Ek kyk graag na kompetisies en verwonder my soms oor die keuses van die mense. Dalk is dit maar ‘n kultuur of persoonlikheidsverskille ding. Komediante sukkel om my te beïndruk en individuele sangers moet uitstekend wees voor ek vir hulle sou stem. Ek sukkel ook met groepe teenoor individue. Dan wonder ek ook oor die insluiting van kinders … die jaar wat die kleuter as DJ die SA talentekompetisie gewen het, het ek amper my poppe gegooi! Ek wonder of mens nie liewer na kategorie wenners en ouderdomsgroepe moet gaan nie.
O die rugby maak my nerwe dun. Dankie egter vir jou inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie. Onthou egter om die hele week iets te soek wat jou laat glimlag.