Eish… ek verstaan nie mense nie… toe die wiel uitgevind is, was dit tot voordeel van die mensdom en die feit dat die wiel iemand kan doodmaak, het nie veroorsaak dat n=mense wiele vir tentpale gebruik het nie. As jou kop seer is, drink ‘n pil en gaan lê tot jy beter voel. As dit nie beter word, gaan dr. toe drink die pille wat hy/sy voorskryf. Dit help nie as jy kla met die woorde ‘EK DRINK NIE EINTLIK PILLE NIE’. Pille en dr.’s is soos die wiel… dit maak jou lewe makliker en beter. Terwyl ek OP die onderwerp is – operasies word gedoen om jou lewe beter te maak. Waarom sal jy aanhou kla oor die operasie – kry dit agter die rug. Die % mislukkings is klein in vergelyk met die wonderlike suksesse. Waarom hou jy aan en aan…en aan… en aan… en aan… oor die pyn en die ongemak – jy het ‘n hele paar kinders die lewe in gebring en hulle het jou lewe BETER gemaak. So sal die operasie jou lewe BETER maak en dit sal hoogs waarskynlik ‘n groot sukses wees!
Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie en dat jy ten minste sal glimlag.