Dis darem tragies dat die lewe vandag oorheers word deur boelies. Op alle vlakke van die samelewing word mens geboelie om sekere dinge te doen en te dink. Ek sien dat die skool waarby ek baie jare gewerk het, ‘n anti-boelie week gehad het. Hulle het sprekers gekry, die kinders self laat praat en selfs ”n K9 vertoning gereël. Dit maak my hart lekker warm, want ek dink dis eerste plek waar ons die probleem sal moet aanspreek. ‘n Ander plek waar mens die boeliegedrag moet aanspreek is by die gesin. Ma en pa werk soveel ure per dag dat hulle altyd moeg is. Pa boelie vir ma en andersom – saam boelie hulle die kinders. Baie mense besef nie dat geweld, geweld skep nie. Jy kan vir enige boelie vra en hulle sal jou vertel van die slae wat hulle kry of gekry het. Dis werklik tyd om boelies te wys dat daar ander maniere is om probleme op te los.
Baie dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek… die lente is in die lug.
1
2
3
4
5
6