Ai die tyd van die jaar is dit ‘n dolle gejaag. Om vir seker mense ‘n geskenkie te koop is darem so moeilik. Geskenke soek is vir my lekker want ek doen moeite om iets spesiaal te kry en die soek is soms lekkerder as om dit te gee. Ek sukkel darem altyd om iets vir mans te kry.
Hoe soek jy geskenke? Hou jy daarvan? Dalk sien jy hier iets ouliks… indien nie hoop ek dat jy ten minste darem sal glimlag.