Ek wou vandag weer bitterlik gekerm het oor oneerlike mense wat huil as hulle uitgevang word, maar gedagtig aan die betekenis van die dag sou dit beslis onvanpas gewees het. Daarom wil ek vertel hoe lekker dit is om af te tree en hoe lekker mens hier op die Landgoed woon. Almal doen hulle uiterste om die inwoners se lewe makliker te maak. Die lekkerste is (ek het dit al vertel) om smiddae aan tafel te gaan sit, lekker te eet en nadat die poedinglepel neergesit is, op te staan die personeel te bedank en huis toe te gaan. Vandag se paaseier wat deur die plaaslike motorfietsklub afgelaai is, het die dag spesiaal opgekikker… nadat ons die eiers se verpakkings vergelyk het, is ons vrolik huis toe. Ek het nooit kon dink dat ek eierverpakkings sou bestudeer nie. Die lewe is interessant…
Dankie vir die deelneem/inloer. Ek hoop jy het in die gees van die betekenis van die naweek, ‘n wonderlike naweek
1
2
3
4
5
6