Dis darem wonderlik hoe mens se blogvriende jou uit donker dieptes kan haal. Ek het so lekker gegiggel oor die kommentaar by die twee laaste blogs en Lewies het ‘n skakel gegee waarmee ek per ongeluk op die verkeerde blog geland het – ek lag nog erg geskok saam met die feit dat ek by die verlate eiland net die toiletpapier raaksien, … dit laat my nog kort-kort giggel!
Wat my ook gelukkig gemaak het, is dat ‘n vriendin vir my Vrydag die laaste kaartjie vir my PnP versameling gegee het en ek dit kon afgee vir ‘n vriendin se kleinkinders. Nadat ek en ‘n vriendin gisteraand heerlik gaan uiteet het, is alles weer klopdisselboom by my Landgoedhuisie.

Nou moet jy ook nog net saam met my glimlag want die gekners op jou tande oor die rugby is glad nie goed vir jou nie. Ek sien mense beveel ander sportsoorte as nasionale sport aan… jukskei, rolbal… As dit nou landwyd reën vandag kan die manne darem nie om die braaivleisvure hulle sorge uithuil nie. Kom ons glimlag – more is nog ‘n dag!






