RSS Feed

Vrydag Byskrifte/titel

Ek loop altyd en vertel vir almal wat wil luister hoe lekker dit is om afgetree te wees. Gister vertel iemand dis darem eintlik lekker om te werk en ek moet met haar saamstem. ( Nie nou meer nie) Dit was darem altyd vir my lekker om skool te hou. Dit was nie sleg om soggens skool toe te gaan en die gesiggies te sien en kinders te sien groei. Uitdagings was lekker … al was die woorde: “DAAR IS NIE GELD NIE” super bekend. Goed daar was goed wat nie lekker was… speelgronddiens, eksamentoesig, ooooo en daardie busdiens wat jy kwart oor ses by die skool moet sit. Dis darem baie lekker om gelukkig in jou beroep te wees. Is/was jy?

Dankie vir die inloer/deelneem. Jy moet warm bly en die naweek geniet. Moenie vergeet om te glimlag nie.

1

2

3

4

5

6

30 responses

  1. Sjoe daardie oom waag baie om so naby die afgrond te staan en loer.

  2. Op mijn eerste arbeidsplaats stond ik heel vroeg op om koeien te melken (om half 4, en elke 3 dagen om 3 uur, om de dieren uit de wei te halen),en de melk naar de stad te brengen (5 km). Na de lunch een siësta, vervolgens een tweede melkerij; avondeten en om 9, 10 uur naar bed. Zo’n ongekend rythme meemaken vond ik best interessant, maar daarvoor moet je geboren zijn; ik deed het dan ook alleen omdat ik mijn brood moest verdienen in een ander land met een nieuwe taal. Na korte tijd vond ik administratief werk dat ik, bij vier variërende bedrijven, gedurende veertig jaar steeds met belangstelling heb uitgevoerd. Gelukkig was ik geen workaholic, zodat ik ook kan genieten van mijn pensionering!

    Tot slot zal ik graag mede aan het tafeltje zitten. Liefst aan déze kant, dan kan ik de giraffe beter zien….
    .-

  3. viel mee hoor , jas aan de buitenkant nat , en ook de broek , had toen het harder regende de paraplu op ☔

  4. Ek het nooit n probleem gehad om vroeg op te staan en skooltoe te gaan nie. Selfs die 4 jaar wat verby is was my lekkerste tyd van die dag. Om die gesiggies te lees soos dit verander en verbeter of versleg is ook lekker. Mis al klaar daardie tye van saamwees.

  5. Nr 6 is ʼn kousmaker én ʼn stiletto skoen vervaardiger se nagmerrie!

  6. Thank you for the laughter 🙂

  7. Kan net se daai nommer ses laatmy kners op my tande en gril tot in my tone !

    My werk was oor die algemeen lekker, maar sekere aspekte soos nuttelose ure-lange vergaderinge, omslagtige prosedures, politieke inmengery het my later oortuig my tyd is uitgedien en ek het twee jaar voor verplgte aftrede die boek toegemaak.

    • Dis waar… en met die verandering van die politiek en die onkunde … grinnik… maar gelukkig het die nare inspekteurs verdwyn!

    • My buurvrou is 93 en ‘n huishoudkunde onderwyser … daardie inspekteurs was die heel naarste Sy praat nie meer baie nie en om darem ‘n geselsie te maak vertel ek haar hoe naar die inspekteurs was en hoe lekker haar toebroodjies was.

  8. 1. samen ontbijten

    2. die weet waar de klepel hangt

    3. dat wordt een lekkere pizza

    4. wat denk je zouden die ruzie hebben

    5. verkeerde rot schoenen aan

    6. vreemd wezen

    fijn weekend groet

  9. Geweldig, die foto met die naaldhakken!

  10. Daai tannie in no. 4 wat die klip sommerso vashou asof dit niks weeg nie – dis ‘n vrou so ná my hart.

  11. Ek was meestal gelukkig om skool te hou! Dit was lekker om die ou kleintjies te werk.

%d bloggers like this: