RSS-toevoer

Monthly Archives: Julie 2015

Vrydag Byskrifte

Hier waai ‘n yskoue wind reg van die Suidpool af.  Gewoonlik staan almal se skuifdeure oop maar vandag lyk alles onbewoond.  Ons hoop maar dit word effe warmer word. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek!  Dankie vir die deelneem/inloer.

1

11811569_1080181112025965_488217379146741406_n

2

509c544d8b605a2d549ec579f43d8d3f

3

11015775_801773746609992_205545975142950357_n

4

54150

5

a71994230995531f066c67234564efd9

6

11013525_1080723035305106_2157777078967155359_n

Tjommeltjie – (18N)

Waarskuwing: Hierdie is ‘n persoonlike geselsie en bevat persoonlike menings wat nie nagevors is. Jy is welkom om te verskil,maar as jy wil skoor soek moet jy liewer verby vat.

1. Maandae is tydskrifdag en ek koop dan ‘n die Huisgenoot en Vrouekeur vir my en Tannie P en Engelse tydskrifte vir W. Dan het ons die Rooi Rose en Sarie gekoop wat ons geruil het.  Tannie P het egter besluit om liewer die Finesse in die plek van die Rooi Rose te koop. Nou die dag met die beurtkrag het ek besluit genoeg is genoeg. Ek blaai deur die Finesse en bladsy na bladsy is gevul met hierdie wonderlike Christen vroue met blink vroom glimlagte en mooi rimpellose gesiggies en maer lywe. Ek dink baie keer dis juis Christene wat verantwoordelik is vir hulle eie ondergang en baie kritiek, want niemand kan so volmaak soos hulle wees nie. Ek wil regtig nie meer die tydskrif lees nie.

'Moses, you'd better be in that bathtub!!'

‘Moses, you’d better be in that bathtub!!’

2. Vandat ek op die Landgoed woon kom ek naby allerhande verouderings siektes.  Ons kry vrugtesap met middagete en Oom G het nou die dag die sap met sy poedinglepel gedrink. Die personeel het hom met groot empatie gehelp  Blykbaar as mens Alzheimer het, vergeet jy hoe om basiese dinge te doen en kan jy dood gaan van honger, omdat jy vergeet het om kos te sluk.  Oudword is sowaar nie vir sissies nie.

auto-9gag-1200170

3. Ek dink dit sal goed wees as ons in ons dorp ‘n Uber-huurmotor stelsel kry. Hier is baie inwoners wat nie meer self ry nie maar wel graag onafhanklik wil wees.  So kan hulle dan veilig ‘n huurmotor bespreek en daarvoor betaal.  As ek nou werkloos was sou ek regtig die saak ondersoek.

cute-mini-baby-taxi

4. Ek en my twee buurvrouens is heerlike vriende en doen baie dinge saam. Die oord loop oor van nuwe inwoners en matrone maak vanmiddag verskoning dat sy iemand aan ons tafel sal moet laat sit. Ons gee nie om nie, solank dit net nie ‘n man is nie – Reken Tannie B.  Matrone is diep teleurgesteld want sy het hierdie wonderlike 60jarige hunk.  Sug… nee dankie – ek (het) (ge)werk met kinders, ek speel nie met hulle nie!

11750622_10207227312585109_3465465620356433190_n

Die lewe is darem interessant … jy moet net bietjie dieper kyk!

Het jy geweet 3 ?

Ek het nog ‘n paar interessantes gekry wat ek graag met jou wil deel… dalk sal dit jou ten minste laat glimlag so op die blou Maandag.

Tandesorg is so duur en ek verstaan nie altyd waarom ouers derduidende Rande op ortodonsie uitgee, terwyl ek geen skewe tand sien nie.

1610890_951793518200525_4901851980041631334_n

Eeeeuuuuwwww ek is bly dit werk nie so by mense nie, dan was ek vandag ‘n loser?

11036595_951793344867209_1880250918748751079_n

Ek sou graag vir uil-tieners wil skoolhou  – sonder oogrolle.

11693841_948763701836840_1548024203850418740_n

Gek glo ook elke mens moet sy lewe opkikker met ‘n speletjie

11742709_952437971469413_1597719042038011771_n

Aha … hulle kies daarom seker die swaarder dames…

11796454_952437831469427_7055349396886648067_n

Siestog wat van die kinders?

11781807_952060954840448_4039824806688301029_n

Glimlag…

Eish… net toe ek begin rugby kyk , druk hulle ‘n drie…   Nee ek moet maar liewers iets anders kyk …

Kom ons kners op ons tande en glimlag…

1261

1001180_394372374000400_532972983_n

24631

1002698_391795654258072_1898151772_n

1264

11700954_10206604695023735_6228815971749086456_n

 

 

Vrydag Byskrifte – Dieremaniere

Die weer is vreemd hier in die Noorde… dis bewolk maar nie eintlik koud nie. Dalk kry ons ook ‘n bietjie reën. As jy te veel reën gehad het kan jy gerus bietjie aanstuur.

Hoop jy het ‘n heerlike naweek. Dankie vir die deelneem/inloer.

1

11053182_508902205929561_6787897435134779504_n2

11206946_509243855895396_270982479384703923_n3

11750683_1475304272781368_5078340796261905283_n4

11751780_10153228350386977_7659311887668294108_n5

11695964_10153228441131977_6935042445253480987_n6

11754104_509791225840659_882149936419343209_n

Het jy geweet 2

Die son skyn helder vandag maar die wind het n ernstige byt. Ek deel vandag weer ‘n paar dinge wat ek nie geweet het nie… nie dat mens daar iets mee kan doen nie en op my ouderdom vergeet ek dit in ‘n oogwink.

Hoop jy geniet dit!

Ek kan heeltemal verstaan hoe ‘n man die een sou uitdink…

11539725_950889351624275_1751530811569475288_n

Eeeemmmm dis makliker om lief te raak vir iemand as om verlief te bly? Wat dink jy – sal jy weer verlief raak op jou maat?

11703336_951218701591340_1749745979138240847_n

Grusaam … ek hou meer van die ander een.

11053717_950802448299632_3035766329890864735_n

Wow,  dis die beste nuus ooit!

11755630_951218348258042_8165094032492759090_n

Dit was eers vir my gruwelik, maar dis dalk ‘n goeie manier om te gaan?

11781809_950803028299574_6282906062725987919_n

Dis ‘n briljante idee

11737849_950894281623782_6785747115467023965_n

 

Ek wonder weer vandag…

Hou mense net op met verkeerde ding wanneer hulle uitgevang word?

1. Lance Amstrong. Hy was nog altyd ‘n groot held van my, maar weet nou nie hoe ek oor hom voel nie.  Hy was tog ten spyte van die opkikkers ‘n uitstekende sportman.  (so tussen hakkies het die mense wat nou tweede gekom het die ekstra prysgeld gekry? En die trofee? ) Vergewe mens hom?

220px-Lance_Armstrong_(Tour_Down_Under_2009)

2. Bob Hewitt Hy was een van my gunsteling tennisspelers… en nou. As hy wat sekerlik enige vrou kon kry met kinders gelos het.  Hoe kwesbaar maak dit ons kinders wat uitgelewer is aan afrigters? Ons betaal baie geld en vertrou mense maar hoe weet ons wat gebeur as daar nie toesig is nie.

220px-Bob_Hewitt_(1967)

3. Bill Crosby  Seker een van my grootste gunstelinge en nou lyk dit of nog ‘n held geval het. Ons het nie ‘n episode van die Crosby Show gemis nie en nou laat dit met ‘n bitter smaak in die mond. Wat nou? Mens kan dit nooit beter maak nie.

1030-bill-cosby-years-1-300w

So kan mens aangaan oor gevalle helde … mens vergewe dalk, maar dit maak nie mens se teleurstelling kleiner nie. Dink jy nie daar word te veel eer en aandag op mense geplaas waar onder hulle knap en hulle wend na dinge wat minder eerbaar is om op die kruin te bly.

Sondag kopies

Hierdie naweek is die werkers se ‘huis-toe-gaan-naweek’ en daarom is dit salig stil en rustig. Hulle moet aan die einde van die maand die woonstelle oorgee en ons kan nie wag daarvoor nie … Een van die nuwe intrekkers het al die naweek ingetrek. Die woonstelle is baie gewild en amper almal is verkoop.

Ek hoop daar is ietsie ouliks vir jou om met die oë te koop tussen die kopies en indien nie dat jy ten minste sal glimlag.

‘n Ryding vir enkelinge

11207278_10155804333065015_8509002579000462529_n

Dalk oorweeg jy ‘n nuwe beroep?

11752168_948763778503499_7273159908950693505_n

Hulp met hoofpyne… organiese natuurlike probleemoplossing.

11696026_612793902156372_2631213858547282340_n

Ek gaan beslis vir my so een soek … aan die ander kant ek koop gewoonlik gesnyde brood.

11752093_10155807327815015_5527766268549567592_n

Dis net vir werkende mense … ons afgetredenes gebruik nie meer ‘n wekker nie.

11695872_948763425170201_2901569318072758258_n

Dit gee nuwe betekenis aan die braai…

11223864_10152899290347111_8649909239891260640_n

Vrydag Byskrifte

Sjoe, die ysige wind sny deur vel en been.  Toe ek vroeër die week pannekoek bestel het vir die inwoners, het ek nooit kon dink die weer sal so lekker saamspeel nie. Dis ook die lekker van afgetree wees, jy kan op so koue dag knus by die huis bly en broei, inkleur of sommer net met ‘n boek opkrul.

Hoop jy het ‘n wonderlik naweek. Dankie vir die deelneem/inloer.

1

1604877_849595815132952_2302856511182361041_n2

11012905_10155807351470015_7214107575715688478_n3

11218221_10155804321420015_3234837629188902509_n4

11738050_10155807354090015_6179026997876121952_n5

10155078_922071254498467_6297662529726879077_n6

11738138_10155798996355015_8510421446845893566_n

Ag nee…

Ek moet dit net van my hart af kry:

1. Mense wat sê hulle kleuters is sexy/vet/dom, maak my hart seer.

227791_504879719535505_1804512330_n

2. Mense wat nie die kloutjie by die oor kry, en dan ‘n storie verkeerd oorvertel en so mense seermaak, terwyl hulle onskuldig hulle skouers onskuldig optrek.

enhanced-3949-1435764749-7

3. Eish Ek hoor Steve Hofmeyr is tot ridder geslaan en is nou ‘n tradisionele leier van die Boerevolk.

(mmmmm die foto  wys nie… seker ‘n staatsgeheim)

11113601_10153368759194559_5068150087392663475_n

4. Mense wat wil hê ek moet hulle webwerwe/goedere ‘like’ terwyl hulle nooit met jou praat of iets van jou ‘like ‘ nie.

11224735_1095372387192062_4058459211247930744_n