Dis darem so lekker as dit gereën het. Dis of alles nuwe lewe gekry het. Ek hoop jy het darem ook reën gehad.
Ek hoop daar is iets vir jou vandag by die kopies en dat jy tenminste sal glimlag.
Dis darem so lekker as dit gereën het. Dis of alles nuwe lewe gekry het. Ek hoop jy het darem ook reën gehad.
Ek hoop daar is iets vir jou vandag by die kopies en dat jy tenminste sal glimlag.
Gister 4mm reën gehad en vanmiddag ook ‘n buitjie, terwyl dit nog belowend lyk . Mens hoor van wydverspreide reën en is al te dankbaar. Wat water-toestand betref het ons nou darem bietjie water. Ek hou egter nie my asem op nie… gister was ons vir ‘n ruk sonder water en krag. Mens voel soos ‘n weeskind.
Hoop jy het ‘n heerlike reënerige naweek. Dankie vir die deelneem/inloer.
1
2
3
4
5
6
Ek hoop jy sien die week ietsie wat jy Maandag kan gaan koop of op jou wenslysie kan sit. Hoop jy het ‘n heerlike Sondag.
Ek het lanklaas ‘n paar van die gedeel. Op die oomblik is dit 36 grade hier en dis al na 4! Die kraaie gaap behoorlik!
Ons was vanoggend gou Witbank toe vir ontbyt… eish, ek voel die ouderdom in my litte … glad nie meer so jong bokkie soos ek my voorhou nie
Hoop jy het ‘n heerlike naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.
1
2
3
4
5
6
Die sepieskrywers het volgens my nou werklik te ver gegaan. SABC 2 het sekerlik ‘n redelike trefwydte aan mens wat nie DSTV het nie. Ek kyk die Afrikaanse nuus op 2 omdat die weerberig beter is en omdat ek reken hulle is effens meer gebalanseerd.
Ek skakel gewoonlik oor om half sewe en kyk dan met ‘n halwe oog na 7e Laan. Die sepie word uitgesaai terwyl die meeste kinders nog TV kyk. Die jong prokureur Zander word skuldig gevind aan aanranding en in die tronk gegooi. In die tronk word hy aangerand en die die bewaarder kyk toe hoe dit gebeur. Is dit wat ons, ons kinders wil leer? Die tronkbewoners is ‘n belaglike polities korrekte spulletjie. Elke moontlike bevolkingsgroep is teenwoordig, maar die groot boelie is hierdie wit oom met netjies geskeerde hare en baard wat na my oud-Afrikaanse onderwys lyk.
Ag nee wat met al die geweld in ons land is sulke sinnelose geweld regtig onnodig. As hulle nou bendelede wil bereik , om te wys dat die tronk nie ‘n lekker plek is nie slaag hulle glad nie. Die feit dat hy ook onskuldig tronk toe gaan help ook nie regtig nie.
Daar is ook ander besluite waaroor ek twyfel. Gemene mense kom nooit in die moeilikheid nie? Baie mens verloor hulle varkies en kry nie hulp nie? Die storieskrywers het ‘n verwronge idee oor huwelike en veral lojaliteit…
Ja,ja… ek weet ek moet miskien maar ophou om dit te kyk?
Ek is besig om Crocodile Dundee 2 te kyk en geniet dit – hehehe – dit bly maar ‘n lekker cool fliek! Verder is dit vandag weer hondwarm – ek het vir my so lekker waaiertjie by die Chinese gekoop wat jy by die usb inprop en dit werk uitstekend.
Hoop daar is iets by vandag se kopies wat jou aandag sal trek. Hoop jy sal ten minste glimlag!
Die is spesiaal vir Valentynsdag vir jou!
Die meeste mense funksioneer beter wanneer hulle bietjie erkenning kry vir dit wat hulle doen en veral vir dit wat hulle goed doen. Tog is erkenning in hierdie tye maar skaars en mens is so ernstig om deur die lewe te jaag, dat daar nie tyd is om bietjie stil te staan en te kyk wat ander vir jou doen nie. Ek dink soms ek sou ‘n goeie kommunis gewees het.
Sug… maar die lewe is nie gelyk nie.
Ek kyk graag na die sitcom Last man standing en hoewel dit dalk oordrewe is, besef mens weer hoe ouers baie keer vir die swart skapie oorspoel met lof en erkenning voor die een wat altyd haar werk doen en altyd soet is. Goed, ek besef dit is om die swart skapie aan te moedig, maar waarom dan ten koste van die ander? Goeie werk word nie altyd beloon nie en baie keer as vanselfsprekend aanvaar.
Niemand het gesê die lewe is regverdig nie
Dieselfde gebeur met oupa en ouma. Hulle sing lofliedere oor die kleinkinders wat naby bly en kans kry om baie te kuier, maar wat van die outjies wat ver bly of nie so baie by die grootouers kom nie? Elke kind het tog die reg om ook sy/haar gesiggie op FB te sien en die woorde van erkenning en liefde van die grootouers te lees/sien. En (jammer Lou) wanneer kry die grootouers erkenning vir dit wat hulle vir die kinders en kleinkinders doen.
Moenie vir my sê: ‘Maar hulle weet ek is lief vir hulle!’
Aan die ander kant as mens altyd dinge doen om erkenning te kry, gaan jy baie teleurgesteld wees.
Die lewe werk nie so nie!
Kom ons glimlag liewer.
Sjoe, ek het hierdie week met die internet gesukkel. Jammer as ek nie by jou kommentaar gelewer het nie. Mens kom weereens onder die indruk hoe afhanklik mens is. Verder was dit ‘n besige week – die staatsrede word druk bespreek hier op die landgoed en ek het sopas op die krieket ingeskakel, met 111-6 lyk dit nie te sleg vir SA nie. Net soms kry ek so ongemaklike gevoel dat sekere sportsoorte so effens gekook word. Daar is baie geld in om ondersteuners se belangstelling te behou – nee moenie my aanval nie – ek wonder net.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en as dit reën stuur maar so bietjie aan.
1
2
3
4
5
6