RSS-toevoer

Monthly Archives: Maart 2012

Anna is an amazing writer I would like you to let her feel welcome like you did me. I promise you won’t be sorry for following her blog.

Notes From My Paper Heart

Los Angeles, California

I should start this thing by saying that I am starting a blog here with a bittersweet taste in my mouth. My previous blog was my ‘home’ for almost seven years. I am sad to see it go, lost to advertisers, but excited to start fresh…

I thought it would be best to give you some kind of background on myself before I start to blog in earnest, it might help to explain my writing and all the other random things I am sure will end up here.

Six years ago I left South Africa, ended up in Chicago with my American love. Like Alice I disappeared into the Rabbit’s hole, travelled from coast to coast in the back of a van and tour buses. Music had kidnapped my heart and I spent a very long time on stages in small towns. Somewhere along this journey I…

View original post 70 more words

Photoshop

Die kursus wat ek doen is in werklikheid ‘n beginnerskursus wat jou leer om jou kamera ten volle te benut.  Dis nie vir professionele fotograwe of vir die kommersiële gebruik van foto’s nie.  Die klem is op die persoon en die kamera as enigste hulpmiddel.  Die gebruik van Photoshop word baie sterk ontmoedig.

Ek het ‘n ernstige probleem met horison lyne wat heeltyd na regs kantel. Ek dink dit moet ‘n ernstige breindefek hê , want dit lyk altyd vir my reg – en ek gee regtig aandag as die grid lyne, maar as ek by die rekenaar kom is dit maar weer skeef.  Ek is glad nie Photoshopvaardig nie, maar  ek kan darem nou al my horisonne reguit trek.  Ek het darem al bietjie rondgespeel en deel graag die met jou die volgende foto:

 

Fantasie

Ek is ‘n groot voorstaander van fantasie – dis nou outydse fantasie van sprokies en stories met kabouters en feetjies (ja en hekse en trolle ook – ongelukkig)  Die enigste wat nie vir my geloofwaardig is Hansie en Grietjie – ek kan nie glo dat ouers hulle gebroedseltjies sommer so in die bos sal kan laat nie.  In my tuin is daar beslis glo ek feetjies en kabouters wat saans in die maanlig kom baljaar.

As ‘n mens nou op my ouderdom met fotografie deurmekaar raak, is daar logistieke probleme waarom mens moet werk. Jy kan nie met jou rumatiek lyf op die grond rondrol of in klein gaatjie kruip, want uitkom sal jy nooit weer nie. As jy dan nog ‘n vroumens is, kan jy nie sommer in jou kar klim, langs die pad stilhou, jou kar sluit en op eensame of selfs minder eensame plekke gaan foto’s neem nie.  Daarom moet mens soms terug gryp en van jou omgewing gebruik maak vir ‘n foto-opdrag.

Ek het dus bewyse van die feetjies en kabouters in my tuin en het hulle een oggend op wasdag betrap het! Ek het die onderste foto vir ‘n opdrag gebruik.

 

 

Wednesday Song Title Interpretation: Just The Two Of Us

Wednesday Song Title Interpretation: Just The Two Of Us

Just the two of us, we can make it if we try
Just the two of us
Just the two of us, building castles in the sky
Just the two of us, you and I

http://www.uulyrics.com/music/will-smith/song-just-the-two-of-us/

 

Ek het met ‘n skok besef dat ek regtig nie foto’s van ma’s met ‘n kind het nie  – daar sal iets aan gedoen moet word.

Mnr/Me Slak

Soms val daar ‘n fotogeleentheid in mens se skoot en dan moet jy skep solank jy kan.

My huishulp werk net Dinsdae en Donderdae by my en dan word die plante in en buite die huis natgegooi – Ja, ek doen dit soms self, maar sy doen dit met vreugde. Vanoggend kom sy met ‘n ou potplant met die allermooiste slak lekker uit sy dop.

Ek het wild en wakker foto’s geneem, maar dit het nie te goed gewerk nie. Toe verander ek die die Witbalans en kyk nou – nie te sleg nie sou ek sê!

Iemand moet nog eendag vir my vertel waarom mens baie keer ‘n rooi blokkie kry as jy inzoom?

 

 

 

 

 

Foto-opdrag 42

Baie dankie weereens vir al jou insette met die vorige opdrag. Omdat daar soveel belangstelling was, neem ek die vry moedigheid om die volgende een ook met jy te deel. Ek het nog nie baie planne nie, so ek sal bly wees as daar planne is wat jy kan deel.

Komposisie

1. ‘n Opgestelde Komposisie

2. Lineêre horisontale en vertikale perspektief

3. Verminderde grootte deur afstand

4. Mense as skaal-verwysing

Ek het Maankind belowe om ‘n eierbraaibroodijie te plaas. Dis nie ‘n wonderlike foto nie, maar jy kan my op die oomblik min van die broodjies vertel. My grootste probleem was dat die brood gebrand het voor die eier gaar was. Die hartjie-idee het na die eerste een gewaai, daarna het ‘n vierkant gevolg en daarna die sirkel. Hier het ek eers die eier half gaar gemaak en toe die brood opgesit.  Hehehehe… weer onder die indruk gekom van my kook onvermoë.

Terugvoer Foto-opdrag

Baie dankie vir elkeen se bydrae met my foto-opdrag. Ek het bewyse van die meeste van jou voorstelle, maar het op die einde tog ‘n finale keuse gemaak. Ek het ook vir my mentor van die blog vertel en hy het met belangstelling jou kommentaar gelees.

TERUGVOERING  : WERKOPDRAG 42

Foto 1 – Deel van die Geheel  –   Heel ongewoon en nogal interessant. Die beligting wat jy gebruik het laat eintlik die tekstuur baie mooi na vore kom. Die tekstuur is dan ook die sterkste eienskap van hierdie foto. Net `n wenk – jy kon met die groen takkie `n interessante diagonaal getrek het wat ook die agtergrond in `n teenoorgestelde diagonaal sou gooi.

Foto 2  – Gryp die Oomblik  –  Jy moes omtrent `n moeilike keuse maak en volgens jou blog het jy darem ook heelwat hulp gehad met jou keuse. `n Lekker lewendige en spontane foto met genoeg kleur en kontras. Om `n oomblik aan te gryp by kinders sny altyd dieper want hulle ontwikkel so vinnig dat jy amper van dag tot dag `n ander mens het om mee te werk.

 Foto 3  –  Raam in `n Raam  –  Ten spyte van al jou avonture het jy hier darem `n goeie foto gekry. Die toneel buite die raam kan heeltemal vereenselwig word met die raam self.

Beligting en fokus is puik en gaan gepaard met goeie sinvolle kontras. Let op hoeveel die wit muur daar heel agter bydra tot die lekker gevoel van diepte in die toneel. Netjies gedoen.

Foto 4   –  Vreemde Invalshoek  –  So `n foto trek gewoonlik aandag. Ek dink dit is omdat mense nooit regtig onder `n boom gaan staan en opkyk na sy loof nie. Dan besef hulle nie altyd hoe veel mooi hulle gewoonweg uitmis totdat hulle na so `n foto kyk nie. Baie lyne wat van die kante af inloop om die oog vas te hou binne die kern van die foto. Ek weet hoe moeilik dit is om eweredige beligting te kry by so `n foto en jy het dit heel goed hanteer.

Herfs

Vroegherfs

 
Die jaar word ryp in goue akkerblare, 
in wingerd wat verbruin, en witter lug 
wat daglank van die nuwe wind en klare 
son deurspoel word; elke blom word vrug, 
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val 
so stilweg in die rookvaal bos en laan, 
dat die takke van die lang populiere al 
teen elke ligte môre witter staan. 
O Heer, laat hierdie dae heilig word: 
Laat alles val wat pronk en sieraad was 
of enkel jeug, en ver was van die pyn; 
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort 
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas 
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Uit Vroegherfs NP van Wyk Louw

 

Uit Vroegherfs NP van Wyk Louw

Ek leer die laaste tyd baie van agterlig. Hierdie is een van my gunsteling foto’s maar dit was net toevallig dat die agterlig hier goed gewerk het. Ek het bv. Saterdag ‘n rugbyspannetjie afgeneem waar as ek nie so luis was om ‘n paar tree te loop die probleem uitgestryk sou wees.

Dis is ‘n mot wat ‘n middagslapie weg van die herfssonnetjie neem.

In die laatmiddag son verkleur alles na die ryk kleure. ‘n Ideale tyd vir fotografie soos ek verneem. ‘n Jong vrou waarvoor ek skool gehou het, het vertel dat dat die modelle altyd met fotosessie gewedywer het om laaste te wees omdat hulle geweet het  hoe vleiend die lig is.

Weekly photo challenge : Through

Ek weet nie of ek vir iemand moet inlig en of mens sommer net mag deelneem nie, maar hier is my inskrywing.

Through the gate

Eish …2

Hier is ‘n paar van die foto’s wat ek Saterdag van die murasie geneem het en jy kan sien daar is beslis moontlikheid.  Hehehehe… ek dink dis een van my gunsteling verbode murasies!