RSS Feed

Sondag Kopies

Die heeltemal te koud om baie te skryf en daarom moet jy tevrede wees met ‘n paar grappies:

Na sy dood het ’n vreemde gevoel Koos se vrou beetgepak. Sy het haar man gemis.

So het dit dan gekom dat Koos se vrou by ’n spirituele medium beland. Dié kon vir Koos opspoor vir ’n intieme gesprek.

“Koos, is jy gelukkig?” Wou sy weduwee angstig weet.
“Ek is baie gelukkig.” Het Koos geantwoord deur die medium.
“Gelukkiger as hier op aarde?” Vra sy verlig.
“Ja, ek is nou baie gelukkiger as wat ek was daar by jou op die aarde.” Antwoord Koos.
“Ag, Koos, vertel my meer!” Antwoord sy weduwee uitgelate. “Is die hemel so fantasties soos hulle sê?”
“Hemel!” Kom die antwoord vinnig. “Ek is nie in die hemel nie!”

*****

Dis al baie laat die nag wanneer Koos se vrou ‘n gevroetel by die voordeur hoor. Sy besef maar te goed dis Koos wat nou eers van die kroeg af kom.

Koos skrik hom boeglam toe sy vrou skielik die deur oopmaak. Hy is stormdronk en onder sy arm knyp hy ‘n hoender vas.

“OK, OK, OK!” sê Koos, “Ek sal bieg! Ek en die merrie het al vir jare ‘n verhouding!”

“Koos jy is dronk!” sê sy vrou “Dis nie ‘n merrie nie, dis ‘n hoender.”

“Sjuut!” sê Koos vir sy vrou “Ek praat nie met jou nie!”

*****

Koos het dae geoefen om sy nuwe papegaai te leer grappe vertel. Dit wou later vir Koos voorkom die voël praat nou beter as hy wat Koos is.

Koos kry toe die blink idee om ‘n paar rand te maak met sy nuwe voël by sy plaaslike watergat.

“Die is die beste grapjas papegaai in die wêreld” spog Koos by die kroeg.
Die ouens is gewoond aan Koos se bogstories en wed hom R100 sy papegaai kan nie ‘n grap vertel nie.
En kom wat wil, Koos kan niks doen om sy papegaai aan die praat te kry nie.
Koos is dikbek terug huis toe, minus R100.

“Wat de hel is dit met jou?” skel Koos vies op die voël . “Wat het van jou grappies geword. Jy sit daar asof jy nie eens kan praat nie.”

“Inderdaad Koos,” antwoord die papegaai “maar môre vat jy my weer kroeg toe, en onthou – die helfte van die R1 000 wat jy gaan wed is myne.”

*****

Ek hoop die kopies gaan darem opmaak vir die vaal grappies. Hoop jy het ‘n lekker week. Onthou om te glimlag … ek stuur al die kopies denkbeeldig aan.

25 responses

  1. 3 vir my asb. Die braaier, stoel en T3 Kombi

  2. Ek kort pakplek so stuur maar die bed dankie.

  3. die puzzle tafel vir my asb!

  4. Mag ek asb die minion vuurherd kry, dis te oulik

  5. Ooeeee, die skaakstel en die blou skildery, asb Tina.

  6. Die eetbare onbreekbare groen skottelgoed asseblief.

  7. leuke mopjes
    en natuurlijk de VW camper 🙂

  8. Oulike goeters. Daai skaakstel mag dalk net help om my spel so een trappie tot net onder rommelstatus op te hef. Maar daai gedressde toilet, nee dankie!

<span>%d</span> bloggers like this: