RSS-toevoer

Sondag kopies

Sjoe, ek was lanklaas hier. Ek sukkel nog maar met die formaat… dalk word ek oud of dom. Is jy al gemaklik met die nuwe formaat? Veral die oplaai van foto’s is ongemaklik. Tog kom ek deel ‘n paar grappies om jou op te kikker.

‘n Bejaarde egpaar het op ‘n bootreis gegaan en dit was baie stormagtig op see. Hulle het agter op die dek gestaan en kyk na die storm toe ‘n reuse golf die skip tref en die ou man oorboord spoel. Hulle het vir dae na hom gesoek maar kon niks kry nie en die kaptein het die vrou terug land toe gestuur.

Drie weke het verbygegaan en uiteindelik het die ou dame ‘n faks van die Kuswag af gekry wat lui: ‘Mevrou, ons is jammer om u in kennis te moet stel dat ons u man se liggaam op die seebodem opgespoor het. Ons het hom opgetrek tot op die dek en aan hom het daar ‘n oester vasgesit waarin daar ‘n pêrel met geraamde waarde van R1 000 000 was. Laat weet asseblief wat ons moet doen.’

Die ou dame het teruggefaks: ‘Stuur vir my die pêrel en laat sak weer die lokaas!’

*****

“Oupa, ek sien oupa het ook geleer om oupa se hand voor oupa se mond te hou as oupa nies” “Natuurlik my kind – hoe moet ek anders keer dat my tande op die grond val!”

*****

Die oggend met ontbyt kla die een tante van die ouetehuis dat sy nie ‘n oog kon toemaak nie omdat ‘n jong man die hele nag aan haar deur bly hamer het. “Hoekom het jy nie die deur vir hom oopgemaak nie?” vra haar vriendin. “Is jy mal? Dan sou hy mos uitgegaan het!”

Dankie vir jou inloer. Ek hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie. Ek hoop jy is gesond en dat jy elke dag iets kry om iets oor te glimlag.

28 responses

  1. Hoe kry ek nou lus vir pap-en-wors vir ontbyt!?

  2. Sal wat wil gee Vir lekker stuk boerewors en pap met his en tamatie daaroor. Yummy.

  3. Die braaivleis en die leuen moppen. Hond gaan sy kos moet verdien.
    Ek onthou ek daardie aand jou deur gehamer Tina…
    Maar ek was aan die buitekant!

  4. Nodig daai gallon optimisme sodat braai samesyn gou kan gebeur!

  5. ja die sleepboten kunnen mij bekoren

  6. Ek dink ek kan so iets onthou van gekleurde toiletpapier… stuur maar oor asb…(solank dit dubbeld is)😝

  7. Daai ou tannie – ek verstaan haar probleem met die man wat klop.

  8. leuke moppen 😁
    verder niets nodig

  9. Kom ons braai!! Wens ook dat ons dit saam met vriende kon doen!

  10. Ek vra nie veel nie, daai braaiwors sal die ding doen, maar die samesyn van vriende. Ek is uitgehonger vir kuier.
    Oulike grappies!

%d bloggers like this: