RSS-toevoer

Monthly Archives: Maart 2020

Sondag Kopies

Hallo al julle tuisblyers! Hoop julle oorleef nog almal en dat jy jou goed besig hou. Selfs ek het ‘n naaldwerkie nader getrek ! Ek praat nie te veel en daarom ‘n grappie of meer.

Regter: “Gatiep sal jy vir die hof se wat het jy gesteel?” Gatiep: “Ek het n wekkertjie gesteel djou honor.” Regter: “Sal jy vir die hof se hoeveel kos die wekkertjie?” Gatiep: “Die wekkertjie kos R16 000 djou honor.” Regter: “Wat se wekkertjie kos R16 000????” Gatiep: ” ‘n Kragopwekkertjie djou honor!!”!

*****

‘n Ou Boesman kry ‘n spieël in die veld.

Hy weet nie wat dit is nie.

Skrik toe hy daarin kyk, want die gesig wat hy sien, lyk nes sy oorlede pa.

Elke keer as hy na sy pa verlang, kyk hy in die spieël en huil verdrietig.

Sy vrou wonder wat aangaan en gryp die spieël.

Sy kyk daarin en sien die lelikste vrou wat sy nog ooit gesien het.

Sy skreeu vir haar man: ‘Jou gemors, is dit oor hierdie lelike vrou wat jy so tjank?’

*****

Laasnag, in die kuierkamer, sit ek en my vrou en praat oor lewe, en oor doodgaan. As ‘n mediese praktisyn, het ek geldige en etiese redes hoekom ek vaste oortuigings het oor seker dinge.

Net om seker te maak dat sy weet hoe ek daaroor voel, neem ek haar hand, kyk haar in die oë en verduidelik ek dit kort en saaklik:

“Skat, moet asseblief nie probeer om my aan die lewe te hou, as ek soos ‘n ‘vegetable’ daar lê, geheel en al afhanklik van masjiene en elektroniese toerusting en vloeistowwe uit bottels nie. Ek vra jou nou, as ek in so ‘n toestand is en nie meer vir myself kan besluite neem nie, dan sal ek eerder wil sterf.”

Toe staan my vrou van die bank af op, met ‘n uitsonderlike uitdrukking van bewondering op haar gesig… en diskonnekteer die TV, die DSTV, die Dish, die DVD, die PC, sy vat my selfoon, die iPod, en die Xbox, en toe gaan sy yskas toe en gooi die brandewyn en die whiskey en al my bier in die wasbak se drein af!

EK WAS AMPER DOOD…

Dankie vir die inloer. Hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie. Onthou om te glimlag. Veilig bly.

91262173_883733678735409_6191823775323914240_n

Custom-Classic-Fifth-Wheel-RV-2-768x462

87542020_203997804341460_2104786003720929280_n

90605845_2951556604882402_7108106269981933568_n

89773478_2951442961544091_9011286586138034176_n

83913580_3377953232215829_1685915753355673600_n

80500978_3298445100166643_8405109023833063424_n

81351947_1049089972100258_9151785763937976320_n

 

 

 

 

 

 

 

Sondag kopies – nie vir sensitiewe lesers.

Op hierdie Sondag sal ek jou nie blootstel aan my getjommel nie, dus ‘n paar grappies is gepas.

4 snydokters gesels om tafel.

1ste een sê hy opereer graag op boekhouers want hulle ingewande is almal genommer.

2de een opereer graag op elektrisiëns, hulle organe is colourcoded.

3de een sê dis maklik om op ‘n bibliotekaresse te opereer, al hul organe is alfabeties gerangskik.

4de een sê die heel maklikste operasie is op ‘n politikus, dis regtig kinderspeletjies, hulle het geen ruggraat, geen brein, geen hart. Jy kan selfs hul kop en gat omruil en niemand sal iets agterkom nie.

*****

Die vrou en ‘n baba se eerste besoek aan die dokter. Dokter kyk die baba so en vra:” Mevrou, word die baba gevoed met die bors of met die bottel?” Vrou: “Borsvoed dokter.” Dokter vra:”Mevrou trek vir my die bloes uit asb.” Dokter vryf die nipple, masseer die bors en se:” Mevrou geen wonder die baba is so klein nie, jy’t nie melk nie!” Vrou:” Ek weet dokter, ek is die ouma van die kind maar ek’s bly ek het gekom!”

*****

Die ou oom en antie sit op die stoep en drink tee .Oom se selfoon maak “bleep bleep”,hy haal dit uit sy sak om te kyk wie hom sms. Antie vra, ”Wie is dit?”
Oom antwoord,”Betty Louw,ek ken nie ‘n Betty Louw nie”,en hy sit sy foon terug in sy sak. Na ‘n paar minute maak die oom se foon weer “bleep-bleep” en hy sê, “Ai die Betty Louw is lastig.”

Antie sê,”Gee jou foon hier laat ek sien.”Sy kyk die oom se foon so en sê,”Jou onnosele donner,dis nie Betty Louw nie,dit sê Battery Low!”

*****

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie. Hoop jy sal darem glimlag ook. Mooi week vir jou.

89487897_1105517453124589_3954177017045319680_n

T1-Tiki-Party

90088244_3314952398532230_9064293088230375424_n

89046111_3066011320099009_162059926510764032_n

84691861_2810070189040082_824775390328258560_n

81111636_10217526195960781_2350557024674119680_n

86480853_10218006697613022_4728491339124047872_n

75610701_10217302063197602_8216106703049981952_n

10414067_10154295957883676_2165045989751917115_n

 

 

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Sjoe, ek was lanklaas hier. Die Fase 4 beurtkrag was net te veel hierdie kant – ja, ja ek weet dis geen verskoning nie.

Hierdie virus wat die hele wêreld betrek is baie hartseer, maar daar het darem ‘n paar goeie dinge gebring. Mense maak bietjie ‘n eerlike opname van hulle lewens en besef hoe die gejaag na wind hulle lewens oorheers. Ek het nog nooit soveel grappies oor toiletpapier gesien of gelees nie. My predikant stuur elke oggend ‘n spesiale gedagte en dit beteken baie. Grinnik… tot ek en my sus in NZ ruil soggens getalle uit. Ek gee nie om om alleen te wees nie, so dit maak van my ‘n tevrede mens. Mense kry weer empatie met ander. Dalk is dit net wat die mense nodig het om terug te keer na hulle wortels en ‘n eenvoudiger lewe.

Dankie vir jou inloer/deelneem… ek sal nou weer begin om by jou ook in te loer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy sal glimlag.

1

70790196_2501268419938642_7693568736866861056_n

2

86191021_638508640026683_8646582208452100096_n

3

82015212_1037272026652568_1222625216048398336_o

4

12301461_204489993217952_2506671848838241959_n

5

81605074_836788170101943_6886840262245482496_n

6

72468022_2536632356402248_2354737492436975616_n

 

 

 

Sondag Kopies

Die ouderdom is beslis nie vir sissies nie. Behalwe dat mens se lyf nie meer wil doen wat jou kop wil nie, word jou wêreld al hoe kleiner.  Die gesellige klompie op die stoep se lag het opgedroog. Die gesellige gesprekke met middag oor ‘n koppie tee is vervang met uurtjie se saam tv kyk. Etes word ‘n stille tevrede saamwees. Ouma A se woorde is min, haar onthou weg en onsekerheid groot. Eish… niemand het gesê die lewe is regverdig nie.

Dankie vir jou inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou die week. Onthou alles is gratis en verniet.

milione-euro-696x431

89023255_2642299552655709_2868201653012529152_n87985151_2657871897779405_2144852589689176064_n

86842019_2635423523343312_9150916028765569024_n

86186281_182543839820190_1408120227882860544_o

82146976_1564064700417589_6201860057332711424_n

82988766_10213195499080390_601105549525778432_n

85016702_196985475039632_1047444967607238656_n

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Op ‘n koel herfs oggend moet mens min praat en dalk net ‘n grappie of twee deel.

Jannie: “Pa, is Pa bang vir ’n leeu?”

Pa: “Nee, my seun, glad nie.”

Jannie: “Is Pa bang vir ’n tier?”

Pa: “Nee, beslis nie!”

Jannie: “Is Pa dan bang vir ’n slang?”

Pa: “Nooit gesien nie!”

Jannie: “Nou, hoekom is Pa dan bang vir Ma?”

*****

“Klas!” Sê juffrou. “Luister nou mooi na die volgende sin en sê vir my wat is fout met die prentjie wat dit skets: ‘Die leeu en die koei wei in die veld’.”Jannie se hand is soos blits in die lug. Juffrou sien geen ander hand nie, en huiwerig moet sy vir Jannie ‘n kans gee.
“Juffrou, dit moet wees ‘Die koei en die leeu wei saam in die veld’.”
“Hoekom sê jy so Jannie?”
“Is daar nie ‘n reël wat sê dames eerste nie?” Antwoord Jannie ingenome.
“Dink jy nie die leeu gaan die koei eet nie Jannie?” “Hy kan,” Antwoord Jannie. “Maar dan kan hy netsowel voor stap, want dan is daai koei geen dame nie.”

****

‘n Ongelooflike depressie oorval koning leeu. Hy glo naderhand dat sy
onderdane hom nie meer as koning ag nie. Met die ingedagte stap hy na
die naaste PEP stores en koop vir hom ‘n Nike keps, ‘n kam en ‘n RayBan
bril.
Swaarmoedig stap hy in die veldpaadjie en sien Zebra eenkant staan en
wei. Met ‘n moedelose stem vra hy vir Zebra:”Ou Strepe, ou Strepe ek se,
wie is die coolste ou hier in die jungle?” Zebra kan sien hier is
moeilikheid en antwoord baie vinnig: “Natuurlik is dit jy koning Leeu”.
Koning Leeu voel effe beter, vat die kam en kam sy maanhaar dat dit mooi
regop staan en stap verder.
Volgende sien hy Kameelperd waar hy aan ‘n doringboom staan en kou.
Koning Leeu sluipstap tot naby Kameelperd en vra met effense
selfvertroue:”ou Kolle,ou Kolle ek se, wie is die coolste ou hier in die
jungle?” Kameelperd hik soos hy skrik en se: “Maar natuurlik is dit jy
koning Leeu.”

Koning Leeu begin nou erg goed te voel, sit die Nike keps agterstevoor
op sy kop en stap verder. Hier kort by die paadjie kry koning Leeu vir
Ystervark snuffel langs die pad. Koning Leeu skud sy lyf en vra met
selfvertroue vir Ystervark:”Ou Penne, ou Penne ek se, wie is die coolste
ou hier in die jungle?” Ystervark sien hy is nie regtig in ‘n posisie om
met koning Leeu te onderhandel nie en antwoord:”Dit is ongetwyfeld jy
koning Leeu.”
Koning Leeu voel nou so goed dat hy die RayBan bril oor sy oe laat sak
en met groot gebaar agter sy ore haak. Hy stap so een en ‘n halwe voet bo
die grond – so goed voel hy. So ‘n ent van die watergat sien hy hoe
Olifant staan en water drink en bad. Met baie selfvertroue en ‘n groot
stem vra koning Leeu van ver af:”Ou Dikkes, ou Dikkes ek se, wie is die
coolste ou hier in die jungle?” Geen reaksie van die olifant nie.

Koning Leeu stap nader, stamp Olifant met sy boude teen Olifant se
voorbeen en brul:”Ou Dikkes, ou Dikkes net ingeval jy nie gehoor het
nie, wie is die coolste ou hier in die jungle?” Die volgende oomblik
klap Olifant vir Leeu met sy slurp dat jy net sien Leeu, bril, kam en
Nike keps trek. Toe Koning Leeu uiteindelik tot stilstand kom skud hy
die stof af en se:”As jy nie die antwoord ken nie hoef jy nie agressief
te raak nie!”

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek. Onthou om te glimlag.

1

86403652_1531127480378505_2772243635419217920_n

2

82356329_164353478305893_2137525255223115776_n

3

86179239_1527131110778142_1598977119839322112_n

4

82713270_10206368004396342_6280938299401961472_n

5

87775062_10221385790930522_4254650231834017792_n

6

87420404_2815729495130253_106771044437590016_n

Sondag Kopies

Alles  (wel amper alles) visueel vind ek gewoonlik baie interessant, maar sommige advertensies irriteer nou al die wit waks uit my uit. Op FB kan mens dit darem blok, maar op die televisie is dit nou nie moontlik nie. As ek nog een keer die Outsurance , Trovago, Dotsure, of  ClearScore sien gaan ek iets na die TV gooi!  Die DSTV advertensies wat dink mense is geïnteresseerd is allerhande foefies moet weer dink.  Ooooo, maar dan kan die advertensie van die aanbieding Rooted oor die 4 bome en die Alan Gray advertensie van die pa wat elke sent vir sy kind bêre, elke dag wys.  Wat is jou grootste irritasie?  Gunsteling?

Dankie vir die inloer. Hoop daar is ietsie vandag vir jou en dat sommige goed jou sal laat glimlag. Hoop jy het ‘n lekker week.

87387456_3190573364305828_7829518178500739072_o

86190427_10218672800626010_2289113420106039296_n

 

87054103_6185342659041_2767611221132705792_n.png

86864374_2472134853051806_2402644816081977344_o

82539788_2736994409670316_7029294500568629248_n

02fa305b-b198-48ba-8511-f5805b9f77c5

82075103_3032678300104809_1088211616064864256_n

81955207_843366159444144_7918391084898582528_n

82913245_2745131905556412_6993240315997978624_n