Monthly Archives: Februarie 2019
Vrydag Byskrifte
Daar is letterlik duisende programme waarmee mens foto’s kan verander en manipuleer. Dis soms vir my interessant en mooi, maar ander kere is dit beslis nie ‘n verbetering nie. Daar is bv. ‘n speletjie waarmee jy jou haarkleur kan verander en dis te oulik hoe jy sal lyk met rooi/blonde/swart hare. (Ek moet dit bietjie vir die Landgoed inwoners wys – oumense met swart hare lyk nie altyd te goed nie) Baie keer word die foto nie regtig verbeter nie… aan die ander kant kan dit dalk my oog wees wat nie goeie insig het nie. Vandag gebruik ‘n paar voorbeelde vir jou byskrifte.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n wonderlike naweek.
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies
Ek beskou my as ‘n redelik normale middelklas dame. Nie baie slim nie, maar beslis nie onnosel nie. Eskom en die ander instellings wat op die afgrond huiwer, laat my verstom. Sommer oor ‘n naweek gee 6 opwekkers in… binne ‘n week fladder ons van fase 4 na fase 0. Hier op die Landgoed skarrel ons om aan te pas, maar ons doen. Besighede word geweldig benadeel, terwyl niemand met ‘n oplossing kom nie. Allerhande verskonings word voorgehou, maar nêrens is daar ‘n minister, direkteur of politieke party ‘n oplossing aanbied. Ek wonder tog waar word die krag wat hulle so spaar gebruik? Waarmee sal hulle nou hierdie week na vore kom.?
Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie …maar dat jy beslis sal glimlag.
Vrydag Byskrifte
Ek was vano0ggen by ‘n vriendin se man se begrafnis en jy moet dus tevrede wees met ‘n paar grappies:
‘n Oom stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool. “As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.” Die dogtertjie hou net aan loop.Die ry stadig agter haar aan. Weer sê die oom “As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!” Die dogtertjie draai om en sê: “Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die Ford nie!!”
***
Gatiep sit oppie couch en kyk ‘n video. Skielik skrie hy vir die ou innie video: “Moenie innie kerk gan nie, moenie in gan nie, djy gan spyt wies!!!!”
Sy vrou stap in en vra vir hom:”Wat kyk djy?”
“Ons Trouvideo”, reply hy.
***
Koos :”Ek is getroud met een van ‘n tweeling.”
Jan :”Liewe aarde ! Hoe ken jy hulle uitmekaar ?”
Koos :”Ag, dis maklik haar broer het mos ‘n baard !”
Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek.
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies
Vandag moet ons dit maar by grappies hou:
Een aand raak Ouma aan die slaap met haar valstande in haar mond. Iewers in die nag val hulle uit en in een van haar slippers wat langs die bed staan. Sy word die volgende oggend wakker, en kry Monopoly geld in die slipper met ‘n briefie van die tandemuis wat sê: “Nice try!”
***
Blondine koop 3 swangerskapstoetse en al 3 wys positief. Sy vee die trane af en sê: “Jissie, ek weet nie hoe ek vir ‘n drieling gaan sorg nie!”
***
Polisie bel my nou die dag en sê dat my hond ‘n ou op ‘n fiets gebyt het. Ek sê toe vir hom: “Dit kan nie wees nie! My hond kom nooit dan uit nie en nog ‘n ding… my hond het nie ‘n fiets nie”.
Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie, maar dat jy beslis sal glimlag.
Vrydag Byskrifte
Na ‘n miljoen jaar se onderwys het ‘n mens tog ‘n paar dinge geleer wat ander nog sal moet leer. Ek noem graag ‘n paar:
- Kinders is nie jou vriende nie. Moenie probeer om hulle pel te wees net sodat hulle van jou hou nie.
- By tieners moet jy nooit nader as ‘n armlengte van hulle staan nie. Mens stoei nie oor goed nie en as jy jou vererg tree ‘n tree terug.
- As jy jou vererg, haal diep asem, bly ‘n paar oomblikke stil en laat jou stem sak. Hoe minder jy praat hoe beter … ontlont die situasie, want almal kyk net vir jou. Skreeu het nog nooit gehelp nie.
- Kom ooreen met hulle oor selfone… onthou dat almal maar nuuskierig is en gou wil loer wat gebeur op jou foon.
- Elke kind is geregtig op ewe veel tyd, maar omdat dit nie so werk in die lewe nie, maak ‘n punt daarvan om elke jaar vir elke kind ‘n kompliment te gee… doen moeite om dit spesiaal te maak, sodat hy dit selfs in die toekoms sal onthou en dit kan gebruik.
- (Die een sukkel ek mee … maar ek werk daaraan) Elke kind is geregtig daarop om onthou te word.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek.
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies
Voor my woonstel is daar ‘n paar doringboompies en in die 5 jaar wat ek hier woon is daar elke somer ‘n vinkie wat fluks huisies bou en afbreek. Hierdie jaar is daar egter vir die eerste keer ‘n vinkie met ‘n wyfie wat groot belangstelling toon. Wat egter interessant is – hy het 2 nessies gebou Terwyl die wyfie in die eerste nessie is, vroetel hy fluks in die tweede nessie. Ons het besluit dat die eerste die hoofhuis is en die tweede ‘n buitekamer. Mens staan elke keer verstom oor die natuur.
Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie vandag, maar veral dat jy darem sal glimlag!
Vrydag Byskrifte
Mens leer elke dag iets van jouself wat nie altyd jou heel beste eienskap is nie. Hier op die Landgoed word ons opgeroep gister om vir die verkiesing te registreer vanoggend as die mense van die IEC om 10:00 hier sal wees. Omdat ons al 5 jaar hier woon het ons al hier gestem en is ons op die kieserslys, maar wil registreer vir spesiale stemme. Gister het my 92jarige buurvrou 4 keer gevra of haar ID kaart al is wat sy nodig het. Met Job se geduld antwoord ek elke keer. Vanoggend 9:45 staan sy voor my deur… ongeduldig omdat ek nog nie skoene aan het. Ek haal diep asem en gryp my goedjies en daar trek ons. Sit lekker in eetsaal en wag… heeltyd wonder sy of hulle van ons vergeet het en of ons op die regte plek is. Ek kry naderhand so beklemde gevoel en het besef dat ek glad nie so geduldig is as wat ek my voordoen nie. Ander mense se paniek steek baie gou by my aan … en ek sal ernstig daaraan moet werk.
Nou lê die registrasie vir spesiale stemme nog voor… sug.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n lekker naweek en dat jy ten minste sal glimlag!
1
2
3
4
5
6