Alles is doodstil hier op die Landgoed. Dis beslis tyd vir ‘n paar grappies.
Die toeriste kom in Hluhluwe aan in Zoeloeland en kan nie besluit oor hoe om die naam uit te spreek nie. Na ‘n groot debat besluit hulle om maar iets te gaan eet. Hulle kom toe in die restaurant aan en besluit om die kelnerin te vra: “Ag sal jy asseblief so gaaf wees om ons te vertel hoe mens julle plekkie se naam uitspreek?” “Ja seker” is die kelnerin se antwoord, “‘n Mens spreek dit so uit: Sspuuurr!”
****
‘n Man en sy vrou gaan vir berading: Vrou: ‘Dokter, ek het niks van my 15jaar-huwelik nie……’ en sy vertel van haar man se swakhede, geen liefde of aanraking of komplimente nie, en na 15 minute vra die raadgewer haar om na hom te kom. Hy druk haar styf teen hom vas, soen haar in die nek en op die mond. Die vrou gaan in ‘n trans, en die dokter sê vir die man: ‘Dit is wat jou vrou nodig het, drie maal per week. Kan jy dit doen?’ Man: ‘Wel, Dokter, ek kan haar Maandae en Woensdae hier aflaai, maar Vrydae vang ek vis.’
*****
Die dominee en die boer stry of seks op ‘n Sondag met mevrou Boer werk of plesier is.
Die volgende dag vra die boer vir Jonas wat dink hy?
Jonas dink ‘n ruk lank hard… Toe antwoord hy:
“Baas dit moet hom die plesier wees, want as daai die werk was, die Baas het hom lankal vir my gagee om te doen!”
Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie. In die moeilike tye moet jy nie vergeet om soms te glimlag. Dit sal ook verby gaan.
Ek besef dat die meeste van julle al behoorlik keelvol is vir die virus en alles wat in die media rondgegooi word. Hierdie week was/is ‘n inwoner siek en moet in die hospitaal opgeneem word. Sy moet egter eers ‘n virustoets R850 ondergaan en die mediese fonds betaal dit nie. Wanneer sy terug kom verwag die oord weer ‘n toets wat hulle ook nie betaal nie. Nou wonder ek hoeveel betaal die fonds as jy werklik in die hospitaal met die virus land? Vanoggend hoor ek dat hulle by die begrafnisondernemers die mense wat aan die virus in 3 verskillende sakke begrawe word. Wie betaal dit? Gister tydens ‘n Zoom vergadering hoor ek dat ‘n ou oom eers na sy dood met die virus gediagnoseer is. Ons sal die werklikheid in die oë moet kyk hierdie virus gaan ons baie geld kos en alles het klaar en vir altyd verander. verander.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n warm naweek. Onthou daar is altyd nog iets om oor te glimlag.
Eish, hoe op aarde ek nou al die kopies gaan oplaai weet ek nie. Die byskrifte moes ek een vir een oplaai – wag dis nie jou probleem. Kom jy lees die grappies terwyl ek kyk wat ek kan doen.
Questions about South Africa were posted on a South African Tourism Website and were answered by the webmaster.
Q: Does it ever get windy in South Africa? I have never seen it rain on TV, so how do the plants grow? (UK) A: We import all plants fully grown and then just sit around watching them die.
Q: Will I be able to see elephants in the street? (USA) A: Depends how much you’ve been drinking or sniffing.
Q: I want to walk from Durban to Cape Town – can I follow the railroad tracks? (Sweden) A: Sure, it’s only two thousand kilometers. Take lots of water.
Q: Is it safe to run around in the bushes in South Africa? (Sweden) A: So it’s true what they say about Swedes.
Q: Are there any ATMs (cash machines) in South Africa? Can you send me a list of them in JHB, Cape Town, Knysna and Jeffrey’s Bay? (UK) A: What did your last slave die of?
Q: Can you give me some information about Koala Bear racing in South Africa? (USA) A: Aus-tra-lia is that big island in the middle of the Pacific. A-fri-ca is the big triangle shaped continent south of Europe which does not… oh forget it. Sure, the Koala Bear racing is every Tuesday night in Hillbrow. Come naked.
Q: Which direction is north in South Africa? (USA) A: Face south and then turn 90 degrees. Contact us when you get there and we’ll send the rest of the directions.
Q: Can I bring cutlery into South Africa? (UK) A: Why? Just use your fingers like we do.
Q: Can you send me the Vienna Boys’ Choir schedule? (USA) A: Aus-tri-a is that quaint little country bordering Ger-man-y, which is. oh forget it. Sure, the Vienna Boys Choir plays every Tuesday night in Hillbrow, straight after the Koala Bear races. Come naked.
Q: Do you have perfume in South Africa? (France) A: No, WE don’t stink.
Q: I have developed a new product that is the fountain of youth. Can you tell me where I can sell it in South Africa? (USA) A: Anywhere significant numbers of Americans gather.
Q: Can you tell me the regions in South Africa where the female population is smaller than the male population? (Italy) A: Yes, gay nightclubs.
Q: Do you celebrate Christmas in South Africa? (France) A: Only at Christmas.
Are there killer bees in South Africa? (Germany) A: Not yet, but for you, we’ll import them.
Q: Are there supermarkets in Cape Town and is milk available all year round? (Germany) A: No, we are a peaceful civilisation of vegan hunter-gatherers. Milk is illegal
Q: Please send a list of all doctors in South Africa who can dispense rattlesnake serum. (USA) A: Rattlesnakes live in A-meri-ca, which is where YOU come from. All South African snakes are perfectly harmless, can be safely handled and make good pets. Good examples of snakes as pets are mambas (both green and black), rinkhals and municipal workers.
Q: I was in South Africa in 1969, and I want to contact the girl I dated while I was staying in Hillbrow. Can you help? (USA) A: Yes, and you will still have to pay her by the hour.
Q: Will I be able to speek English most places I go? (USA) A: Yes, but you’ll have to learn it first.
Dankie vir die inloer. Hoop jy het ietsie vir jou wenslysie. Hoop jy het ‘n heerlike week.
(Mens kan nie ‘n foto laai as jy nie skryf nie! Ek voel so dom! )
Grinnik … ag tyd ‘n nuwe Editor. Nie altyd ‘n verbetering nie, maar kom ons probeer. Mmmm dit lyk nie te sleg nie … Eish, ek het nou twee keer al die nuwe FB formaat probeer maar dit staan my nie aan nie. Die donker agtergrond werk nie so goed nie maar die skrif wat so groot soos ‘n olifant is, maak my ongemaklik. Ek is nie ‘n goeie skrywer nie en moet telkens my sinne lees om seker te maak my kop is nie weer voor my vingers nie en die groot goed werk net nie.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy darem nog sal glimlag. Dink aan almal wat swaarkry.
My goeie vriend Bontie stuur vanoggend ‘n baie interessante taal artikel wat op Litnet verskyn het en ek loer sommer bietjie by die blogs in. Ai, dit was darem lekker tye en ek raak sommer nostalgie. Ek giggel as ek dink aan Ghaap se seksblog – eish, my mond het oopgehang! Tog het hy ‘n vriendelike kommentaartjie op elke blog van my geskryf. Ek onthou Seppie, Roly, Henry, Biliam se Donkie, Lewies, Latino, Flenters …ag julle is te veel om op te noem. Mense wat mens se lewe op ‘n besondere wyse aangeraak het. Daar is nog ‘n paar vasbyters op Litnet maar die gesellige saamwees ontbreek…sug… ai die lekker ou dae.
Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets wat jy sal wil hê maar bowe-al dat jy sal glimlag. Veilig bly my vriend!
Hierdie moedersdag is vreemd en dalk spesiaal, omdat mense nie bymekaar kan kom nie. Ek het nie veel te vertelle nie, want hier gebeur niks! Daarom maar weer ‘n paar grappies:
‘n Oom stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool. “As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.” Die dogtertjie hou net aan loop.
Die ry stadig agter haar aan. Weer sê die oom “As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!” Die dogtertjie draai om en sê: “Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die Ford nie!!”
*****
Die een Kaapse blondine vra vir die ander: “Wat is nader, die son of Johannesburg?”
“Jy’s lekker simpel.” Antwoord die ander een. “Kan mens Johannesburg hiervandaan sien?”
*****
’n Jappie ry deur die Suid-Vystaatse platteland waar hy ‘n skaapwagter teëkom wat besig is om ‘n groot trop skape aan te jaag. Die jappie gewaar ‘n kans om ‘n vet slag met die ontmoeting te slaan. Hy hou stil en klim uit sy motor uit.
“Ek wed jou dat ek presies vir jou sal kan sê hoeveel skape in hierdie trop is,” sê hy vir die skaapwagter. “As ek verkeerd is, gee ek jou honderd rand. Maar as my getal korrek is, moet jy my ‘n skaap gee.”
Die skaapwagter dink ‘n bietjie na. Hy’t tog ‘n yslike groot trop, redeneer hy by homself, en die kans is geweldig skraal dat hierdie kêrel ooit sal reg raai. Dus neem hy die weddenskap aan.
Die jappie pluk sy selfoon uit, skakel sy Internet-diensverskaffer, sweef na die Nasa-webwerf en kry ‘n koppeling met ‘n satelliet wat beveel word om die spesifieke kolletjie in die Vrystaat te skandeer en al die inligting in ‘n databasis te berg. Hierna neem ‘n superrekenaar oor, wat die skape binne mikrosekondes tel en die antwoord in die venstertjie van die jappie se selfoon laat flits.
Stel jou die skaapwagter se verbasing voor toe die jappie sekuur in die kol is met sy antwoord: “Daar is 981 skape.”
“Meneer.” sê die verbysterde skaapwagter, “ek is ‘n man van my woord. Kies maar vir meneer ‘n skaap uit.”
Die jappie doen sy keuse, maar hy is net besig om die dier in die kattebak van sy motor in te laai, toe hy die skaapwagter hoor roep: “Meneer, ekskuus tog, gee my tog net een kans om die dier terug te wen. Ek wed vir meneer dat ek meneer se beroep sal kan reg raai. Ek gee vir meneer nog ‘n dier as ek verkeerd is, maar as ek reg is, moet meneer daardie dier vir my teruggee.”
“Nou maar goed,” sê die jappie.
“Meneer is ‘n konsultant.”
“Verbluffend! Hoe het jy geweet?”
“Maklik,” antwoord die skaapwagter. “Meneer kom hier aangewaai, al het niemand vir meneer laat kom nie. Meneer wil betaal word vir die antwoord op ‘n vraag waarvan ek reeds die antwoord geken het. En, laaste maar nie die minste nie: meneer weet swiet blou niks van my besigheid af nie — want daar staan meneer met my hond in meneer se arms!”
Dankie vir die inloer. Hoop daar is iets vir jou wenslysie en iets wat jou laat glimlag. Geniet die week wat voorlê.
Jy weet dat ek ‘n getroue tydskrifondersteuner is. Met groot hartseer hoor ek dat die Vrouekeur vou… ons leef in hartseer tye. Dink net aan hoeveel meer mense sonder werk gaan sit. Ek lees die redakteurs brief in die Huisgenoot en sy sê dankie vir die lojale ondersteuners … ek wens mense wil besef hoeveel ‘n opregte eenvoudige dankie beteken. Dit beteken meer as geld of goed.
Dankie dus vir jou inloer/deelneem. Dis lekker as mense jou blogs lees. Onthou om aan te hou glimlag … daar is ‘n einde aan alle slegte goed ook.
Dis darem interessant hoe ‘n mens lag vir dinge wat ander benadeel. Hoeveel programme is daar nie oor mense wat val of struikel, wat hulle uit onkunde vergat of benadeel. Goed navorsers beweer dat mens lag omdat jy bly is, dat dit nie jy is nie, maar dit maak seker dat die mensdom nie so gaaf is soos ons dit voorstel nie. Kom ons kyk of jy vir die grappies lag?
Kallie besoek vir Mike in die hospitaal, waar di� soos ‘n mummie in verbande toegewikkel sit.
“Ou Mike, wat het met jou gebeur?” wil Kallie weet. “Ag, Kallie man, ek was laas naweek saam met die familie by ‘n museum met ‘n ou meule.
Die gids het vir ons ges� om nie ons koppe by die venstertjie uit te steek nie, want die meul se vier spane kom daar verby.
En ek het hulle goed getel, die eerste, die tweede, die derde, die vierde… en toe ek my kop uitsteek is daar wragtag ‘n vyfde!”
*****
Die kinders staan in ‘n tou vir middag-ete in die kafeteria van ‘n Katolieke primêre skool. Op die punt van die tafel is ‘n hoop appels opmekaar gestapel. Die non / suster skryf ‘n nota wat sy langs die appels uitstal.
‘Neem slegs EEN. God hou jou dop.’
Op die ander kant van die bedieningstafel is daar ‘n groot hoop sjokolade kraakvars koekies.
‘n Kind het ook ‘n nota daar gelaat: ‘Neem soveel as wat jy wil hê! God hou die appels dop.’
*****
Die passasier tik die taxidrywer op sy skouer en sê vir hom iets. Die drywer skree, verloor beheer oor die kar, mis ‘n aankomende bus met ‘n haarbreedte, ry oor die sypaadjie en kom sentimeters van ‘n vertoonvenster tot stilstand. Vir ‘n oomblik is alles doodstil, toe sê die drywer “Kyk meneer, dit moet jy nooit weer in jou lewe aan my doen nie. Ek het my half dood geskrik!”
Die passasier vra om verskoning en sê hy het nie geweet die klop op die skouer sou hom so laat skrik nie. Die drywer antwoord” Alles reg – eintlik is dit my skuld. Jy sien dit is vandag my eerste dag as ‘n taxidrywer. Vir die afgelope agtien jaar het ek lykswaens bestuur!
Baie dankie vir die inloer. Hoop daar is iets om oor te glimlag en iets vir jou wenslysie. Veilig bly!
Sjoe, ek was lanklaas hier. Hoop jy is darem nog ok?
Ek ry vanoggend om te kyk of die oogarts my bril kan heelmaak en verlustig my aan die rustige verkeer. Net ‘n paar karre en al die bane is vir jou oop. Ek dink aan my bestuursvermoeë wat seker nie van die beste is nie, maar ek was darem nog nooit die oorsaak van ‘n ongeluk nie. Ek het op die platteland van die Hoëveld leer bestuur en daardie tye was die verkeer baie minder. Ek onthou hoe ons altyd alles moontlik uit die kar gehaal het op die gelykpad tussen Heidelberg en Balfour. Ons het vinnig vir ‘n naweek see toe gery… Grinnik… die enigste verkeersbeampte van die dorp was my boyfriend en my toetsbeampte… hoe deeglikheid daai toets was, is maar twyfelagtig. Ai die lekker ou dae. Ek het die wêreld vol gery in my helderrooi Mazda’tjie. Waar het jy jou lisensie gekry? Kan jy bestuur of maak jy maar net of jy kan bestuur?
Dankie vir jou inloer/deelneem. Ek hoop jy glimlag darem nog soms. Veilig bly!