Toe ek amper 5 jaar gelede hier op die Landgoed ingetrek het, was dit soos die Voortrekkervroue wat kaalvoet oor die Drakensberge getrek het. Ek het graag oor die gebeure getjommel, omdat dit snaaks was en dit ‘n lewe wat onbekend aan my was. Nou het dinge so verander dat as daar iets gebeur wat snaaks is, ek nog glimlag maar ek dit uit respek nie meer deel nie, want dit is nou MY mense. My stories vul my met deernis en soms hartseer, omdat ek weet dis dalk die persoon se laaste storie. Van ons 6 mense wat in Desember 2013 ingetrek het, is daar reeds 3 oorlede. My hele uitkyk oor doodgaan het verander. Die besluit om hier te kom woon was die heel beste van my lewe en vul my met groot dankbaarheid.
Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry sommer ‘n hele paar dinge vir jou wenslysie, maar dat jy darem ook sal glimlag.