RSS-toevoer

Monthly Archives: April 2014

Uitdaging 33 – My Straat – @soet-en-suur

Hierdie is ‘n oefenelopie. Op Litnet het ons elke week ‘n uitdaging wat basies bestaan uit ‘n tema en jy mag dit in enige formaat aanbied. Jy mag dit selfs op enige platform aanbied – jy moet net ‘n skakel hier kom plak dat ons kan kom saamlees of saam kyk.

Hoop jy sal die week se tema geniet.

 

Uitdaging 33 – My Straat – @soet-en-suur

DSCN0688

DSCN1825

mystraat

 

Blogs24

Met al die gesukkel op Litnet het ek bietjie gaan loer by Blogs24 Dis die WP werf wat die verskillende blogwerwe oorgeneem het.  Die litnetwerf gooi telkens ‘n error boodskap uit, maar as ek so na die ander kyk is dit dit enigste een waar daar nog ‘n hele paar inskrywings per dag gemaak word.

Blog24 – Enkele blogs

Health24 – Laaste inskrywing was meer as 2 dae gelede

Parent24 – Laaste inskrywing ‘n maand gelede

Fin24 – Laaste inskrywing 2 dae gelede

Food24 Laaste inskrywing 22 April

Sport24 Die hele werf is oorgeneem deur die Jerseyman  – hehehehe onthou jy hulle?

Tayla Lindquist created the group Group logo of Custom Jersey Online Design - Gown Much better Using These Great Trend IdeasCustom Jersey Online Design – Gown Much better Using These Great Trend Ideas 7 minutes ago

Woman24  hehehehe mens moet tog maar jou sin vir humor behou, want my Anti-virus reken dis ‘n gevaarlike werf? Stomme vroue!

As ek mooi onthou is ons belowe dat die skuif sal beteken dat die gehalte van die diens wonderlik sou verbeter. Het hulle geweet dat die blogwerwe sou doodloop? Het ons ons aan ons neuse laat lei. Ons is eintlik nie ‘n keuse gegee nie.

Beteken dit dat blog in SA die einde van die pad bereik het?

Ek het nie eers eintlik lus om te glimlag nie.

10258538_10152152903067535_8330301618831351562_n

 

Vuur

Op Litnet Blogs loop dinge nou skeef en niemand kan kommentaar lewer nie. Dis werklik ongemaklik en ek oorweeg sterk om hierdie my primêre blog te maak. Dit sal egter afhang van hoeveel vriende hier sal kom lees. Ek wil egter nie my hart daarop sit nie.

Ek het onlangs ‘n oulike collage program ontdek en speel te lekker. Dis ‘n deelprogammetjie maar die $40 vir die hele program is net te duur en mens gebruik dit te min. Daar is nou ongelukkig ‘n watermerk op. Die Elke dag ‘n foto onderwerp is Vuur en ek het ‘n paar voorbeelde gemaak wat ek met jou wil deel.

vuur 1 Vuur 3 vuur 2