RSS-toevoer

Monthly Archives: Julie 2019

Sondag Kopies

Almal hoes en proes. Eish… toe ek skool gehou het was mens elke jaar in die winter siek. Elke kind nies en hoes en proes die wêreld vol, maar die Juffrou het haar hondsiek lyf skool toe gesleep, want die wêreld gaan mos staan as jy nie by die werk is. Nou spring die Juffrou gelukkig nog elke jaar die griep vry, maar dan is mens nie so blootgestel nie. Kinders moet tog onthou om nie by Oupa en Ouma te kuier as jy siek is nie. Met medisyne is jy 2 weke siek en daarsonder 14 dae. Of het jy dalk iets wat werklik dadelik werk?

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie vandag en dat jy ten minste sal glimlag.

67659749_2761122077248601_7351033103462170624_n

67230787_2251875574940396_8961701824360873984_n

66580696_2332064883718551_1414464830881923072_o

 

67460193_2754937594533716_9103381366547939328_n

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Hier op die Landgoed kry mens daagliks met dementia te doen.  ‘n Mens leef met die gedagte dat as jy die kleinste dingetjie vergeet, jy op die rand van die afgrond staan. Mens onthou egter nie dat selfs kinders vergeet en dit het min met ouderdom te doen. Ek stap soms kombuis toe (8 tree) en dan het ek vergeet waarom ek daar is… sug. Die langtermyn geheue is niks beter af nie. Ek kan bv. van my laerskool loopbaan net 3 goed onthou:

  • Ek het vir 3 weke op die juffrou se skoot gesit en huil in gr. 1. (Ek was darem net 5)

  • Eendag het ons op die hobbelperdjie gery, toe val ‘n meisie af en ek onthou die wond op haar bobeen.. geen bloed maar die vleis wat uitpeul.

  • In st.5 was ek in ‘n klein skooltjie en almal moes saam krieket speel (Twee spanne die Chefs teen die Fords) Eendag lui die klok en toe ons al in die klas sit, besef ons dat die klower nog steeds besig is om lopies te hardloop. (Goeie kandidaat vir die Proteas)Verder onthou ek niks. As ek nou my sus se blogs lees, verbaas ek my hoe baie sy kan onthou. Beteken dit nou dat ek ‘n beter kandidaat vir dementia is? Ek wonder hoe is jou onthou? Ek hoop darem mense sal my help en sê ek moet hulp kry… netnou vergeet ek om te onthou en te vergeet.

Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy nie sal vergeet om te glimlag nie.

1

5d374c802400009d17936591

2

20621139_10213862503862094_7183028470679977727_n

3

40628843_340577603152344_2683067598819557376_n

4

33427289_1924269967885136_6423018592102514688_n

5

5d37455b2600004a00045417

6

29571034_1500158590106168_885628205455158337_n

 

Sondag Kopies

Die natuur is darem wonderlik. Ek het ‘n ‘n aarbeiplantjie vir my verjaarsdag gekry en een oggend toe ek terug kom van die dorp het ‘n voëltjie die helfte van die eerste pienk aarbei opgevreet en toe ek later die dag kyk sit net die stingeltjie daar. My hart is toe op aarbei twee… stewig onder die blaar weggesteek, net vir my!  Toe ek vanoggend egter kyk, is dit vinnig besig om onder die blaar uit te kruip na die sonnetjie toe…sug… SUG. Dalk moet ek ‘n draad beskerming prakseer, anders gaan ek my eie aarbeie nooit proe nie.

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry die week iets vir jou wenslysie.  Miskien moes ek ‘n paar verwarmers gesoek het. Jy moet warm bly en aanhou glimlag.

64407476_10219621057582338_2192731549370155008_n

66188946_2247361185576995_7105862914073952256_n

66632444_2742488935778582_8990807932962603008_n

66863290_700797600378635_8753482892182552576_o

61838845_640015619805432_2663354557924376576_n

51085288_2662971290409578_4222705970188386304_n

30261694_1902835596695240_2522693859289333760_n

 

 

 

 

 

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Ek het al in die verlede ‘n paar keer gesê hoe lekker dit is om afgetree te wees. Omdat ek so erg nuuskierig van nature is, pas sekere speletjies my soos ‘n handskoen. Ek sien ook dat baie van die ander spelers ouer mense is. My speletjie gee elke Donderdag ‘n nuwe uitdaging uit. Grinnik… my bure en vriende weet dit en as ek stil is, weet hulle Tinatjie is ernstig besig met haar Game! Jy kan maar streng veroordelend jou kop skud, maar ek gee nie om nie, want behalwe dat dit my saam met meer as ‘n miljoen ander mense besig hou, is my brein besig en ek is soet en bly uit die moeilikheid.

Dankie vir die inloer/deelneem.  Ek probeer die week weer ‘n paar aweregse foto’s en hoop jy sal dit geniet. Moenie vergeet om te glimlag nie.

1

67062281_912625222429548_1229449816002527232_n

2

66282752_661532687653725_368779399706705920_n

3

62091569_640024743137853_5434039863244488704_n

4

66630938_661535774320083_8786912319159402496_n

5

31946776_1916099122035554_4605702428904390656_n

5

15094271_1031829706939061_2139838907529878888_n31949965_785340715005452_8717215389471211520_n

6

Sondag Kopies

Verlede week se brief het nogal aftrek gekry wat my laat dink ons lag te min. Hier volg ‘n paar grappies:

Twee ouens wat vir Parkeraad werk is hard aan die besig – die een ou grawe ‘n gat en die ander ou gooi weer grond in. ‘n Omie wat met sy hond deur die parkie loop kom op hulle af: “Check, ek kan sien julle werk hard, maar wat is die punt? Jy grawe ‘n gat en jou tjommie gooi dit weer toe?”
Die een bra vee sy voorkop af en antwoord: “Ons is gewoonlik drie ouens, maar die ou wat die bome plant is by die huis met ‘n hangover.”

*****

In ‘n klein dorpie in die Vrystaat trek ‘n jong dametjie by die dominee in oordat sy nie blyplek het nie. Die stories begin die rondtes doen in die dorp en een van gemeente lede, Oom Daan, besluit om ondersoek in te stel. Hy bel die dominee en reël dat hy en sy vrou by die dominee kom eet. Oom Daan en sy vrou bring toe al die kos en geniet ‘n ete saam met die dominee en die jong dame.

Later die week bel die dominee vir oom Daan. “Oom Daan, ek wil nou nie se julle steel nie, maar daai mooi slaailepel wat ek in Pakistan gekry het is weg vandat julle hier gekuier het”. Oom Daan antwoord “Dominee, ek wil nou nie sê jy slaap by daai fietse jonge dame nie, maar as jy in jou eie bed geslaap het, dan het jy jou slaailepel gekry”.

*****

Daar’s net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos ‘n BEJAARDE : stadig.
Soos ‘n VOLWASSENE : deeglik.
Soos ‘n TIENER : glad nie.

Dankie vir jou inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie, maar dat jy sal aanhou glimlag.

66364495_2730201690340528_7511084875064016896_n

65621395_2439235466098179_2094249349432213504_n

66513276_2294446234142678_479642328206671872_n

66498833_1372667252885469_7492141741416382464_n

 

64911001_410811116312950_6586340912580788224_n

65367551_10219317909839122_4111207940579393536_n

56890379_10151045834194960_739030555856732160_n

 

 

 

 

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Soos blits is dit weer Vrydag. As mens skoolhou het Vrydae ‘n spesiale betekenis. Jy kan bietjie ontspan, maar gewoonlik kan jy inhaal wat in die week nie voor tyd was nie. Noudat ek afgetree het, is Vrydae soos enige ander dag, want dis heeltyd naweek… salig en lekker! Dis nie eintlik waaroor ek wil praat nie, maar wil ‘n paar dinge noem, wat ek geleer het oor onderwysers wat mens nie aan dink terwyl jy in die tuig is nie:

  • Onderwysers is nie altyd reg nie.
  • Jy hoef nie altyd almal te organiseer nie.
  • Daar is ander onderwerpe behalwe onderwys/kinders/moeg ook!
  • Hou soms jou mond, al weet jy jy is reg.
  • Moenie vir almal vertel wat jy alles kan doen nie… hulle sal gemaklik dit op jou afskuif.
  • Ander se mening is gewoonlik interessant en jy kan gewoonlik daaruit leer en dit gee jou iets om oor te dink .

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jou naweek is lekker en dat jy sal onthou om te glimlag.

1

61132848_10151060432959960_1453823752268677120_n

2

62234156_2490448871012852_4478877095535050752_n

3

66303257_2488640387853877_1842066380392759296_n

4

65006122_460487348043728_2820184902190759936_n

5

65306522_2700822733278536_3342833300572995584_n

6

60760028_2675708482443952_5235886779629830144_n

 

 

Sondag kopies

Hier waai ‘n koue wind en daarom is almal knus in hulle huisies. Ek deel daarom net ‘n grappie uit die Roekeloos Kamp :

Liewe pa en ma,

Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die Voortrekkerkamp vir julle skryf, net ingeval julle die vloed op TV gesien het en bekommerd is oor ons.

Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het weggespoel. Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die berg besig om vir Jan te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan se ma hy is OK. Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is. Ek het in een van daai reddinghelikopters gery. Dit was lekker! Ons sou hom nooit in die donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie. Verkenner Skroewie het kwaad geword vir Jan omdat hy gaan rondloop het sonder om vir iemand te sê. Jan sê hy het hom gesê, maar dit was seker tydens die vuur, so hy het hom seker nie gehoor nie. Het julle geweet dat as jy een van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan ontplof hy? Die nat hout wou nie brand nie, maar een van die tente en party van ons klere het. Dawie gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.

Ons kom Saterdag terug as verkenner Skroewie die kar kan regmaak. Die ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier weg is. Hy sê ´n mens moet verwag dat so ´n ou kar gereeld sal breek, dis seker hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar. Hy gee nie om as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo-op die dak of voorop ry. Dit word warm binne in met 10 mense. Hy het ons in die sleepwa laat ry totdat die polise ons gestop het en met hom gepraat het. Maar hy is ´n goeie ou en ´n goeie drywer. Hy en Klasie is op die oomblik weg. Hy leer hom op die bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net groot vragmotors wat boomstompe wegry.

Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en Jan nie laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips, toe gee hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker! Party plekke is die water so diep na die vloed, daar is bome onder die water! En verkenner Skroewie is nie kwaai oor lewensbaadjies soos daai ander een verlede jaar nie. Hy werk nou baie aan die kar, so ons probeer hom nie veel pla nie.

Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp kentekens gekry! Toe Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en Verkenner Skroewie het gesê ons moet op hom oefen om die wond toe te werk. Ek en Herman het opgebring, maar verkenner Skroewie sê dis seker net vrot hoender wat ons gister geëet het of iets. Hy sê hy het ook baie keer siek geword van vrot kos toe hy in die tronk was. Ek is bly hy is nou uit, want hy sê hy het baie geleer terwyl hy in die tronk was. Wat is ´n pedofiel?

Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons briewe te pos en vaseline te koop. Moenie oor ons worry nie. Ons is OK.

Baai

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie die week. Onthou om nie te “worry” nie en net aan te hou glimlag.

65629263_2259997277422044_4491055144590376960_n

65551959_1369096639909197_1424830206169841664_n

30714086_592621497768574_948202489738428416_n

65527588_2704657392895070_362882452558970880_n

62113870_440038986784409_4359692466035621888_n

23755151_1710525925634467_7191398380649292201_n

28337395_1817611784925880_821836896273607909_o

64221845_1276814379148799_5648149424673652736_n.jpg

 

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Ek is terug na ‘n effense onderbreking. Soms moet ‘n mens jou sinne bymekaar bring. ‘n Mens het soms tyd nodig om bietjie oor dinge te dink. Daar is baie goed wat jy nie kan verander nie en daar is goed waaraan jy met bietjie inspanning wel iets aan kan verander.  Een daarvan is dinge waarvoor jy jou in ‘n ander bloedgroep in vererg… en help dit? Nee, behalwe dat jou bloeddruk verhoog en jy nagte wakker lê daaroor. Die oplossing is tog dat jy moet terugstaan en jou nie daaroor te ontstel nie. Daarom gaan ek dit in die vervolg toepas waaroor ek preek. Ag, ten minste gaan ek probeer.

Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n wonderlike naweek. Onthou om te glimlag.

1

62150645_570433676813762_2821093476752424960_o

2

65105466_2692784170748947_2154402900443398144_n

3

65319520_2193165807662216_1916232451185704960_n

4

65540256_2715641578463318_257849770364633088_n

5

66044257_2717274568300019_2433758705930469376_n

6

65305635_2707811412579556_9079885747955171328_n