Monthly Archives: Februarie 2017
Weekly Photo Challenge – A good Match
https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/a-good-match/
Information is the oxygen of the modern age. It seeps through the walls topped by barbed wire, it wafts across the electrified borders. Ronald Reagan
Vrydag Byskrifte
Een maal ‘n onderwyser, altyd ‘n onderwyser. Vanoggend kyk na ‘n episode van Baracuda en kry ‘n knop in die keel toe die ou ‘n nuwe wêreldrekord opstel. Ek het nou nie regtig skoolhou by ‘n ‘sportskool’ nie, maar onthou hou my hart geswel het as ‘n kind goed doen op die sportveld. Grinnik… ons het darem altyd die sangbeker gewen en dit het gewoonlik meer aandag as die wenskool getrek.
Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek.
1
2
3
4
5
6
1 2 3
4 5 6
Sondag Kopies
En (skuus Lou… wens so jy wil weer begin blog – ek wonder ook wat van Zeppie geword het?) so het sikloon gekom en gegaan. Ons het 30mm gehad, maar die wind was die vreemdste. Dit het sulke sirkeltjies op jou stoep gewaai. My gieter het nie geweet of hy moet bly of waai nie. Hoeveel reën het jy gehad?
Hoop daar is iets vir op die kopielysie maar dat jy tenminste sal glimlag.
Dalk moet ons ‘n taxi-eienaar word? Ek het al lankal lus vir ‘n Uber -taxi!
Weekly Photo Challenge – Against the Odds
https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/against-the-odds/
Just keep on going and keep believing in your own original vision, no matter what odds you have to overcome. And especially don’t be stopped by your own fears. Angelina Maccarone
Vrydag Byskrifte
Regte pannekoekweer hier. Die sikloon waai tot hier by ons. Dis regtig ‘n lekker by-die-huis-bly-dag. ‘n Vriendin wat in die Wildtuin was berig dat dit woes reën. Ons hou duime vas vir nie te veel skade nie. My hart gaan uit na die mense wat hulle huise en besittings verloor in die weer.
Hoop jy het ‘n lekker naweek. Dankie vir die inloer/deelneem
1
2
3
4
5
6
1 2 3
4 5 6
Sondag Kopies
Genade onbeskryflik groot – die tema van die oggenddiens bly by my die hele oggend. Ek/ons het darem soveel om voor dankbaar te wees.
Ek hoop daar is darem ietsie op vandag se lysie wat jy sou aanskaf of ten minste oor sou glimlag. Hoop jy het ‘n lekker Sondag.
Vrydag Byskrifte
Ek hang hier rond met die neen in die lug en daarom geen nuus nie. Miskien sal sie grappie darem help:
Karel gaan tandarts toe, maar hy is so op sy senuwees dat hy nie eens sy
mond vir die tandarts wil oopmaak nie. “Kom ek gee jou
ʼn dop whisky om van jou vrees ontslae te raak,” stel die tandarts voor. Karel is baie
ingenome met hierdie idee en hy slaan die glas whisky weg.
Karel meen dit sal egter nog ʼndop vat om sy vrees weg te neem en die
tandarts gee hom maar nog een. Net toe die tandarts aan hom wil begin
werk, grom Karel: “Bewaar die een se siel wat naby aan my tande kom!”
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n lekker naweek.
1
2
3
4
5
6
Sondag Kopies
So van tyd tot tyd kry mens nog ‘n skooldroom. Ek droom gisternag ek is by die kermis verantwoordelik vir die soenstalletjie – vir R2 mag jy iemand gaan soen. Daar is niks – nie ‘n stoel, tafel of iets wat aandui wat my stalletjie is en ek kry net niemand wat belangstel nie. Al die jare het ek die spookhuis gekies en ure bestee aan grillerige spinnekoppe en goed maak. Onshet altyd ‘n kis geleen en voor die tyd die storie versprei van die man wat dood is onder die saal se vloer. Ai ek het heerlike herinneringe van die amper-tieners se entoesiasme om die spookhuis te beman. Dit is egter net so lekker om te sien hoe hierdie ampet-tiener-spoke in sulke oulike volwassenes ontwikkel.
Ek dink die kopies die week het meer om oor te glimlag as om te koop, maar dis ook goed. Lekker Sondag vir jou!
Weekly Photo Challenge – Solitude
https://dailypost.wordpress.com/photo-challenges/solitude/