RSS-toevoer

Monthly Archives: Maart 2016

Fotografie 2

Hierdie is vir die slimmer vriende, want my kop is plat as die bt spieëls kom.  In die sorgsentrum is die haarsalon in ‘n kleinerige vertrek.  Daar is egter twee spieëls om die teenoorstaande mure met ‘n interessante effek.  Dit beteken as jy reg voor die een spieël sit, sien jy jou gesig en jou agterkop wat herhaal word tot op die boonste rand van die spieël.

DSCN8682 (3)

My vraag is nou waar moet die fotograaf staan om hier die effek die beste raak te vang. As iemand die beginsel van hierdie verskynsel in eenvoudige taal verduidelik sal ek ook baie bly wees. As die fotograaf te naby aan die model of spieël staan, is jy ook op die foto?

DSCN8680

DSCN8686 (2)

DSCN8688

DSCN8689

Fotografie

Bietjie agtergrond vir nuwe vriende.  Nadat ek afgetree het, ontdek ek ‘n man op George wat ‘n beginnerkursus in fotografie aanbied – op die skool se webwerf nogal. Behalwe dat ek van plan was om diep opheffingswerk te gaan doen met die tyd op hande (‘n storie vir ‘n ander dag), word dit toe ‘n nuwe belangstelling. Een van die laaste opdragte was die fotografie van ‘n model. Drie uitrustings en verskillende ‘houdings’ was die opdrag.

Ek kry toe ‘n jong dame waarvoor ek skoolgehou het en huur ‘n kamer in ‘n gastehuis (met die 2010 sokker het Polokwane baie daarvan)  Ons het ‘n heerlike dag, baie pret en ek leer baie, want sy het modelwerk gedoen.  Met die verloop van tyd as ek met haar gesels sê altyd ek wil vreeslik graag weer foto’s van haar neem en verlede week stel sy voor sy sal Maandag kom. Ai, ek het net weer besef hoe lekker die fotografie-stokperdjie is. Ek deel graag ‘n paar foto’s van die pragtige jong vrou.

DSCN0330-tile

2010… Ek het raas gekry oor die eerste foto, want die liggaamsdeel naaste aan die kamera word vergroot en dis van ni9e vleiend nie.  Ek het die keer dit darem reggemaak.

DSCN8706

DSCN8740 (2)

DSCN8761 (2)

DSCN8693

DSCN8753 (2)DSCN8771 (3)

 

 

Sondag Kopies

Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie vandag. Dis ‘n heerlike dag hier op die landgoed … net vreemd warm vir die einde van Maart.

Dankie vir die inloer. Ek hoop hier is ten minste ‘n glimlag iewers versteek.

11836650_883116718424616_6987431378413952812_n

1917065_1718685318411577_7303052270415989827_n

lifebuzz-f03115b67b59f0b48ebf40770d84631e-limit_2000

12802724_1744722785759968_3996629059610323861_n

10003252_237308203281714_1539621464880835259_n

12079719_1134180579932965_7181918990995291326_n

Uitstappie

Ek is in die laaste tyd pynlik bewus van die feit dat my foto’s nie regtig kan kers vashou ander fotograwe hier rond nie, maar ek deel graag ‘n paar, sodat my Sus wat die wildtuintjie goed ken, kan saam kyk.  Dit regtig mooi groen daar en en die waterdamme is propvol.  Mens is so dankbaar daarvoor.

DSCN8590 (2)

DSCN8635 (2)

DSCN8599 (2)

DSCN8636 (2)

DSCN8645 (2)

DSCN8653 (2)

DSCN8589 (2)

Vrydag Byskrifte

Dis ‘n heerlike rustige naweek hier op die Landgoed. Die bouers is almal huis toe en hier is so salige stilte. Die inwoners is redelik voltallig, want as mens hier in die Noorde bly ry jy nie baie op ‘n Paas-naweek rond nie.

Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.

1

122605-R3L8T8D-650-41210

2

11813484_881531995249755_3075677877069090440_n

3

10277655_864170736985881_3922342059005261918_n

4

1934410_10208106531768569_8715065404215398633_n

5

12522955_10153876270659700_965163035722775891_n

6

11221892_872095699526718_9001812515998839467_n

Stupid of onnosel!

Stupid en onnoselgeit is ‘n gegewe in vandag se lewe (kyk maar na die mense in beheer vir talle voorbeelde)  Die een sluit volgens my nie noodwendig die ander in nie en ek reken slim mense kan ook stupid goed doen.

Ek weet uit ondervinding ek is nou nie die skerpste potlood in die boks nie, maar ek het beslis heelwat helder oomblikke.  Vandag vertel ek  egter van twee geleenthede waar ek sommer stupid en onnosel was.

  1. Twee naweke gelede speel ek al te lekker op my game FB profiel (Ek het 3 profiele : Games, Hoof profiel en Fotoklub profiel) Skielik is daar by die boodskap blokkie ‘n boodskap (nogal van Facebook dat ek my password moet verander. Sug… dink ek julle is nou lastig… maar ek verander die inligting en hulle vra sommer sulke vragies.  Skielik maak ‘n skermpie oop wat my kredietkaart gegewens vra. Ek skrik my in ‘n ander bloedgroep in en maak alles toe. Nou plaas my anti-virus-program  baie getrou die waarskuwing soos op my hoofprofiel toe ‘n swaap  pronografie daarop geplaas het.  SUG … hoe stupid kan mens nou wees.
  2. Sondagmiddag het ek ‘n afspraak met ‘n vriendin. (Gewoonlik laat weet jy jou bure as jy uitgaan,want bejaarde mense kwel mos oor jou) Ek besluit sommer om ‘n sms te stuur as ek daar kom. Toe ek egter ‘n  foon uit my handsak wou haal, vind ek net my sakrekenaar!  Ek en my vriendin het vreeslik gegiggel oor die stupidgeit, maar die bure het tot die matrone gebel en ‘n soekgeselskap saamgestel.  Ek kry gepas skaam, want so van stupid het jy nog nie van gehoor nie.

Doen jy ook soms sulke stupid goed?  SUG… nee wat miskien moet ons liewer glimlag. 581832_440613326023469_1086373275_n

1927833_1601360166780198_5960403293331393697_n

11940434_10207643693198737_5656406803567947753_n

10398565_516452041890205_7259053023446498951_n

12715768_1210935732254423_4279223941632191906_n

12806095_10153945926824500_6801071973337452677_n

12813895_964167596994274_338039265689174037_n

Sondag kopies

Heerlike herfs dae hier.  Ons hoop op nog bietjie reën, maar volgens die weerburo is die moontlikheid skaars.

Aan al die onderwysers en kinders, ek hoop julle het ‘n heerlike rustydjie. As jy ry… veilig reis en geniet die vakansie en lang naweke.

Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie en indien nie, hoop  ek dat jy ten minste sal glimlag.

11181209_1718153798407415_1107780225952298422_n

12832400_10207409271082597_594354030011429987_n

10675523_10154462904657119_4440337207861375327_n

10250124_703356163100145_4416026671409517077_n

12821551_10154465412102119_1478009929414418323_n11144784_10207586850257699_9216030196453130917_n

Vrydag Byskrifte

Ons het heerlik reën gehad enis ongelooflik dankbaar.  Ons het ook ‘n reënmeter gekoop, want om soggens van ander afhanklik te wees of in jou nagklere na die reënmeter af te suiker, is ook nie ‘n opsie nie.

Hoop die weer is by jou ook net soos jy daarvan hou en dat jy ‘n heerlike langnaweek het. Hier is die paaie al besig. As jy iewers ry, is my wens dat jy veilig sal wees.  Dankie vir die deelneem/inloer.

1

fa802a823b6de5583f79d67bef2e28ad

2

31398ee149b9e2153312cbe312eaa1c5

3

4e1a6643d6b8e49aa7d33dbca94d826c

4

aa082d0cf7c60a28026e9c8b15d20d2b

5

f2bab2b93d1cc663ff83065665a78b8f

6

9b311d4e238b2a3689df7ab668f068ba

 

Sondag kopies

Dis lekker om te sien dat sommige plekke heerlike reën gehad het. Ons is baie dankbaar. My een buurvrou gaan more Wildtuin toe … ons is groen van jaloesie, maar mis haar al klaar.

Ek hoop daar iets tussen die kopies wat jy in belangstel en indien nie dat jy ten minste sal glimlag. Geniet jou Sondag!

11666099_1230372446991419_280515637295967927_n

12744485_571285149687648_6843944346716965714_n

708005-650-144592634643adme

12794439_1105933139468065_351643072221404282_n

12799258_10154060545398945_9159612503452315490_n

12803302_677276039042304_3318502963670101166_n

12801156_10154462637162119_8283982293141587194_n

Waar gaan alles heen?

Ek is nie ‘n vreeslike ondersteuner van Deon Maas nie, maar sy skrywe in die week se Vrouekeur laat my saam met hom wonder. Hy praat oor die toestande in SA en raak belangrike aspekte aan waarvoor ek nie antwoorde het nie.

Ons sit agter hoë mure en bewe van vrees vir diewe en moordenaars. Maas sê dat bedrog en korrupsie die rykes ryker maak en die armes armer.  Wat my die meeste geraak het is die feit dat die mynbaas met ‘n Ferrari ry maar mynwerkers ondergronds doodgaan en naasbestaandes nou 6 maande sal moet wag voor hulle uitgehaal gaan word.  Hy noem ‘n voorbeeld oor veghonde wat vir my te grusaam is om oor te vertel.

Intussen kry die president ‘n verhoging wat my pensioen na ‘n tiener se sakgeld laat lyk. Ek wonder of dit ooit gaan verander? Van al die teenstand in die parlement kom daar net mooi niks. Wat help dit alles?  Dis of bose mense oral oorwin?

Sug… miskien moet ons liewer net glimlag en wag en kyk?

Dis ‘n ou  foto maar elke jaar met die Atgus giggel ek hieroor… skuus …

11033182_10152796267318174_2464261188641068301_n

1796448_10152717013623677_755175158_n

225559_10151466230393605_1281714096_n

1935934_989700844453700_953968591017366243_n

12813895_964167596994274_338039265689174037_n

12715198_10208087195404892_3167963634798587957_n