SUNDAY POST : Shelter
If you have men who will exclude any of God’s creatures from the shelter of compassion and pity, you will have men who will deal likewise with their fellow men.
St. Francis of Assisi
If you have men who will exclude any of God’s creatures from the shelter of compassion and pity, you will have men who will deal likewise with their fellow men.
St. Francis of Assisi
Never have I found the limits of the photographic potential. Every horizon, upon being reached, reveals another beckoning in the distance. Always, I am on the threshold.
W. Eugene Smith
‘Herfs is die tyd vir geestelike rypwording en vervulling, wat uitloop op rustigheid en vrede in die gemoed.’ Solly Ozrovech
‘ Die herfs van die hart is ons seldsame seisoen van rypheid en kalmte; die tye wanneer ons vergewe omdat ons verstaan en waardeer omdat ons tog van afskeid weet.’ Maretha Maartens
‘ Waarom vrees jy die herfs van die lewe? Is die rooibruin blare op die grond nie net so mooi soos die bloeisels aan die boom nie?’ Cyril Conolly
We are the crowd,
We’re c-coming out
Got my flash on it’s true,
With that picture of you
it’s so magical
we’d be so fantastic, oh
Ek het in die begin van die kursus twee pakkies vere gekoop en as ek te veel sukkel met ‘n opdrag het al ‘n paar keer ‘n veer uitgeruk om my uit die moeilikheid te kry.
TERUGVOERING : WERKOPDRAG 4
Foto 1 – Neutrale Agtergrond – Ag nou ja, die veertjie is by jou al amper soos `n handelsmerk. Jy het die agtergrond goed gekies, want alhoewel die veertjie baie prominent uitstaan teen die agtergrond is die geheel ook aangenaam harmonieus. Netjiese fokus en beligting en interessant diagonaal geplaas. Heel elegant gedoen, soos wat dit `n veertjie toekom.
Foto 2 – Bydraende Agtergrond – In die kol. Alhoewel die onderwerp sterk uitstaan teen die agtergrond is die agtergrond nogtans van so `n aard dat dit die onderwerp heel gemaklik binne konteks plaas. Merk ook die kontras in vorm tussen die amper driehoekige lyne van die water en die sagte rondings van die voël. `n Uiterste sal natuurlik wees om `n sterk kontras te kry tussen lig, kleur en vorm. Omtrent soos by jou foto van die meisietjie met die rooi lap binne die sirkel.
Foto 3 – Interessante Skaduwees – Ek kan nie so mooi uitmaak hoe jy by hierdie eienaardige skaduwees uitgekom het nie. Maar dat dit interessant en treffend is, is nie altemit nie.
Foto 4 – Weerkaatsing – `n Interessante weerkaatsing in `n ongewone situasie. Miskien net effens verdwerg deur die heldergroen van die agtergrond. Nogtans kry mens die gevoel van lekker vars nuwe uitkyk op ou dinge.
Ek sukkel die afgelope paar dae baie met my rekenaar en kan nie so wyd kuier nie. Dis regtig nie weens ‘n gebrek aan belangstelling nie.
Vanoggend is ek en ‘n vriendin na ons plaaslike casino waar daar ook ‘n park met voëls en slange is.
My hart is sommer seer want dit is erg verwaarloos. Die water is smering vuil.
Gelukkig is daar ‘n span werkers aan die werk en ek hoop hulle sal dit plek gou weer opknap. Die grootste teleurstelling war dat daar geen sprake was van ‘n skoenlapperversameling – alles is vervang met prentjies en plakkers.
Ek het tog ‘n paar foto’s gekry wat ek met jou wil deel. Eish… ek is darem ‘n fotograaf wat met oorgawe stukke kan afsny Daar is die mooiste hoendertjies waar van die vere soos kant lyk, maar ek kan nie een van die foto’s gebruik nie.
Die Flamink het sy bek so teen die grond staan en skuur. Ek wonder waarom hy/sy dit doen. Weet jy dalk?