis logies maar nie wettig nie”.
U vrou se skelmpie het sy eksamen gedruip maar u het hom ‘n “A” gegee daarvoor – Dit is nie logies of wettig nie…”
Dankie vir die inloer. Hoop jy kry ietsie na jou sin vandag. Hoop jy het ‘n mooi week en soos my ma altyd gesê het: Hou de moed der maar in!







