Ai toggie, die staatsinstellings sukkel darem. Hier in my dorp is die hoofposkantoor naby die munisipaliteitkantore en ander staatskantore. Die parkering is min, die strate nou, en oud, en dis glad nie ‘n goeie plek om heen te gaan nie. Oor die radio hoor ek hoe agter die poskantoor is met die posverspreiding en hoeveel posstukke daagliks nog verwerk moet word, is dit te verstane dat dit so skaars is. Ons het nou posbusse op die Landgoed gekry. Die uitbreiding bestaan uit 3 banggat woongebiede waarvan ons Landgoed die aftree-oord is. Wat die poskantoor egter nou doen, is om die pos vir ‘n paar maande op te hoop en dan by die hoofhek af te laai … (ek rol my oë soos ‘n tiener) Ons het nou ‘n brief gepos en ons kyk hoe lank dit neem om hier te kom. Intussen sal mens nog die Postnetposbus ten duurste aanhou vir die 3 posstukke per maand. Sukkel jy ook met die posdiens?
Dankie vir die inloer. Hoop daar is iets ouliks vir jou wenslysie en wat jou vir die res van die dag sal laat glimlag.