Monthly Archives: Januarie 2017
Weekly Photo Challenge – Repurpose
https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/repurpose/
We live in a disposable society. It’s easier to throw things out than to fix them. We even give it a name – we call it recycling. Neil LaBute
Vrydag byskrifte
Ek wou al lankal vir jou vra wat die waarde van ‘n bestuurlisensie is as jy dit nooit gebruik nie. Myne verval in 2018 en ek het dit nog nooit uit my beursie uitgehaal… wel dis nou waar net tot vanoggend toe verkeersoom om die hoek my aftrek en na my lisensie vra. EN (Jammer Lou) daar het ek toe die antwoord … mens het ‘n lisensie om vir die kwaai oom om die hoek te wys.
Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n lekker naweek.
1
2
3
4
5
6
1 2 3
4 5 6
Onvoorwaardelik
Ons hou elke middag met koffiedrinktyd die geelvinkie dop, wat nou al by sy vierde nessie is. Hy bou so fluks en sing en roep met soveel oorgawe dat mens hom jammer kry, omdat daar nie ‘n wyfie in sig is nie. Dan na ‘n paar dae breek hy dit weer af en begin van voor af bou. Dis wonderlik om die proses dop te hou – daardie eerste knoop is voorwaar ‘n wonderwerk.
Die wonder van die natuur laat mens besef dat niks ooit regtig onvoorwaardelik is nie. Die nessie is slegs ‘n sukses op voorwaarde van ‘n wyfie. Aan alles in die lewe is voorwaardes gekoppel. Vriendskap, liefde, belangstelling, verhoudings en ook negatiewe goed soos vyandskap en oorlog is aan voorwaardes gekoppel. Elke saak het selfs meer as twee kante en die lewe bestaan uit meer as 50 shades of grey . Onvoorwaardelikheid is sekerlik volgens my die mees overrated menselike eienskap – juis omdat dit nie bestaan nie.
Sondag Kopies
Ek sou nooit kon droom dat ek eendag iets positief oor die IE browser sou sê nie. In die begin jare van my rekenaargebruik, het ek darem baie gestoei met Telkom en IE (‘n pynlike herinnering), maar in die laaste tyd gebruik ek dit vir my speletjie FB profiel. Op die voorblad is daar ‘n nuus skyfieprogram wat gereeld opdateer en maklik in ‘n nuwe skakel oopmaak, sowel as my tuisdorp se weervoorspelling vir 5 dae. Die browser vries nooit en maak vinnig oop. Ek is gepas beïndruk.
Ek hoop daar iets vir jou wenslysie by die kopie, maar indien nie, dat jy ten minste sal glimlag.
Weekly Photo Challenge – Graceful
https://dailypost.wordpress.com/prompts/graceful/
Everyone is like a butterfly, they start out ugly and awkward and then morph into beautiful graceful butterflies that everyone loves.
Drew Barrymore
Vrydag Byskrifte
“More Juffrou, hoe gaan dit met Juffrou?” Die vrolike groet is darem nog altyd spesiaal. Eenmaal ‘n onderwyser, altyd ‘n onderwyser. Ek het skoolgehou vir ‘n karwag wat by ‘n inkopiesentrum naby my werk. Elke keer as ek daar kom is dit vir my spesiaal.
Ek hoop jy het ‘n lekker naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.
1
2
3
4
5
6
1 2 3
4 5 6
Van alles en nog wat…
Vandat ek afgetree het, is daar meer tyd om oor goed te wonder… nie dat mens regtig antwoorde soek omdat lewensbelangrik is, maar sommer wonder …. en wonder … en wonder.
-
Waarom is sommige winkels se diens so treurig, as daar ander is waar die betaalpunte almal oop is en die diens flink vriendelik en uitstekend is? Is daar nie inspekteurs wat na die goed omsien nie?
-
Is daar iewers in die hele wye wêreld ‘n man wat nie eers deur sy ma en daarna deur sy vrou bederf is/word nie?
-
Word mens klaerig gebore… ek wonder altyd of ander mense my ook as ‘n klaagster beleef?
-
Vra jy maklik hulp met iets wat jy nie regkry of sukkel jy maar tot iemand aanbied om jou te help?
-
My kar se wiel was nou al van Vrydag af pap en ek het besef dar ek as ek brood het vir ‘n lang tyd sal kan leef. Watter kossoort wil/sal jy nie sonder kan klaarkom nie.
A-nee-a dis darem te ernstig. Ek is seker jy sal bietjie saam met my glimlag.
Weekly Photo Challenge – Ambience
https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/ambience/
Let’s get loose with Compassion. Let’s drown in the delicious ambience of Love.
Hafez
Vrydag Byskrifte
Sjoe die tyd vlieg. As jy weer sien is dit naweek. Ag jy jou oog knip is die maand op sy helfte. Dis net politici wie dae, tydperke en mag meer en meer word. Gelukkig doen die krieketspelers darem hulle ding om ons op te beur. Baie geluk Amla!
Dankie vir die inloer/deelneem Ek hoop jy het ‘n wonderlike naweek.
1
2
3
4
5
6
1 2 3
4 5 6