Ek glo dat mens moet spaar, maar sommige besparings is darem oordrewe en kan mens net sowel in die bosse in ‘n tent gaan woon. Met gister se omgewingspraatjies beveel die Prof aan dat jy snags jou muurproppe sal afsit. Ek sal my voortande verwed dat die geagte Prof nie haar proppe afsit nie. Ek het ook nie met aarde-uur die krag afgesit nie Beurtkrag maak mens minder toegewend.
Wat wel interessant is, is die lys van artikels wat die meeste krag gebruik. Laat mens met ander oë na jou ketel kyk!
Dankie vir die inloer en ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie en dat jy ten minste sal glimlag.