Sjoe, ek was lanklaas hier. Dis baie stil hier op die Landgoed en hier gebeur nie eintlik iets nie. Terwyl ek nou my inkopies laat aflewer is die nuus nog minder. Dit pas egter my persoonlikheid en ek is heel tevrede en gelukkig.
Ek grawe nou die dag my matriek jaarboek uit en ‘n jaarboek van 1984 van my gunsteling skool. Eish… lekker herinnering kom na vore. Ek is vreeslik tevrede met my dun lyfie wat ek dadelik vir Emily my huishulp wys. Grinnik… haar reaksie was minder vleiend! Mens moes daardie jare alles doen. Jy bevraagteken geen besluit van die oppergesag nie. Daar staan ek trots by die Oop netbal spanne… daardie dogters het ek beslis ingedoen, want ek weet tot vandag toe nog niks van netbal nie… “Sorry Girls!” Die atletiek was beter, maar sport was/is nie regtig hoog op my belangstellinglys nie. Dis lekker om hierdie kinders op te soek en te kyk hoe hulle lewens verloop. Dis soms lekker om so in die verlede rond te grawe, maar tog moet mens nie dat dit jou hele lewe oorneem, want mens is veiliger in die hede.
Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie. Dankie vir die inloer. Bly glimlag… dit help nie baie, maar troos darem.











Neeeeee… ek sukkel al meer as ‘n uur om foto’s op te laai. Hierdie nuwe formaat werk net nie vir my nie …




