RSS-toevoer

Monthly Archives: Desember 2019

Sondag Kopies

As jy nie van ‘n gekerm hou nie moet jy nie verder lees nie. Ek is so gefrustreerd dat ek my polse wil afkou. Iemand of Tinatjie self het die deuntjie …

We wish you a Merry Christmas
We wish you a Merry Christmas
We wish you a Merry Christmas and a happy New Year

… op my foon afgelaai. Dit speel nou op die onmoontlikste tye en as ek op my foon kyk is daar niks. Dit gebeur egter net in die nag. Donderdagnag 02:00 Vanoggend 04:45 en 06:45. Ek soek en soek en soek, maar kry dit nie. Ek vee uit en vee uit, sit aan en af… maar geen reaksie. Eish … ek is radeloos. Wag laat ek liewer ophou.

Ek hoop jy het die allermooiste Kersfees gehad. Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is darem iets oor vir jou wenslysie vir die nuwe jaar. Onthou om te glimlag.

78498605_810928932682918_3509060436282572800_n

81539126_636828860456298_4944849118364172288_n

78872258_2407126082874692_1114247510244720640_n

78662816_2566163553602643_2277338320587456512_n

79540683_2086264781520386_6885683618962735104_n

77192466_570633403540798_838310911042125824_n

67960543_2384479994921874_788260420191256576_n

69888010_10221212063350289_4682256931010641920_n

 

Vrydag Byskrifte

Ai, ek is so bly ek leef in ‘n tyd waar baie goed ons lewens beter en makliker maak. Ek was gister op ‘n wildsplaas en het weereens besef hoe maklik ons lewens is. Die grond paadjies met die walle het ons langer geneem as die langer teerpad uit die dorp. ‘n Heerlike ou grasdak plaashuis met ‘n pragtige uitsig, het my in vervoering. Ek wonder net hoe op aarde hulle die boumateriaal so diep tussen die berge in gekry het. Daardie paadjies is beslis nie gemaak vir groot vragmotors nie. Aan die ander kant as die Voortrekkers oor die Drakensberge gekom het, (in vergelyking met die berge in Limpopo) is beslis ‘n wonderwerk.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek met baie reën  en ‘n glimlag.

1

71085335_491989514977666_2439139380829356032_n

2

70144648_2446742732028933_1545881286722191360_n

3

36599927_1630527360403021_9040132329527312384_n

4

73144311_10157966031889396_8139215746090663936_n

5

79758817_628204214652096_4064030168669224960_n

6

78934877_2904448226254828_1332149025285079040_o

Sondag Kopies

Die meeste van my lesers weet ek hou nie regtig van rugby nie. Ek hou nie van die sweet en spoeg en die plekke waar hulle hul koppe indruk nie. Tog het hierdie 7’s my aandag gevang en ek geniet elke wedstryd. Ek het my altyd verwonder aan die ouers langs die veld wat hulle bloedjies aanspoor en soms sommer net wangedra … en wat sal die uwe nou doen? Ek het vir die nr. 9 van die vrouespan skoolgehou en hoewel hulle regtig nie goed speel nie, praat ek nou kliphard met die televisie. Jammer aan elke ouer, wat ek kwalik geneem het in die verlede. Maar wag … die manne speel teen Kenia nou! Laat ek ‘n koffietjie kry en lekker saam gesels. Ek is super trots.

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie. Hoop ook dat daar iets sal wees waaroor jy kan glimlag.

78138450_614396632699521_6456231011561766912_n

76200133_1990524251051278_73989667896164352_o

78150238_3046801308680675_9110241790824284160_n

75308011_3282962148401242_5814074740146438144_n

75402041_10157736496065120_2837257066479878144_n

72672837_10157811449939283_1449692195593388032_n

 

 

 

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Sjoe, ek was lanklaas hier. Die lewe loop vinnig aan.

‘n Advertensie is nogal iets wat my aandag trek. Ek is baie visueel en soek altyd na iets moois en interessant. Daar is egter tans ‘n insinking en naas die ou Allen Grey een, geen een wat ‘n gunsteling is. Snaaks dat hulle nie gebruik maak van beurtkrag nie.  Iets wat my egter grensloos irriteer is die Volkswagen advertensie… dit lyk of hulle ‘n game speel wat ek nie ken nie, maar dit sê niks van die kar nie? Nee wat, hulle kan dit maar afhaal. Ek mis ‘n oulike Nando of Virseker advertensie… dalk gaan ek lank wag.

Dankie vir die inloer/deelneem. Onthou om te glimlag en geniet die lang naweek.

1

74670628_2580293048673900_8541555131190083584_n

2

67790924_388697431788660_470645088981090304_n

3

79628144_2631074583595746_9112159811549528064_n

4

79478227_2640657939304077_2168646064263921664_n

5

79417566_609625719843279_347477860862132224_n

6

68268988_918075331859206_8212207972256841728_n

Sondag Kopies

Televisiereeksvervaardigers (Eish…lang woord) laat my baie keer glimlag, wanneer hulle die gehoor onderskat. Goed, ek word ook soms geflous, maar regtig? So verskyn ‘n oënskynlik poedelkaal poppie in Trackers Sy staan doodluiters in die kombuis in die middel van die dag en is besig met ‘n ernstige gesprek! Draai sy na ‘n reg van voor aansig, en sien mens daar is ‘n driehoek op die strategiese plek. REGTIG!? Eish, dit verander geen feit van die storie nie. Nee, wat ek het geen probleem met met naaktheid as dit bydra tot die storie nie, maar die was sommer sinneloos. Ook maar goed dat die reeks klaar is, want elke week skiet hulle ‘n klomp van die karakters dood dat daar later nie meer ‘n storie oor is nie.

Dankie vir die inloer en ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie. Hoop jy het ‘n wonderlike week en dat jy sal glimlag.

75442909_595481791257672_8163972680614150144_n

69319965_151851895882306_3791433473474953216_n

Volkswagen-Classic-Hippy-Van-As-New-Electric-Version-1

75388378_1333423940114729_4821783655200325632_n

78424933_2602003429836195_2869518636014370816_n

78401613_610369096435608_2957142196555350016_n

77055275_10157784085649700_5487029151107907584_n

67964816_2216872245101860_6802571938746073088_n

33497829_138285887032384_5974897982363926528_o

5beab6a25588af697b2cf783-2-large

74364994_2534493746769624_4327366592250773504_n