My blogvriende laat my glimlag. Daar is baie gesê oor die gevare van virtuele vriende en die argumente sal seker vir ewig rondgegooi word. Ten spyte van al die grustories, dink ek met groot deernis aan my vriende wat my lewe op ‘n besondere lewe aanraak. Die lekkerste is dat mens aanvaar word vir wat jy is. Daar word nie heeltyd op jou swakhede gehamer nie. Jy word nie daagliks verwyt wat jy nou weer verkeerd gedoen het nie. Jy word nie verwyt dat jy te vet, te dom, te lui, en nog baie ander is nie. Mens hoef nie elke ou dingetjie te verduidelik of te verdedig nie. Hulle vra jou nie geld nie en soms word jy uit jou sokkies uit verras oor dit wat hulle doen en sê. As jy effe neerslagtig is kikker hulle jou op(selfs as dit met hulle ook nie te goed gaan nie) en die heel lekkerste is dat hulle altyd bereid is om saam met my te glimlag. Baie dankie Jy is spesiaal. Dankie dat jy op so besondere manier my lewe aanraak.
Ek hoop daar is vandag ietsie vir jou wenslysie. Onthou net om darem ook te glimlag.