RSS Feed

Monthly Archives: June 2017

Vrydag Byskrifte

Sjoe, mens kan sien hier in die dorp is dit vakansie. Die strate is besig en die kinders swem in die winkels. Ek is bly vir die kinders en onderwysers want elkeen verdien dit. As mens aftree is elke dag mos vakansie.  Tog was skoolhou baie keer vir my lekkerder as vakansie…

Hoop jy het ‘n lekker vakansie/naweek. Dankie vir die inloer /deelneem.

1

5606ed3eb3c8c7d77d2b96a31aef93aa

2

13256078_1058735064198137_7044036122218939664_n

3

37808

4

17799068_1423466271058346_2593851664898715693_n

5

c0dcc8fbcf7792e320108a5876040cc1

6

39810

 

 

Advertisements

Die Eggo van jou Ego

Die mens se ego is darem ‘n interessante deel van jou menswees. Die meeste van ‘ons normale‘ mense het maar ‘n brose ego wat ons daagliks probeer beskerm.  Daar teen oor is daar die mense wie se ego so opgeblase is dat hulle doof raak vir ander se behoeftes.

Ek broei nou al van verlede week oor Sarie se agterblad. Ek moet erken my hart is seer dat Koos van der Merwe sy laaste agterblad geskryf het en dat dit groot skoene is wat volgestaan moet word. Steve Hofmeyr is die skrywer van die blad en skryf ‘n brief aan sy jongste dogter. Alles is gaaf en wonderlik ek is bly vir hom, maar vind nêrens ‘n boodskap wat my persoonlik raak.  Ek wonder ook hoe moet sy ander dogter voel… selfs sy ander kinders. Dis soos mense wat die hele middag net oor hulleself gesels – dis werklik baie vermoeiend.  Miskien word ek nou regtig oud maar ek voel so oor Nataniël in die laaste tyd ook. Dis regtig of hulle egos so groot raak dat daar nie meer plek vir hulle ondersteuners nie.

Wag miskien moet ons liewer maar op die tande kners en glimlag.

18891813_1483234065072642_1188355975378280830_o

0901-john-caldwell-d

18664487_797167887119028_3478190586088303103_n

19275265_1594753813917078_6508603601931575353_n

0804-Harley-Schwadron-d

18403073_839126279578105_8116410298457304472_n

 

Sondag Kopies

Ek wonder hoe modeontwerpers tot ‘n gevolgtrekking gekom het dat alle bloese sonder krae gemaak moet word. Ouderdom is nie te gaaf met ‘n vrou se nek nie … plooie word gevorm soos ‘n hoendertjie en ek sal nooit oortuig word dat enige man so plooinek sexy vind nie. Goed, vir die winter kan jy ‘n serp dra, maar hulle besef nie dat die van ons wat nie sentrale verhitting kan bekostig se bo-borsie  die eerste ding is wat kan bibber van die koue. Sug… ek besef geen ontwerper lees my blog nie, maar dalk kom daar ‘n helder oomblik.

Dankie vir die inloer Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie, maar dat jy ten minste sal glimlag.

19399307_1486684961353463_1494958318685813769_n

19397092_692152580967911_3132262915118888351_n

18813537_1306278739485344_3305325807085652085_n

18301458_1875164536064754_3334289154407861275_n

17798943_1616936835000470_255748382241011020_n

18739717_848747541949312_7822479992433160219_n

16711983_1193165310791540_8033517016398469091_n

14102253_1806583129578603_8947576794211138693_n

Weekly Photo Challenge – Transient

DSCN4507

via Photo Challenge: Transient

Modernity is the transient, the fleeting, the contingent; it is one half of art, the other being the eternal and the immovable.

Charles Baudelaire

Sondag Kopies

Die week was die kopies wat na my kant toe gekom het maar skaars.  ‘n Belangrike bron was die week stil – ek vermoed hy is siek, want hy was die afgelope jaar baie in en uit die die hospitaal. Dis lekker as wildvreemde mense jou vriende word deur sosiale media en blogs.  Baie mense verstaan dit nie, maar vir my is jy spesiaal en jy vul my lewe met vreugde. Ek lag en huil saam met jou en moet jou bedank vir die spesiale manier waarop jy my lewe aanraak.  Vir die wat nie meer met ons is nie – jou plek is leeg … hier en in my hart.

Ek hoop daar is iets om oor te glimlag of vir jou wenslysie by die kopies die week. Dankie vir die inloer.

18057648_10154538609348603_2703378732799973875_n

18582135_658510711023430_5466730202742673150_n

18836920_10154747507582428_3534866269469371456_o

18952805_856405307850202_2056594454403957544_n

18620301_797167610452389_3365377965753945158_n

18485622_1953772941508764_8219537074641465085_n

19029322_1800371170276791_1147113953615586282_n

17861552_1939052986314093_3901738513438835560_n

18485885_1560653277340316_5888307131574977417_n

Weekly Photo Challenge – Focus

 

DSCN3014

The ego is nothing other than the focus of conscious attention. Alan Watts

via Photo Challenge: Focus

Vrydag Byskrifte – Jeugdag?

Jeugdag is vir my altyd so halwe hartseer herdenkingsdag.. Behalwe dat ek baie lief is vir kinders, weet ek daar ‘n hele geslag daar buite wat heelwat verloor het terwyl daar geëksperimenteer is in die onderwys.  Hulle gaan dit nooit in hulle leeftyd inhaal nie. Ek is ook jammer vir my persoonlike aandeel daaraan.

Dankie vir die inloer/deelneem. Geniet die naweek maar bowe al moenie vergeet om te glimlag nie:

1

c8a5c9569810f8e2370a95f4cf655584

2

8188f44566311e44c183aec2fe86167f

3

22ff69084ddc1dd55d44cd00327eae2f

4

12932867_10153851766550589_2170639581705397633_n

5

4dd5fbbd202cc7710df79ddc4e14c660

6

c5d2a0258e55a873c13e83ef3746a706