In ons huishouding is daar nie regtig gevloek nie. Ok, ons was 3 dogters en omdat mens soms erg van menings verskil het, is daar woorde gebruik wat nie my ma se goedkeuring sou weggedra het nie. Synde van Hollandse afkoms het die F-woord ‘n heel ander betekenis en is die nooit gebruik nie. “Donner”(sic) en “bliksem” is natuur verskynsels en het soms opgepop, maar dit waarvoor ek my die meeste skaam, is die wat met uitskeiding te doen het. Hier op die Landgoed is vloekwoorde nou nie eintlik in algemene gebruik nie. Ek het egter die tiener oogrol en die klanklose “REGTIG?” vervolmaak! Nou die dag het ek egter bloedrooi gebloos toe iemand iets vir die waarheid verkoop en ek in my gedagtes “ag gaan sk…” opkom. …eish, die ouderdom kan nie eintlik die skuld kry nie, ek werk daaraan.
Baie dankie vir die inloer. Hoop daar is ietsie vir jou wenslysie, maar dat jy sal glimlag.