Monthly Archives: November 2019
Vrydag Byskrifte
Vergeet om (my) te vergeet
Onthou om te onthou
Hier op die Landgoed hoor mens die woord “vergeet” amper elke dag. Hoewel daar ‘n negatiewe konnotasie aan verbonde is, is dit baie keer ‘n baie positiewe ding. Selfs as jy môre vergeet wat jy gister vergeet het, spaar dit jou baie keer baie hartseer. Dis tog ‘n goeie ding dat jy die slegte dinge wat in jou lewe gebeur het, vergeet. Ja, dis sleg as jy iets moet soek wat jy gister iewers neergesit wat jy nie kan onthou nie, maar die vreugde en verligting as jy die kry maak op daarvoor. Terwyl jy soek, het jy ook baie pret as jy lekker herinneringe raakloop en die lekker is selfs groter as jy dit vir die soveelste keer raakloop. Miskien is dit tyd dat ons ophou kerm daaroor?
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy glimlag nog? Geniet jou naweek
1
2
3
4
5
6
Sondag kopies
Sondae Is so lekker dag sonder dat jy op die horlosie moet kyk. Selfs as mens aftree is Sondae so lekker dag. Omdat ek nie rus wil versteur nie, het ek twee stokou grappies uitgekrap. Geniet!
*****
Gamat sit op die pavement en bepeins sy lot. Hy’t sy werk verloor, sy vrou het die kinders gevat en hom geskei.
Hy sien ‘n kas met wynbottels en loop soentoe. Hy vat ‘n lee bottel, smyt dit teen die muur en skel: “Djy issie reason lat ekkie ‘n vrou hettie!”
Hy vat ‘n tweede bottel: “Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!”
Derde bottel: “Djy issie reason lat ekkie ‘n job hettie!”
Hy vat die vierde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie – vol wyn.
Hy sit die bottel neer en sê: “Staan djy eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie”
*****
A blonde walks into a bank in Johannesburg and asks for the loans dept. She says she’s going to Europe on business for three weeks and needs to borrow R10,000…
The bank officer says the bank will need some kind of security for the loan, so the blonde hands over the keys to a new Rolls Royce. The car is parked on the street in front of the bank, she has the papers and everything checks out.
The bank agrees to accept the car as collateral for the loan. The bank manager and its staff all enjoy a good laugh at the blonde for using a R500,000 Rolls as collateral against a R10,000 loan. An employee of the bank then proceeds to drive the Rolls into the bank’s underground garage and parks it there.
Two weeks later, the blonde returns, repays the R10,000 and the interest, which comes to R141.66.
The bank manager says, “Miss, we are very happy to have had your business, and this transaction has worked out very nicely, but we are a little puzzled. While you were away, we checked you out and found that you are a multimillionaire. What puzzles us is, why would you bother to borrow R10,000?”
The blond replies … “Where else in Johannesburg can I park my car for two weeks for only R141.66 and expect it to be there when I return?”
And everybody thinks blonds are dumb!
*****
Dankie vir die inloer. Hoop jy kry iets vir jou wenslysie maar veral dat jy sal glimlag.
Vrydag Byskrifte
Ek erken ruiterlik dat ek talle tekortkominge het, maar een van my heel beste eienskappe is, dat ek grensloos lojaal kan wees. Ek ontdek die week my Litnet blog wat ek gedink het, is uitgevee en daar is toe hele paar weke se Vrydag Byskrifte met byna geen kommentare. (Want julle sit toe mos al doodgerus op WordPress) Ek besef net weer ek kan vasbyt! Op Mweb het ek my uiterste bes gedoen om te bly spartel tussen die Chinese truie en ander handelaars. Jy moet darem erken dit was lekker dae. Daar was aksie en heelwat te sien en te bespreek. Dit moet mens van WordPress sê hoewel mens elke kommentaar waardeer, is daar nie regtig aksie nie. Sug… ja die lewe gaan aan…
Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n wonderlike naweek.
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies
Ek het al baie keer gesê dat my kop nie skerp is nie en dat enigiets met syfers vir my geen belangstelling wakker maak nie. Ek het die wegsteek van die leemte vervolmaak en min mense kom dit agter . Ek laat iemand anders baie goed voel as hulle die somme maak. Die enigste ding wat my gereeld pootjie, is die feite dat die aarde rond is en die tydsones wat geheel en al my kop plat maak … tel ek nou by of trek ek af…met hoeveel uur nou weer. Ek kry dit net nie onder die knie nie. Dit en WhatsApp bring my kort-kort in die moeilikheid. SUG…
Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie en dat jy sal onthou om te glimlag.
Vrydag Byskrifte
Geheime… eish …ek verstaan dit nie. “Moenie vir Ma sê nie!”Moenie vir die kinders sê nie!” Moenie vir Ouboet sê nie!” Al die geheime word al groter en groter en intussen moet Tinatjie katvoet loop met wat ek vir wie vertel. Goed ek verstaan dat mense ander wil spaar, maar hulle vergeet dat die ander lankal al die goed weet! Mense en families is geregtig om goeie en slegte met mekaar te deel. EN (skuus Lou) mense is nooit te besig om van jou te hoor nie. BEL NET!!! As hulle besig is sal hulle terug bel. Hulle WIL weet hoe dit met jou gaan …
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek!
1
2
3
4
5
6