Oeps, Tinatjie is nou effe laat vandag … maar mens het darem ook ‘n lewe op die Landgoed. Jy sal dit nie glo nie, maar ons het sowaar ‘n oulike buitjie reën gehad. Liefde en Genade wat met groot dankbaarheid aanvaar word. Ek hoop regtig dat die Kaap ook nog sommer lekker reën kry.
Dankie vir die inloer en ek hoop dat jy ten minste ‘n bietjie sal glimlag as jy weggaan. Hoop jy het ‘n lekker week.