Monthly Archives: September 2017
Vrydag Byskrifte 29/09
Ek kry so half lag vir ons sportlui. Sal hulle nou regtig dink hulle flous die algemene publiek. Hulle reël ‘n wedstryd teen een van die swakker spanne en sing lofliedere oor die wonderlike plek van die Proteas en saai die hele wedstryd op SAUK op TV3 uit. Dan kla hulle daar is nie geld nie en die SAUK is amper bankrot. Waar is al die advertensiegeld heen? En (Skuus Lou) al die lisensiegeld? Wag miskien moet mens jou nie daarin verdiep nie.
Hoop jy het ‘n mooi naweek. Dankie vir die deelneem/inloer. Onthou om te glimlag, want dit hou die hart gesond.
1
2
3
4
5
6
Het jy geweet?
Met al die sprake van die staat se gebruik van die staatspensioensfonds, is ons ook maar bekommerd. Ek het egter gisteraand ‘n baie gawe plan gekry. Wat dink jy van hierdie plan:
As ‘n mens 40 jaar skool gehou het, het mens kom ons raai vir 5000 kinders skool gehou. (ok,ok ek weet nie regtig hoeveel deur my hande is nie – kom ons raai 5000) As al hierdie 500 kinders nou 5000 nou elke maand vir my net R10 gee, kan die staat mos maar hulle pensioen vir die SAL gebruik? Ek is selfs bereid om my R50 000 te deel! Slim nê?
Ek deel graag ‘n paar ander feite met jou. Het jy geweet?
Sondag Kopies 32/09
Ai toggie, ek sonder soms of mense by die SAUK soms net die insig kort en of hulle dalk net nie omgee nie. Vanoggend het die predikant skaars die laaste Amen van die oggenddiens gesê en my oë is nog toe, toe saai hulle ‘n advertensie uit van mans wat kan skakel met hulle manlike gesondheidsprobleme … REGTIG? … eish of is dalk ‘n bedekte boodskap. NEEEEEEE … nou net voor die eenuur nuus – sowaar dieselfde advertensie. Wag … dalk het hulle spesiaal Erfenis Dag uitgekies…
Hoop daar is iets vir jou op die kopielysie en indien nie dat jy tenminste sal glimlag.
Weekly Photo Challenge – Layered
I do believe there’s good in all of us, even if it’s layered over so thickly.
Lili Taylor
Vrydag Byskrifte 22/09
Al die jare in die onderwys het ons gewoonlik op ‘n Vrydagmiddig gaan kuier/koffiedrink/rondflenter. Die gesegde was altyd ‘As jy op Vrydagmiddag werk, slaan die Donderweer jou’ Noudat ek hier op die Landgoed woon kry mens die gevoel van vreugde by die personeel op ‘n Vrydagmiddag. Die vrolike ‘Lekker naweek’ laat mens altyd glimlag.
Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop die langnaweek is presies soos jy dit bestel het.
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies 17/09
Ek moet ruiterlik erken: EK KAN NIE LEES NIE. Hardoplees is wat ek bedoel. Ek moes altyd as ek iets moes aanbied baie oefen of dinge selfs uit my kop leer. As ek saalopening moes waarneem het ek altyd die kortste versie/s gekies en die meeste van die tyd uit my kop gepraat.. As ek nou na sommige nuuslesers luister, weet ek hulle het dieselfde probleem Jou oog gl7y vinnig vooruit en voor jy kan keer haal jy op die verkeerde plek asem of jy lees ‘n woord verkeerd en moet dan jou sin verander sodat dit nog sin maak. Terwyl ek so goed weet dis ‘n probleem, word ek vies vir myself dat ek so oordadig bewus is van al die foute… ontspan Tinatjie ontspan!
Hoop jy kry iets vir jou wenslysie en dat jy ten minste sal glimlag
Vrydag Byskrifte 15/09
Seker een van die mees verveligste werk is seker die mense wat by padwerke in die bloedige sons staan, staan en staan. Noudat ek daaraan dink is daar ‘n hele paar beroepe wat ek niks van sal hou nie. (Dis regtig nie dat ek daarop neersien nie, maar juis omdat dit nie my persoonlikheid pas nie) Ek sal ‘n slegte huiswerker wees. Hulle sal my kort-kort by die boekrak vind besig om deur die boeke te blaai. O, ja en ons hekwag saans… jy sit die hele nag en daar kom of gaan nie ‘n enkele siel nie. Wag voor die dalk na kritiek begin klink, laat ons by die Vrydag sake kom.
Dankie vir die inloer/deelneem. Jy kikker altyd my naweek op. Hoop jy het ‘n heerlike naweek .
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies
Ek is een van die mense wat hou van soek en daarom pas programme soos StumbleUpon en Pinterest my soos ‘n handskoen. Met die week se Sondag Kopies doen ek nie baie moeite om foto’s te gaan soek nie. Sommige weke is daar so baie dat di8t moeilik is om te kies, en ander weke is dit skaars. Met die lekker leesgroep Ou Litte raak die geleenthede egter minder en daar is amper nie genoeg ure in die dag nie.
Die week was daar baie om van te kies. Ek hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie maar dat jy beslis sal glimlag. Dankie vir die inloer/deelneem.