TERUGVOERING : WERKOPDRAG 45
Foto 1 – Silhoeët – Interessante vorms wat netjies gespasieer is. Die donker bome maak `n goeie horison wat ook lekker balanseer met die vorms wat na bo vergroot. Terselfdertyd is hier ook `n aanvoelbare diepteperspektief. Heel kunstig en kreatief opgestel.

Foto 2a – Vorm in Kleur – Vreemde vruggies in `n vreemde wêreld. Die vrugte is nie so skerp in fokus met soveel definisie as wat mens graag sou wou hê nie. Die geheelbeeld is egter heel kleurvol en beskrywend. Mens het nie woorde nodig om te sê wat hier aan die gang is nie.

Foto 2b – Vorm in Kleur – `n Goeie taakgerigte foto waar kleur dit alles sê. Klein gedeeltes kleur wat in sigself genoeg vorm weergee om `n geheelbeeld te seggureer van ook dit wat verskuil lê. Netjies geraam en goed waargeneem.

Foto 3 – Vorm in Swart en Wit – Vorm en tekstuur kom hier tot volle reg binne `n sterk komposisie. Die diep kontras gee lekker lewe aan die foto en ook die middelgrys van die blare is helder en suiwer. Die lyne op die blare help ook om die oog in te trek na die brandpunt van die foto.

Foto 4 – Vorm in Swart en Wit – Nogal `n heel ongewone en insiggewende foto. Hier het jy `n fokuspunt wat nie uitstaan in fokusdiepte of kleur of lig kontras nie maar alleenlik in vorm. Die beeld met vol ronde gestruktueerde lyne word omraam deur `n amper blare krans met kotrasterende puntige deurmekaar vorms. Hier het jy inderdaad `n fokuspunt geskep deur die alleenlike gebruik van vorm-kontras.
