Slegte Nuus:
1. Firefox gee die gees elke keer as ek ‘n hele blog geskryf het en dan is alles weg! Ek HAAT dit, want ek tik met 2 vingers.
2. My selfoon is nog stukkend. Ek kan oproepe maak, maar die sleutelbord werk nie en ek voel soos ‘n weeskind. Ek sit en wag vir Vodacom, want hulle het vir my een bestel. Ek weet nie hoe het mens vir baie jare sonder ‘n selfoon reggekom het nie.
3. Ek het Vrydag vir my ‘n wasmasjien gekoop en hoewel ons wasgoed hier gedoen word, is daar goedjies wat ek tot nou maar met die hand gewas het. My oue is Myngenoegen toe, want dit was ‘n bolaaier. Laat die masjien koppel en was gistermiddag al te lekker. Die aand is daar bietjie water op die vloer en ek gooi ‘n handdoek op die vloer en vergeet daarvan. Vanoggend toe ek opstaan swem(sic) my ou besittinkies amper by die voordeur uit. Ek stort so vinnig soos weerlig en draai die stopkraan toe (JAAAAAA ek weet mos van die wasmasjien kraan, maar het bietjie vergeet) Bel en Morné kom gou help – al die drade en uitlate is droog- ons toets hom en die water loop aan die kant en voor uit. Jaag Makro toe … geen moeilikheid almal baie vriendelik. Binne 10min reël hulle om more die masjien te kom omruil. Dis lekker as mens sulke goeie diens op ‘n plek kry.
4. Lyk my ons gaan weer onder die begroting kreun!
Goeie nuus:
1. Elke laaste Woensdag van die maand kom daar ‘n predikant na die Landgoed. Vandag het hy vir ons Nagmaal bedien en dit was werklik baie spesiaal. (Nee… as jy nie saamstem, vat verby. Jy is geregtig op jou mening, maar ek gaan nie stry nie)
2. Vandag het een van my oud-leerders ‘n blog begin. Ek is amper so opgewonde soos ‘n ouma met ‘n nuwe kleinkind. Sy is pragtige, funky en slim jonge dame en dit sal so lekker wees as jy bietjie by haar gaan inloer. Ek is so trots op haar soos ek op elke oud-leeder is wat onderwysers word. Ag nee, ek jok … ek is baie trots op die kinders wat iets moois met hulle lewens doen. https://constantstateofholidayvibes.wordpress.com/
3. Het jy al geglimlag vandag?


