Ek het ‘n FB vriende/kennis wat elke dag verskillende onderwerpe plaas waaroor mense dan kan praat. Gister plaas hy die volgende:
Is daar dalk ook selfsug teenwoordig in mense wat alleen bly?
‘n Interessante gesprek het gevolg. Ek wonder tog soms of onafhanklikheid nie vir selfsug aangesien word. Mense is ook baie geneig om te redeneer sy woon alleen, sy kan tot op die einde bly of sy kan die laaste takies afhandel. Sy is alleen en het baie meer tyd en kan dus tuis tyd bestee aan sekere goed wat gedoen moet word.
Mense dink ook jy het baie meer geld as jy alleen is, maar hulle vergeet die tuindiens, DSTV, huishulp en sulke goed kos maar net soveel as vir enige iemand anders. Daar is nogal veral manne wat dink dat vrouens wat alleen woon sukkel. Die meeste van hulle maak ‘n fout want dit wat jy nie self kan doen bel jy iemand en betaal om dit gedoen te kry en dan kan jy kla as die diens treurig is.
Wat dink jy? Is mense wat alleen woon selfsugtig?
Miskien moet jy vir elkeen wat dan so uiters selfsugtig is om alleen te woon ‘n kluerter gee om groot te maak?