Gister kom ‘n predikant vir die twee weeklikse diens by die Landgoed. Hy vertel met smaak dat hy nooit sy regte telefoonnommer in die boek skryf as daar ‘n hekwag met ‘n boek is. Hy vertel ook dat hy nie die regte nommerplaatnommer geskryf het. nie. Ek het my verbaas, want die toegang maatreëls is tog nie om die mense wat inkom te beskerm nie maar ter wille van die inwoners? Ek het nog nooit van iemand gehoor wat dit doen nie?
Die ‘preek’ het my ook warm om die kraag want dit gaan toe oor gewete? Dit was meer van ‘n regse politieke toespraak as ‘n preek… ek sal nie weer na hom gaan luister nie.
Aan jou baas of jou maat is jy getrouheid skuldig; aan jouself , eerlikheid. Waar die twee pligte teenstrydig is, kies laasgenoemde. CJ Langenhoven

Doen altyd wat reg is. Jy sal ‘n paar mense tevrede stel en die res verstom. Mark Twain

Al wat mens met met oneerlikheid bereik dat niemand jou wil glo wanneer jy die waarheid praat nie. Aristoteles

Geen eerlike man het nog ooit berou gehad oor sy eerlikheid nie. Duitse Spreekwoord.
